Thursday, April 24, 2008

Supersterre of wat?

Ek skryf maar vroeg want ek weet dit gaan 'n laaang aand raak!

Is bloggers supersterre? Ek weet nie wat dink jy, dink jy nie maar net 'n blog is 'n manier om bekend te probeer raak nie, ek vra net want iemand het my daai vraag gevra vandag en ek het nie geweet wat die antwoord is nie.

As jy aan blog supersterre dink wie sal jy se, ek wonder hoeveel 'hits' vir 'n site is baie, ek reken so by 3 000 hits 'n dag vir 'n Afrikaanse blog is baie. Dit plaas jou so min of meer in die Hof se afdeling, amper of nagenoeg, maar is dit baie??

Die grootste blogger op aarde sal jy seker nie verbaas wees om te hoor nie is 'n gay Amerikaanse mannetjie wat blog onder die naam Perez Hiton, hoeveel hits dink jy kry hy per daf, sal jy skrik as ek se so nagenoeg 7 000 000, dink jy nog 3000 per dag is baie?

Okay die bottomline.... ons het nie blogsupersterre in SA nie, nie een wat ek van weet wat laas maand so $1.6m uit sy blog verdien het nie.... scary ne!

My persoonlike lewe is so bietjie in turmoil op die oomblik, baie goed om uit te sorteer met myself en met 'n paar ander mense, ek probeer my bes, ek voel so alleen, het jy al so gevoel, jy het vriende en wat ookal maar dit voel vir jou niemand verstaan jou nie en niemand gee rerig om nie.

Ek is te emosionele mens ek wens rerig ek was nie so nie maar ek is, ek verstaan nie mense nie, en nou is ek al verby die punt waar ek nie vroumense verstaan nie, ek verstaan nou net doodeenvoudig niemand nie.

Ek dink rerig God het die mould gebreek toe Hy my klaar gemaak het, ek het vandag met 'n pen en papier gesit en probeer neerskryf wie ek dink is naastenby dieselfde as ek en ek kon nie een naam neerskryf nie...

Ek het nou die dag hier geskryf ek dink nie die wereld is reg vir my nie, ek dink dit nou meer as ooit. Miskien is my waardesisteem net screwed up, is lojaliteit en liefde en sulke snert nie maar overrated nie, as ek moet verander, hoe sal ek wil verander, watse tipe vriend is ek vir my vriende, ek het nie baie van hulle nie want bogenoemde dinge is vir my te belangrik en dit werk net nie meer vir my nie.

Toe besluit ek so in die stilligheid gaan ek verander so sonder dat iemand dit agterkom, ek gaan ook beginne hard en ongenaakbaar raak, dis blykbaar die in ding, ek is te sag en laat mense met my maak wat hulle wil want hulle weet ek kry maklik seer, as jy my wil seermaak wat doen jy, wees net eenvoudig dislojaal en ek is in my moer in vir ek weet nie hoe lank nie.

Dit moet nou 'n einde kry, so kan dit nie aangaan nie, iewers moet iets meegee wat dit ookal is moet nou maar gebeur en klaarkry en as party mense nooit weer met my praat nie.... well then so be it!

Die stilte hier in my huis vanaand is orverdowend, nee fok ek dink ek moet 'n kat of 'n perd of 'n krokodil of iets kry een of ander tyd gaan enige regdenkende mens in so 'n groot huis van sy kop afraak ek is nou daar naby, dink ek.

So my lang weekend is ook in sy moer in, ek dink ek gaan net in 'n hoekie op my bed sit en sulk, mag ek maar, ek gee nie eintlik 'n wetter om wat jy se nie, dis my lewe en ek sal daarmee doen wat ek wil, ek hoef net Saterdag een keer uit die huis te gaan want Wian verjaar en dit is volgens alle aanduidings 'n baie groot event, vir hom anyway!

Hy word Saterdag sewe kan jy dit glo, nog so 11 jaar voor hy reg is om my skoene vol te staan en die dorp op horings te neem! Lekker verjaar seun!

