Tuesday, April 29, 2008

Uit woorde uit...

Te gereeld op hierdie blog groet ek mense, vandag is weer so, die keer seker my heel beste vriendin se pa...

En ek is klaar met motorfietse, so lief as ek die wind in die gesig het, sal ek nie gou weer op een klim nie, Tanya, dit maak nie saak wat ek vir jou se nie, dit gaan niks verander aan die situasie nie...

Ek kan nie troos nie, ek kan net se ek is daar vir jou, as jy my nodig het ek is daar vir jou en Leechan. Ek gaan vanoggend terwyl jy hier lees saam met twee sussies hulle pa uitken, spare a thought...

Skielik is dit asof al die dinge waaroor ons so aangaan hier op aarde eintlik niks is om oor aan te gaan nie.

Vanaand begin die Klipdrift Battle of the bands by Carnival Citu, in die Supersportbar, stiptelik om 20H00, ons het 10 bands om deur te draf vanaand, moenie laat wees nie, dit gaan awesome wees. Onthou dis elke Dinsdagaand vir die volgende 12 weke, ek kan nie wag nie...

Ek en Janine praat weer, saggies, met mekaar, maar dis beter as niks en ek sal dit vat op die stadium..... my hart is seer vandag en nee anonymous ek kry nie myself jammer nie, ek is net so ongelooflik jammer vir my maatjie, behalwe om daar te wees kan ek niks meer doen nie.... eish!

Later

Wimpie

PS: Plaas more foto's van die eerste Battle of the bands...

3 comments:

Anonymous said...

My opinie oor motorfietse nog al die tyd: opwindend en lekker ja, maar nie die moeite werk nie. Sterkte Tanya.

Anonymous said...

Ek weet dit was 'n swaar oggend vir jou...
(((((W)))))

Anonymous said...

Sien jy hoe vinnig kan 'n dogter 'n pa verloor hoop dit maak jou ogies oop van der sandt.

Sterkte Tanya.