Wednesday, May 21, 2008

Ai Suid-Afrika!



Suid-Afrika sit onder die internasionale vergrootglas en ek is bevrees dat dit wat die buiteland sien is nie 'n mooi prentjie nie...

Ek verneem gister betroubaar en uit 'n hoog betroubare bron dat die gevaar dat ons die 2010 Sokker wereldbeker kan verloor is verby bespiegelings en baie nader aan realiteit as wat die regering en alle Suid-Afrikaners besef. Volgens my bron is 'n ander land op 'n gereedheidsgrondslag geplaas om te begin met strategiese voorbereidings...

Terwyl wêreldleiers die xenofobiese geweld in Johannesburg veroordeel, word in Suid-Afrika geskarrel om die skuld voor iemand se deur te lê. Die Europese Unie is baie bekommerd oor die geweld en Duitsland het so ver gegaan as om sy burgers te waarsku teen ‘n besoek aan Suid-Afrika. Sommige van die lande waar berigte en grafiese foto’s van die geweld gepubliseer is, sluit in Brittanje, Amerika, België, Frankryk en Ierland.

Die uitvoerende hoof van die SA Sokkervereniging, Raymond Hack, sê die aanvalle op buitelanders kan die land se poging verydel om in 2010 ‘n geslaagde Wêreldbeker-sokkertoernooi aan te bied. Hy sê hy hoop die geweld word so gou moontlik onder beheer gebring om vrese te besweer by buitelandse besoekers.

Die krissise waarin Suid-Afrika daagliks in ronddrentel het die manne aan die stuur bekommerd en plan B is om die toernooi te onttrek en aan 'n ander land te gee om te verseker dat 2010 nie 'n reuse geldelike verlies is nie. Suid-Afrika se beeld in die buiteland het alreeds so deurgeloop dat belangstelling in die 2010 toernooi die laagste ooit in die geskiedenis van die wereldbeker is met die meeste buitelanders wat verkies om eers die kat uit die boom te kyk voor hulle besluit om die lang paadjie OR Tambo toe aan te pak.... onthou die grootste belangstelling in die Sokker wereldbeker kom van Europa waar enige land binne twee tot drie ure se vlieg van jou af is, nou moet Sokker ondersteuners tien tot twaalf ure vlieg na 'n land wat volgens Sky News en CNN aan die brand is, lei aan die hoogste vlakke van misdaad in die wereld en moontlik nie eers elektrisiteit gaan he om die toernooi aan te bied nie... En jou motivering om die sokker te kom kyk is wat nou weer??

Dankie aan Bierpens vir jou kommentaar van gister... Dit wat ek gister gelewer het was ook bloot net dit, kommentaar, jy sou opgelet het dat ek nog nooit, nie een keer iets oor die Steve sage kwytgeraak het, hier op my blog of op enige ander plek nie, ek het verskeie redes daarvoor wat ek nie aan enigiemand hoef te verduidelik nie... Soos almal is ek seker ook geregtig op my opinie en kan ek dit seker maar lug as ek so voel, ek ken vir Steve... het al 'n show saam hom gehad soos julle seker weet, hehehe, maar nou ja, die man is hoog begaafd, super intelligent en waarskynlik meer talentvol as enigeen anders in die land. As jy egter verkeerd is, is jy verkeerd en ek kan nie dat die feit dat jy die mees talentvolle kunstenaar in die land is in die pad van die feite kom nie.

Daarmee gaan ek my stukkie oor die sage afhandel, kruisig my as julle wil maar die feite is die feite om oorlog te maak in die media beteken noodwendig dat die ding nie bloot kan gaan le nie, onthou blogs is ook 'n deel van die media, as Steve of juf. van der Vyver wil he die ding moet "gaan le" in die media sal hulle MOET ophou om daaroor te blog, jy kan tog nie elke dag die ding wakker maak op jou blog en dan almal blameer wat nie ophou daaroor skryf nie, jy skryf dan self elke dag daaroor.

Wat vir my besonder hartseer is, is ek sit met 'n DVD by die huis wat ek Sondag weer gekyk het, as ek daai DVD kyk dan kan 'n mens "sien" wat liefde is, kyk of jy hom in die hande kry, dis 'n lewendige DVD van 'n Bruce Springsteen konsert en die footage is van hom en sy vrou... gaan soek dit op.

Ek het 'n vriendin, as ek in haar oe kyk dan sien ek seer en maak Bruce al meer sin vir my en dan besef ek net al hoe meer wat hierdie hele hartseer verhaal aan die betrokke rolspelers moet doen, en dis dit!

Battle of the Bands (B.O.T.B) by Carnival gisteraand was weer awesome, gaan soek hierdie twee bands op by Facebook... Sacret en The Reason, vyf beoordeellaars gisteraand en 'n gelykopuitslag, 443 punte elk, die gevolg, ek sit altwee deur na die semi-finals. Sjoe vier weke wat oorbly voor die wildcard en uitkloprondtes wat oor vier weke plaasvind en dan natuurlik die finaal... ek kan nie wag nie!

Weet nie of ek my verbeel nie maar my been is weer deksels seer van gister af, een van twee dinge, of hy word gesond, of hy raak erger en miskien is die steke...nou al amper drie weke in my been, besig om vas te groei....eish ek praat myself bang, die goed moet nog uitkom!

Lekker dag vir jou!

Wimpie.

4 comments:

Anonymous said...

Hi Wimpie


Ek stem 100% saam met jou t.o.v. die Steve en Janine sage. Kan ons nie asb 'n ander onderwerp kry nie. Dit is nou mense soos "Bierpens" wat lus is om hier by jou te kom "stirr"

Lekker dag vir jou

Ina

Anonymous said...

Hi Wimpie

Selfs ek wat altyd die positiewe wil raaksien in SA skrik die laaste tyd vir wat hier aangaan....oplossings se prys raak duur.

Jy moet maar weer 'n draai by die dokter maak....voordat jy beenaf is.

Groete,

Moeder Teresa

Anonymous said...

Mense kan my maar 'n papbroek of 'n weghardloper noem. Maak soos jy smaak. In my hart sal ek altyd 'n Suid-Afrikaner bly! Ek is oppad New Zealand toe en gaan S.A baie mis maar ek kan nie toekyk hoe die toekoms al hoe donkerder word as ek vir my 'n beter toekoms in 'n ander land kan gaan soek nie!!

Anonymous said...

Hi Wimpy

Ek lees jou... ek stem saam met jou.. en dis wat ek bedoel het...

Is jammer dat die ding nie wil gaan le nie...

Ina ... ek stir wa ek wil sussie ... wimpy is groot genoeg om dit te handle ... as ek gedink het hy kannie dit handle sou ek nie kom stir het nie...

Ina, vrouens moet vertroetel word ... ek wil nie nou my eie moto breek nie...