So baie mense vra my waar en waneer tree die Legend Killers weer op, wel ons het te nou gisteraand besluit om die konsep bietjie te verfyn en in meer detail uit te werk en choreografeer. Ek reken ons doen Kurt Darren, Nicholis Louw, Eden, Steve en Juanita beter as hulleself, en dis juis die ding, ons gaan 'n show aanmekaar sit met al daai suersterre se song van so 'n uur en dan begin om op te tree by klubs en funksies. Dit klink stupid as jy dit nog nie gesien het nie, maar dis actually nogals heel cool.

Verstaan jy nou die naam van die band beter, LEGEND KILLERS, ja ons kill die legends, so ons gaan gou die show ordentlik uitwerk en dan sal ek almal uitnooi na die eerste vertoning toe.

So daar's hy e vir jouself 'n great naweek gaan jou nie 'n kakke oewens soos ek seker is myne gaan uitdraai nie.... wat bedoel jy ek is te negatief??

In die woorde van die grootste superster blogger in Suid-Afrika.....FOK ALLES EN ALMAL!! En sommer die naweek ok!

Cheers

Wimpie

43 comments:

Anonymous said...

Hi Wimpie

Ek het eintlik al gisteraand jou blog gelees maar kon nie van my selfoon af kommentaar lewer nie.

My grootste wens vir jou is om ook geluk in die lewe te hê. Miskien moet jy vir Janine vir 'n naweek weg van en haar leer ken en net met haar tyd spandeer. Los die selfone tuis sodat daar geen ondebrekings is nie. Spandeer tyd met die Here en jy sal antwoorde kry

Liefde

Ina

Ina

Anonymous said...

Eish....

Ek dink jy f@kk op!!!

Anonymous said...

Hi Wimpie
Right, ek gaan nou maar hier op n openbare forum vir jou se wat ek nou reeds lankal wou, maar kry jou nie gesien nie...
Ek het vrek lanklaas jou blog gelees, maar is af vandag en besluit toe om op te vang...
Is jy reg vir dit????!!!
Ek is baie soos jy- ek is te sag, maar ek waardeer die mooi dinge in die lewe en die goeie van God se skepping, en die luukse. Ek sal liewer by n franse gourmet restaurant wil gaan eet as by die Wimpy, ek kan nie vir n flip iets bou of regmaak nie- ek LAAT sulke dinge doen, of koop n nuwe een! Dit maak nie van my n mindere man of maak dat ek meer aan ander moet bewys dat ek n man is nie- dis net hoe ek is...Baie min mense weet dit, maar jy weet watse beproewing ek aan die begin van die jaar deur is, jy weet nie hoe naby ek was aan selfvernietiging nie, maar weet jy wat my deurgedra het , en my laat verander het- God en bekering, en ek weet nou se almal- ag, net nie n Jesus freak nie...
Ek kan nie vir jou se wat Hy als vir my gedoen het nie, want ek sal n hele week nodig he..Ek het n maand lank in afsondering gegaan, en het selfs n aand of twee net onder die ope hemel by n dam geslaap- net om myself beter te verstaan, die heelal te verstaan , en ons medemens te leer ken- niemand het geweet eks nie by die huis nie, en ekt geen kontak met my vrou of kinders gehad nie, nie eers n sms nie. Weet jy hoe waardeer jy jou familie as jy dan terug kom- Hierdie dinge maak nie van my n DIEP mens nie, so as iemand dink ek wil enige een impress- vlieg moer toe en lees iets anders.. Het jy n idee hoe diep die geestelike wereld is? en geen wetter moet ooit weer vir my se daars nie n God nie.. maak n studie van Rom. 8. Dit gaan oor hoe die liggaam, gees en siel een is, as een van hulle nie gesond is nie , is daai balans versteur- ek het op die punt gekom waar liggaam en gees gesond was, maar was nog nie reg om te vergewe, en om aan te gaan met my lewe nie- ek het n sielkundige gaan sien, en skielik het die ligte aangegaan! al 3 was in balans- jyt nodig om diep in jou verlede te gaan - soek die antwoorde, kyk waar ons grootgeword het, hoe ons grootgeword het ens. ens. Maar SOEK EERS die Here- raak diep geestelik. Hierdie medium is te kort vir my om als te se wat ek wil en my volle getuienis te gee, ek het in daai maaand n dagboek gehou, en wil dit op een of ander manier as my getuienis gebruik..
My raad aan jou- vind weer God , soos Hy jare terug wel in jou lewe was- die jols en socials kan jy mos sien is geen antwoord, jy probeer dit al meer as 20 jaar! volgende:bringjanine en kom kuier saterdag vir ons- ek het ironies genoeg, uiteindelik n lekker kuier lapa/kroeg/braai plek- en nou drink ek nie meer nie!! maar ek kan steeds lekker kuier..intussen - kry die volgende boeke- Be your own shrink, deur Dr. Kevin Leman. Dan "The pressure's off" deur Larry Crabb. Laastens- dis nie mal mense wat sielkundiges gaan sien nie, maar ekt n nommer van iemand wat jy moet gaan sien- sy is ook meer as net n sielkundige...te veel om te verduidelik..
Ek wou nie graag jou op die manier van hulp wees nie, maar weet jy wat- jy kom nie by jou familie nie, en dis fout nommer een, en selfs jou dogter beaam dit...soek die antwoorde daarop ook-Hoekom nie? leer jouself ken..
Hoop jy vat die ter harte, maar ek vertrou jy sal

