Klein woordjie oorsaak van baie moeilikheid...
'n Pel van my vertel my gister van die ou woordjie, ek self het nog nooit so daaraan gedink nie. Die oomblik wanneer jy daai woord moet gebruik in 'n sinnetjie het jy moeilikheid.
Dink maar vir jouself oor die woord en dan gaan jy dit nooit weer sommer net gebruik nie.... "ek is lief vir hom maar..." en "dit was lekker maar" of "ek wil nie skinner nie maar".... ek wil my verstoud om te se alles wat na daai woordjie volg is 'n pot snot!
ek weet nie van jou nie maar ek gaan in die toekoms baie meer aandagtig na my gesprekke met mense luister om te hoor of ek dalk daai woordjie hoor!
"Ek hou van jou maar"... "mmm sy is 'n nice girl maar" dit alles beteken eintlik .... ek hou nie rerig van daai persoon nie, sjoe partykeer moet 'n mens net luister na wat mense se want mense gee hulself weg deur wat hulle se, ons luister net nie mooi genoeg nie, seker maar omdat ons in party gevalle nie mooi wil verstaan nie, en dan karring ons nog steeds aan en hoop ons het nie rerig gehoor wat ons gehoor het nie! Mense is snaakse goed ons skep ons eie wereld en word kwaad as ander mense nie in daai wereld saam jou wil speel of bly nie!
Ek vind toe gister uit dat mense nie die waarheid wil hoor nie en net goeie nuus wil hoor, so die bottomline is ek gaan ook nou maar die feite en realiteite van die lewe vermy, my vriende gaan van nou af die mees oningeligste mense in die wereld wees want ek lewe van nou af in 'n wonderwereld waar alles net lekker gaan, maak nie rerig saak hoeveel petrol kos of hoe Eskom jou bedonner nie, ek gee nie meer om nie.... dis alles cool!
Om daai rede gaan ek nie veel se oor enigiets nie, alles is 100% met alles in die land, including die ATM wat hulle opgeblaas het op my pad werk toe vanoggend, dis nou alles is 100% in die wereld behalwe vir die arme ATM.... sy wereld is bietjie deurmekaar vandag!
Gister was oor die algemeen nie 'n lekker dag vir my nie, dis nooit lekker om te hoor hoe kak jy is nie, van niemand nie, allermins nie mense wat gerespekteer het nie, so ek gaan nie uitbrei daarop nie, ek het net gedink ek is 'n bietjie 'n beter mens as wat ek voor krediet, of beter gestel, nie krediet voor kry nie!
Anyway, "battle of the bands" is vasgemaak gister en volstoom aan die gang, daar is reeds 102 bands wat ingeskryf het, dit vind plaas by Carnival City elke Woensdagaand met die groot final wat by die Big Top Arena plaasvind saam met die Parletones, Snotkop, Prime Circle en nog baie ander en natuurlik die twee bands wat deurdring na die eindronde toe! Dit gaan awesome wees ons is tans besig om die datums te finaliseer ek laat weet jou vroeg in volgende week en dan sien ek jou daar vir die heel beste in lewendige Suid-Afrikaanse musiek, ek kan nie wag nie!
Ek voel bietjie soos 'n vuisvoos bokser en asof ek 12 rondtes lank saam Mike Tyson in een kryt was, derhalwe het ek besluit om 'n paar dae se verlof te vat, gelukkig het ek baie verlof aangesien ek Desember mos by die huis gebly het, so volgende week is ek bietjie weg, ek sal nog steeds blog so moenie wegbly nie, gaan net bietjie Wimpie tyd vir myself vat, net aan myself dink en my belange bietjie eerste stel. Ek is moeg...
Voel dit partykeer vir jouself ook of jy alles vir alles en almal gee en nie eers bietjie lojaliteit terug kry nie, dan weet jy hoe voel ek vandag, inteendeel hoe voel ek al my lewe lank, ek dink rerig nie hierdie ou wereld is reg vir Wimpie nie :-(
Kay gaan nie myself bejammer nie, dis nie my styl nie, jy moet 'n awesome dag he en onthou altyd, jy is special!

Wimpie
9 comments:
Eish... klink my jy kort 'n 'rus' of iets....
Jy ken mos die storie van die 'hoogste bome'.... :-)
Hi
Jy moet die rus geniet. Onthou wat ek gesê het jy gaan altyd negatiewe mense in die lewe hê.
Leef jy net voluit as die lewe druk, druk hom terug
Liefde
Ina
Live And Learn
"Live as if you were to die tomorrow. Learn as if you were to live forever."
- Mahatma Gandhi -
Ina
Wimps
Wil net vir jou se dat jou blog is die eerste een wat ek elke oggend kom opsoek, ek ken jou nie en kan jou ongelukkig nie hier in die Kaap hoor nie, ek het wel een oggend op die link gekliek op jou blog en so 'n paar minute van jou program geluister, ek is jammer ek kan nie elke dag luister nie, ek hou van iemand wat uit die hart uit praat en ek dink jy moet Kaap toe trek dat ons kapenaars jou wys almal is nie soos die mense daar bo nie!
Dankie vir die moeite wat jy doen met jou blog ek leer elke dag ietsie uit jou lewensverhaal. Gedink jy kan doen om dit vandag bietjie te hoor.
Geniet die vakansie en kom kuier bietjie jy saal beter voel.
Wimpie lekker dag vir jou!
Wimpie jy moenie aanstoot neem nie, ek stoot jou net nou van jou troontjie af, jy is kort en klaar! Nie kort en dik nie net kort en kort en kort en klaar!!
GENIET JOU VAKANSIE. DINK EK MOES SAAMGAAN OM JOU TASSE TE DRA. GAAN JOU STEM MIS MAAR SAL OP DIE BLOG LEES.
ENJOY
Wimpie, as ek jy is bedank ek, daai plek verdien jou nie hulle is fucked up jy kan by enige ander stasie instap, vat die tyd af en gaan doen dit.
Is nie lekker om te sien dat jy nie ok is nie. Moet asb nie verander net omdat mense jou so wil he nie, want dan lewe jy 'n leuen. En mens kan ook net vir so lank daai maskertjie dra, tensy jy 'n narsis/sosiopaat is! Jy is great, gaan vind jouself en kom sterk terug, sodat jy al die klein nietige goedjies kan aflag. Die lewe is te kort om toe te laat dat dinge jou onderkry! Gaan ry jou draaitjies volgende week soos jy gese het, miskien is 'n klein verandering net die regte ding.
Pas jouself op!!!
Post a Comment