Nooit gedink dat een post, wat ek eintlik maar so half tong in die kies geskryf het, so baie reaksie sou uitlok nie...
So kom ek se sommer gou, ek is nie op die rand van selfmoord nie, maar dankie vir die belangstelling, ek is nie van plan om te verdwyn nie, ek het seker goed dertig telefoonoproepe gehad Vrydag, including een van my ma wat vra "Is jy ok?", dankie almal ek is fine...
Ek vang myself Vrydag dat ek die eerste keer twyfel in hierdie blog, ek het so 'n rukkie terug besluit om hierdie blog baie meer persoonlik te maak en te skryf oor wat ek doen en aanvang in my persoonlike lewe en nie soseer oor wat aangaan in ander mense se lewens nie, ek weet nie meer of dit so 'n goeie idee was nie want ek besef dit laat natuurlik die deur oop vir allerhande snaakse kreature om te kom comment ensovoorts, natuurlik alles onder die wonderlike naam "anonymous".
Ongelukkig het ons almal maar 'n sekere skryf en praatstyl en dis nie moeilik om raak te lees wie is wie nie.
So dankie aan al die gesiglose mense wat hier op die pateet se blog kom comment, spesiaal aan die dame wat nou onlangs ouma geword het en maar net nie ou Wimpie in vrede kan uitlos nie, ek is jammer dinge tussen my en jou dogter het nie uitgewerk al baie lank terug nie, het jou IP adres getrace en weet jy wat...JY is sad.... kry jou jammer, maar dankie vir die saamlees dis nog steeds vir my verbasend dat ek so belangrik en 'n groot rol in julle lewe speel....ai!
Ek en Janine praat met mekaar, per sms, gereeld so kom ons kyk of ons 'n verhouding wat verval het, weer so stadig kan herbou, een dag of in die geval, sms op 'n slag...
Dis moeilik om te verstaan as jy nie my lewe leef nie, maar tyd is nogal 'n faktor en ek weet ek probeer nie altyd baie hard om tyd te maak vir alles nie, dis verkeerd ek weet en ek probeer regmaak so 'n dag op 'n slag. Jy sien wanneer ek af is is jy by die werk of by die skool en wanneer jy beskikbaar is, werk ek!
Wanneer jy hierdie blog lees moet jy ook in ag neem dat ek skryf baie dinge maar met my tong deeglik in die kies, as jy my ken sal jy teen die tyd verstaan ek het ook maar soms 'n lekker donker sin vir humor wat sekere mense seker nie sal verstaan nie en soos ek nou die dag vir 'n vriendin se, jy kan nie my stemtoon bepaal in wat ek skryf nie!
Geluk weer aan die Stormertjies hehehe! Ek is vandag en more by die lekkerste fees in die land, Lusitoland, dis awesome, lekkerste kos wat jy enigeplek kan kry... Hey ek is honger.
Dinsdagaand 20h00 begin battle of the bands, sien julle by Carnival, kom support my ek is mos jou buddy, so kom wys net oe vir die support, kan doen daarmee...
So enjoy dis 'n kortweek wat wag!
Wimpie
PS: Lekker week vir jou ook anonymous en onthou, hout is goud! En ek praat nie van jou hart nie!
Sunday, April 27, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
hehe! Dit klink beter!
Ano
ja dude, seker jy is honger!!! sal ons weer bietjie lewe he vrydagaand asb want persoonlik dink ek almal was effe gevrek, onder omstandighede was dit verstaanbaar, maar kom ons he n jol vrydag. en ek dink ek moet weer dromme oorneem want die baskitaar se snare klink opppi koffie. LOL. chat ini week
Hi Wimpie, wens ek kon kom hallo se het, maar ek is oppad na 'n privaat wildskamp! Wens jy was liewer saam ons, op 'n yskoue 2M (Moz biertjie)
As ons nie weer gesels, geniet jou naweek en gaan groot. Onthou my aanbod op jou vorige posting staan en jy is altyd welkom om te kom kuier.
Eben
Post a Comment