Danie Van der Sandt

Anonymous said...

Danie dankie dat jy met Wimpie praat ek hoop hy neem dit in. Hy moet sy dogter (Janine) beter leer ken dan sal hul verhouding soveel beter wees. Wimpie jy is op die oomblik op 'n afgrond waar jy nie hoort nie. Luister asb na Danie en beweeg nader aan die Here. Ons probeer nie vir jou preek nie verstaan dit asb ons wil jou help en daar wees vir jou. Ek het nou die dag vir jou gesê ek is daar vir jou dag of nag bel net. Jy en Danie is die boeties wat ek en Elize nie gehad het nie. Doen wat Danie sê en weet net ons is baie lief vir jou en wil jou help.

Liefde

Ina

Anonymous said...

Hi Wimpie, Dit wat jou broer sê maak nogal sin. As jy kyk na hoeveel mans die naweek in Greytown was laat dit jou besef wat aan die gebeur is om ons. God het 'n plan met ons almal en dit hang van jou af of jy Sy plan vir jou uitvoer. Ek en my gesin het ook 'n sielkundige gaan sien om uit te vind hoe ons dogtertjie vorder vir skool ens.
Maar toe praat sy sommer met ons ook. Daar noem sy toe 'n ding wat ons baie aangeraak het, sy en haar gesin het een keer 'n week "familie aand" waar hulle tyd as gesin saam spandeer het. Kom ek sê vir jou dit werk, ons doen dit ook nou een keer 'n week. My kind lewe vir daardie aand of dag, want dan vergeet ons van werk en die probleme wat daarmee gaan, en sy is die belangrikste persoon in die wereld op daardie oomblik, ons bak Pizza's, braai ens. met die verskil sy moet self haar pizza bou of vleisie braai onder leiding van ons. Dit maak 'n groot verskil aan 'n kind as hy/sy haar ouers vir haarself het.

Anonymous said...

Hi daar Danie,
Skies ek gebruik nou die blog as spreekbuis. Kan jy dalk die besonderhede van die sielkundige vir my gee? Ek en my man het vanoggend besluit ons seun van 8 moet ook sielkundige toe gaan. Hy het hierdie konstante vrees en is vreeslik huilerig. Ons dien ook die Here maar ek glo God sit hierdie mense in ons lewens as helpers tot genesing. Ons is woonagtig in Springs maar ek is bereid om te ry as die dame baie goed is.

Anonymous said...

Hi Anonomous
Die sielkundige se naam is Mathilda Holtzhausen, haar nommer is 083 227 8412. Sy is in Pretoria naby die Van der Hoff weg..glo my, dis die moeite werd- sy werk ook met n geestelike fondament en is profeties...syt binne 5 minute presies vir my gese hoe ek is en waarmee ek sukkel... Gaan sien haar, ek beveel dit hoogs aan!
Danie

Anonymous said...

die ergste is, jy laat almal sien hoe pateties jy rerig is! Dis siek en sad!

Kry n lewe van jou eie, sorteer goed uit! En beslis wil die vrou wat jy so oor teem jou nie he nie! Sy het seker gesien, gelukkig, wat se selfbejammerende pateet jy is. n Wannabe wat nooit rerig iets gaan of kan bereik nie!

