
Baie dankie aan almal wat belanggestel het in my been se vordering, julle sal saam my dankbaar wees om te hoor dit lyk of alles aan die herstel is, nog 'n week voor hulle daaraan kan dink om die steke uit te haal mmaar nou ja, dis darem stukke beter, dankie vir die belangstelling....
Vinnige staaltjie nog steeds oor die been, Saterdag toe hulle die wond bietjie skoonmaak en met 'n tweezer in die ding rondgrou, kry ek skielik so bietjie warm, beginne sweet en die verpleegster se ek moet eerder bietjie le.... toe ek wakker word is dit amper 'n uur later en die Stormers speel al amper teen die Leeus.... nee okay ek is nie 'n ou vir bloed en rondgrou in 'n ou se wonde nie...
So van die Stormers gepraat, daar kom spoil die Leeutjies toe die fun en die party in die Kaap, ek het altyd gese as die Stormers nie die Leeus, wat heel laaste op die punteleer is, kan wen nie, dan verdien ons nie om daar te wees nie, ongelukkig vir die Kapenaars was dit nie genoeg om net te wen nie, ons moes hulle verpletter, dit het nie gebeur nie, vir 70 minute kon ons nie deel met die permanente onkontspel van die Leeus nie, ek het op 'n stadium gedink die Leeus se senters speel vir die Stormers!, Twee geel kaarte, uhm ja die Leeus was daarop uit om die Stormers uit 'n halfeindstryd te hou en die gameplan was om eenvoudig op elke denkbare manier die Kapenaars te ontwrig en dit het ongelukkig 'n knaende ontkantspelery ingesluit... Feit is die Stormers moes beter daarmee gedeel het, ons het nie en dit was al wat sy geskryf het.... jammer manne kom ons se maar soos die Leeus elke jaar doen, "watch ons volgende jaar", vir die komende Saterdag sal ek maar ietsie swart uit my kas sleep en lekker hard vir die Sharkies skreeu teen die Waratahs, die Sharkies was Saterdag aansienlik beter as die afgelope drie of vier weke en miskien bereik hulle, hulle beste spelpeil net betyds!
Baie lekker gekuier gister saam goeie vriende terwyl Gauteng gebrand het, dankie julle, dit was awesome ons moet weer so maak, ek bly baie mal oor 25% van julle, die ander 75%, julle is great maatjies!
Gauteng se moeilikheid het net weer vir my kom bewys hoe vinnig Afrika politiek in die kwessie van ure kan verander, vandag is die geweld teen onwettige immigrate, gaan kyk maar na Beeld se voorblad vandag, skokkend, more is die geweld net dalkies teen die "wit settelaars"... Raak jy bekommerd?? Maak maar jou mind vir jouself op, die voorblad fotot's van die koerant vandag maak my bang, vir Afrika, geweld en die totaal breinloosheid van dit alles!
President Thabo Mbeki het aangekondig dat ‘n komitee aangestel is om ondersoek in te stel na die xenofobiese aanvalle in talle dele van Gauteng. Hy het by San Lameer aan die KwaZulu-Natalse suidkus gepraat na ‘n vergadering van die Internasionale Beleggingsraad. Mbeki sê dit is belangrik dat die polisie streng optree. Hy sê mense kan nie toegelaat word om rond te gaan en buitelanders aan te val nie, en hy vertrou dat die komitee sal uitvind wie agter die aanvalle skuil. Die president van die ANC, Jacob Zuma, het ook die aanvalle veroordeel toe hy gister die gemeenskap van Mamelodi, Pretoria, toegespreek het. Ja Mbeki as jy dalk iets gese het oor Zimbabwe toe jy moes sou dit dalk beter gegaan het...
So van Zimbabwe gepraat. Die Zimbabwiese hoof-opposisie het beloof om president Robert Mugabe oortuigend te verslaan in volgende maand se opvolg-presidentsverkiesing en gevra dat die nagaan van die uitslae toeganklik moet wees vir die media. Die party MDC het sy veldtog afgeskop voor die verkiesing van 27 Junie in die afwesigheid van sy leier, Morgan Tsvangirai. Hy het sy terugkeer na die land uitgestel nadat die party gesê het ‘n komplot is ontdek om hom te vermoor. Die SAUK berig dat die MDC se onderleier, Thokozani Khupe, in die tweede grootste stad, Bulawayo, aan sowat tien duisend ondersteuners gesê het die opposisie sal ‘n selfs groter oorwinning behaal nadat die amptelike uitslag van die eerste ronde op 29 Maart getoon het dat Tsvangirai nie genoeg stemme gehad het om die opvolg-verkiesing af te weer nie.
Sjina het drie dae van nasionale rou afgekondig terwyl die sterftesyfer na verlede Maandag se kragtige aardbewing tot 32 en ‘n half duisend gestyg het. Die landsvlag sal van vandag halfstok hang by regeringsgeboue. Die Olimpiese fakkelloop sal ook vir drie dae opgeskort word. Lug-sirenes sal weergalm en drie minute se stilte sal gehandhaaf word presies ‘n week nadat die skudding die suidwestelike provinsie Sichuan getref het. Sky News berig dat president Hu Jintao sy dankbaarheid uitgespreek het vir die internasionale hulp wat verleen word. Hy het reddingspanne ook gevra om deur te druk en die mees afgeleë dorpies te bereik wat deur die skudding geraak is.
Kan jy onthou hoe het almal aangegaan oor 9/11 WTC, daar is maar 3 500 mense dood...
Dis my storie vir vandag, ons gesels weer more, lekker dag!
Wimpie
PS: Moreaand is weer Battle of the bands tyd by Carnival City sal vanaand meer skryf daaroor, R10 vir 10 bands, so 'n rand 'n band...





2 comments:
Hehehe! Ek bedank u inniglik dat ek mag deel wees van die 75%! G het my gesms gisteraand, lyk my ek het 'die soen' gemis!! ;-)
Ek het vanoggend weer 'n LUS ontwikkel vir die kos! EISH! Dit was MOER lekker!! Dankie weer.....
'Ano'!
Dankie vir 'n great daggie, het regtig sooooo lekker gekuier. En jy MAG maar kos maak hoor!
Geniet jou aandjie.
Post a Comment