Kom by! Patete soos jy moet selfmoord oorweeg!

Anonymous said...

Anonymous.

Ek dink jy het nou lank genoeg negatiewe kommentaar gelewer teenoor Wimpie. Kry asb 'n lewe van jou eie. Net omdat hy met jou suster uit gemaak het gee dit jou nie die reg om sy dood vir hom toe te wens nie. Jy besef nie waarmee jy besig is nie. Los vir Wimpie uit sy gemoedstoestand is nie wat die moet wees nie.

KRY JOU EIE LEWE!!!!!!!!!!!

Ina

Anonymous said...

En nog 'n ding vir jou informasie. Ons wat vir Wimpie ken weet dat hy al iets in die lewe bereik het. Wat bereik jy met jou negatiewe uitkyk op die lewe!!

Ina

Anonymous said...

Jy wat 10:14 gecomment het, wil ek net se JY is die pateet. Die samelewing het nie mense soos JY nodig nie! Wimpie is 'n baie special ou wat deur 'n moeilike tyd gaan. Shit, ondersteun hom eerder. Of het jy persoonlike issues teen hom? Wees dan 'n man en konfronteer hom reguit, of sit jou naam by jou comment! Ek dink jy is laer as slangkak!

Anonymous said...

Scorpio..ek hoop jy luister na Danie, ek het 'n vriendin wat op dieselfde pad is, klubs, presleys, ens (ps en sy is ook ons ouderdom, wimps)sy het 'n kerel, maar ook nie met die verhouding tevrede nie en sy weet nie hoe sy haarself en haar kinders vernietig nie, ek hou ook daarvan om uit te gaan maar aand na aand - jy jaag die "wind" na.

Daarom, noem my wat jy wil maar my lewe draai om my kinders, die Man daarbo wat so mooi na ons omsien, my familie en ja, my boeke en musiek.

En moenie dink almal is besig om jou te "judge" nie - gaan sit en dink waar jy oor 2 jaar gaan wees - gaan jy werklik geluk he of gaan jy wonder waarom jy nog 2 jaar weggegooi het...Girls hou net van jou omdat jy 'n DJ is en gebruik jou, come on, ons is almal mooi groot!!

Sterkte,
Ekke

Anonymous said...

hy is n wannabe wat eintlik niks is nie!

Mens kan sien wat sy gemoedstand is! Nes hy! Pateties. n Ou man wat probeer jonk wees. Sterrejagter. En n egois wat net aan homself dink.
En hy dink hy is n hero. Agterlike radiostasietjie, wannabe band. Verlief op iemand wat hom nie wil he nie. Sy kind dink hy is kak.

Anonymous said...

Hey poepol, het jy nie werk om te doen nie!? Of is JY die een wat werkloos is en die eintlike loser is? Get a life man, of is jy maar net so commin gebore?

Anonymous said...

Tannie Ina en Danie ek wil net regtig dankie se jul is reg die Here kan vir my pa soveel deur oopmaak ek wens ek kon hom sien en hom die langste druk gee wat ek as sy dogter nog altyd wou ek dink net ek is ook hier vir 'n rede en dit is om pappa jou ogies oop temaak ek wou my hele lewe lank jou in my lewe gehad het

Pa ek is en sal altyd lief vir jou wees pa kort net die Here n pa se lewe. Ek sal altyd vir pa bid ek het al van dat papa en mama geskei het.

Oom Danie ek mis julle vreeslik asb se vir Tannie erika en Klein Danie en Nadia wat ampers saam my verjaar ek se hello veral Annemarie sy weet ek dink elke dag aan haar sy soos my sussie en ek mis haar. Groete Janine
(Wimpie se kind)!!!!!!!

Anonymous said...

Wimpie mag dalk baie dinge wees ma hy bly my pa ek weet hy doen baie verkeerd maar om te oordeel gaan niemand niks help nie

Anonymous said...

Anonoymous

Janine dink vir geen oomblik haar pa is 'n pateet nie. Pa's en dogter kry soms stry. Gaan doen jy bietjie selfondersoek ek kyk of jou lewe so vlekloos is!

Anonymous said...

Eish en eina!

Ek dink daar is iets te leer uit elke comment hier! Glo my!

En staan bietjie terug... Jy weet mos!

Ano

Anonymous said...

Dear GOD:
I want to thank You for what you have already done.
I am not going to wait until I see results or receive rewards.
I am not going to wait until I feel better or things look better.
I'm not going to wait until people say they are sorry or until they stop talking about me.
I am not going to wait until the pain in my body disappears..
I am not going to wait until my financial situation improves.
I am not going to wait until the children are asleep and the house is quiet.
I am not going to wait until I get promoted at work or until I get the job.
I am not going to wait until I understand every experience in my life that has caused me pain or grief.
I am not going to wait until the journey gets easier or the challenges are removed.
I am thanking you right now. I am thanking you because I am alive. I am thanking you because I made it through the days of difficulties. I am thanking you because I have walked around the obstacles.
I am thanking you because I have the ability and the opportunity to do more and do better.

I'm thanking you because FATHER, YOU haven't given up on me.

God is just so good, and he's good all the time.Continue to THANK HIM.

Have a great day, and an even better tomorrow.

Ina

Anonymous said...

Janine

Kyk of jy en jou pa nie die dinge wat tussen julle verkeerd gegaan het kan reg maak nie. Jou pa is nie op 'n lekker plek op die oomblik nie. Ondersteun hom en onthou hy is lief vir jou. Dankie vir die boodskappie wat jy vir hom gelos het. Daar is die wat dink jy dink ook hy is 'n pateet. Ek is werklik bekommerd oor sy gemoeds toestand.

Pas jouself mooi op en jy moet lekker verjaar volgende week. Stuur ook groete vir jou ma.

Tannie Ina

Anonymous said...

Hi nig

Wonder soms of jy my nog kan onthou.Jy weet my skouer was nog altyd oop vir jou om op te kom huil,maar iewers het ons verby mekaar begin leef.Ons het altyd saam gedroom van Hollywood toe gaan en famous raak!Waar het ons paaie geskei?Jy weet ek het altyd verstaan as dit by jou pa kom,maar soms moet ons ook dink aan oor hy voel,hoekom is hy so en wat sy omstandighede is.Ek het ook geleer daar is altyd twee kante van n storie,vat my en my pa as n voorbeeld...Ons is nou nader aan mekaar as ooit,want ons het begin chat oor dinge wat vir ons belangrik is,ons het geleer ons is in baie ways dieselle!Ek en jy is nog tieners en verstaan nie altyd die lewe van die grootmens wereld nie,maar ons gaan nog daar kom en dis nie eers meer lank nie.Praat met jou dad en gaan sit iewers na skool,drink n glasie wyn en leer mekaar ken.Maybe is julle ook meer dieselle in die funnyste ways.Ek mis jou nig en hoop ons kan eendag saam ons Hollywood drome leef!

Liefde Annemarie.

Anonymous said...

Ek sal Tannie Ina
Annemarie ek wens jy het geweet hoe baie ek jou is jy verstaan nie ek is die afgelope jare en tyd ook deur 'n moeilike tyd jy het nog altyd verstaan maar die keer het hy my verneder en baie seer gemaak nog my hele lewe lank jy weet

Maar vir eens weet e wat om my aangaan ek is dalk 'n tiener ja maar ek weet wat is die realiteit en ek is amper matriek dan is dit ook al verby ek en jy wwas so close maar dit voel ek word sleg gese oor die dinge waar ek net vir eens vir my pa gese het hoe ek voel en vir eens het hy besef ek kry seer nog my hle lewe lank maar ek weet die Here wil he ek moet vrgewe dit vat net tyd ek wens ek het by jul te gebly dan sou ons nie nou so ver van mekaar afgewees het nie.

Anonymous said...

en julle mense moet ook onthou toe ek my pa nodig gehad het was hy nie daar vir my nie

maar ek sal seker eendag verstaan hoekom.

Anonymous said...

Anonomous wat my broer uitmaak as n pateet, ek wonder wies regtig die pateet, want as jy so min van hom hou en dink hys n pateet en moet selfmoord pleeg- ...hoekom op dees aarde lees jy sy blog en weet als van hom af??Jys pathetic as jy iemand wat so min n hero is en n wannabe is, so slaafs navolg.
Wonder wies eintlik n pateet as jy op die kantlyn sit en comment onder "anonymous" Ek lei af jys een van hierdie alkoholis tipe wat sit en skinder oor almal en als omdat jy nie n lewe het van jou eie nie..Jyt duidelik geen Christelike beginsels of waardesisteem nie.
gaan lees gerus Jakobus 3:5 oor die tong- as jy n bybel besit..
Wimpie - lees gerus Jak.1:2-4. In die tye gedurende hierdie maand wat ek weg was en net wou terug gaan huistoe, het dit vir my oopgegaan- die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat jul volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kan kortkom nie- dink daaroor!!
Vandag is die begin van die Here wat met jou gaan werk- "use it, dont use it" up to you

Danie

Anonymous said...

Janine

Die lewe werk nie altyd soos ons dit wil hê nie. Kinders moet hulle ouers eer en respekteer maar, netso moet ouers ook besef dat repek verdien moet word. Ek hoop jou pa neem dit wat oom Danie gesê het ter harte want hy moet gaan stil sit en self ondersoek doen om uit te vind waar dinge verkeerd geloop het.

Vir jou kry ek uit my hart uit jammer want wanneer ouers uit mekaar stap word die kinders die meeste daar deur geraak. Maar onthou altyd al was hy nie daar nie hy is en bly jou pa. As jy my en tannie Elize se geskiedenis ken sal jy weet ek weet waarvan ek praat. Jy is meer as welkom om my te bel 0798505742 of email my by ina@ncr.org.za

Baie liefde

Tannie Ina

Anonymous said...

My liewe nig

Ek het nog altyd verstaan hoe jy voel.Jy was nog altyd soos n suster vir my.Ons kon nog altyd oor als chat en lag oor die simpelste dinge!Ek kan nie beskryf hoe baie ek dit mis nie...Jy weet jy is altyd welkom om te kom kuier selfs die naweek.Ek dink ons altwee is nou op daai stadium waar ons iemand nodig het om mee te chat.Dit sal lekker wees as ons saam as niggies bietjie uitgaan,uitfreak en saam kuier.Eks hier vir jou en bly nie meer so ver van jou af nie,bel,sms my wane jy my nodig het!

Annemarie

Anonymous said...

Hey julle, asb, dis Wimpie se blog! Ek is seker julle het mekaar se nr's, sms of bel! Maar moet nou nie vir mekaar hier kom boodskappies los nie. Die tipe gesprekke hoort nie hier nie!!!

Anonymous said...

Anonymous

Het jy al vir een oomblik gedink dit is dalk die enigste manier hoe hierdie twee niggies by mekaar kan uit kom

Anonymous said...

Hey W,

I don't know you from a bar of soap, but I've been fortunate enough to spend some time with one of your 'close' friends, who have introduced us a couple of weeks ago ;-)

When I first met you I thought to myself ... "what a softy" ... who's heart is going to get broken, and I mean this in the nicest way possible. Although you kept up this 'hard ass' profile and tried to convince everyone that you are this fearless non-breakable "upcoming superstar", you amazed and surprised me with your passion for the smaller things in life.

Wie gee regtig om hoeveel hits jy per dag kry of hoe beroemd jy werklik is ... en om watter rede sou jy dit ooit goed dink om te wil verander? Jy is wie jy is ...!!

Yes.. men are from Mars and Women from Venus ... don't try to understand the female specie, just love us!! Go back to the basics, be loyal, don't cheat, don't lie!!

To make yourself happy, pursue your passions & be the best of what you can be. Get rid of destructive elements: abusive friends, nasty habits, and dangerous liaisons. Don't abandon your responsibilities but don't overdose on duty!!

Take care of yourself. Don't wait for someone to take care of you!!

Bottom line: You are who you are ...an upcoming superstar!!

LB

Anonymous said...

Sterkte daai kant, my maat!

Anonymous said...

Dankie jys reg dis al hoe ons kan gesels ek het niemand se nommers nie my sim kaart is verlore so ek het 'n nuwe nommer nig en Tannie Ina ek sal tannie nog bel verseker.

Nig jys reg ek hoop regtig ons kan mekaar gou weer sien het baie om oor tepraat

Wimpie van der Sandt said...

aaaa

nice anonymous ek ken daai praatstyl, baie welkom hier op die pateet se blog mevrou en hoe gaan dit met die kleinkind??

julle kan my maar net nie uitlos nie kan julle?

Great bring it on ek geniet dit nogal!

Dankie Danie, Ina Janine(2) jou pa is lief vir jou ook, en almal wat so flink kommentaar lewer!

Wimpie van der Sandt said...

en o ja ek is nog ver van selfmoord af, het maar net 'n af daggie gehad dis al, maar dankie dat julle omgee.

Anonymous said...

As jy nie van Wimpie se blog of van hom hou nie hoekom lees jy dit en gee komentaar anonymous

Anonymous said...

Hoop maar Wimpie luister en lees die comments mooi en versigtig mag dalk net paar deure oopmaak vir jou
en ander mense in jou lewe.

Anonymous said...

Iewers op hierdie blog staan daar ek speel elke dag met my seuntjie iets wat ons nie weet van jou nie se jy, ons het ook nie geweet jy doen dit nie gereeld met jou ander kind nie.

Ai Wimps dit was maar nog altyd so met haar sy het nou eers begin uitpraat dis goed.

Sterkte Janinetjie xx
Jy is altyd in my gedagte en gebed.

Jy sal weet wie. Ek ken jou darm.

Anonymous said...

Nig

JA dit is die enigste manier wat ek en my niggie kan kontak he!Janine los vir my jou nommer dan kan ons chat.

Muriel said...

Hierdie is 'n baie hartseer storie, ek hoop vir almal van julle dat julle die dinge kan regmaak, die lewe is te kort vir hartseer en trane!!

Sterkte vir almal van julle!

Anonymous said...

Dankie Muriel en nig my nom.:0837337170

Anonymous said...

Ja tannie ek weet wie dit is en dis heeltemal reg dankie ek weet maar ek kan seker nie vir klein boeta kwaalik neem nie dis maar hoe dit altyd is.

So geluk met jou verjaarsdag Wian hoop jy het 'n lekker daggie en hoop die Here spaar jou vir nog baie jare saam ons.

Liefies: Janine

Anonymous said...

Ja tannie ek weet wie dit is en dis heeltemal reg dankie ek weet maar ek kan seker nie vir klein boeta kwaalik neem nie dis maar hoe dit altyd is.

So geluk met jou verjaarsdag Wian hoop jy het 'n lekker daggie en hoop die Here spaar jou vir nog baie jare saam ons.

Liefies: Janine

Anonymous said...

Wimpie, baie geluk met jou seun se verjaarsdag, glo dat hy lank vir jou gespaar sal bly.

Wimpie baie keer wil ek ook my eiertjie le, maar dan 'sokkol' Eben baie om aan te teken. Ek het die stuk(ke) gelees van jou, Danie se kommetaar (Danie ek skuld jou 'n kuier by Harties) Ina, Brein (hallo ou vriend) ens!

Ek ken jou nie behalwe die een of paar keer wat ek komment gelos het of per e-pos iets aan stuur. Maar ek nooi jou uit om een naweek vir Janine op te pik en vir my en Marilee hier op Letaba (Tzaneen wereld) te kom kuier.

Bring jou golf stokke saam, hier op die Letaba Landgoed is 'n lekker golf baan, en jy kan my 'n les of twee gee. Dan kan Janine en Marilee die 4 wheelers bietjie tem en al die mooi plekke uit wys en sommer net lekker kuier.

Janine, sleep pa bietjie aan die ore laat hy my kontak, en kom kuier. Ek sal reel dat die regte ouens by die werk vir jou gaan wys hoe word vrugte sappe gemaak, en glo my dis baie leersaam. Ons is maar net gewone mense. Mense-mense en glo my julle sal die geniet.

Soos Pieter Koen sing " ... welkom in my wereld"

Eben

Anonymous said...

4Wheelers Oom Eben ek hou baie van daardie idee eks mal oor 4wheelers jho. Praat bietjie met my pa ek is defnintief game.

Sal graag wou weg kom.

Janine