
Ek is sooo trots daarop om deel te wees van hierdie ongelooflike projek. Toe Wimpie, my naamgenoot by Klipdrift, en Riaan my nader met die idee ongeveer so ses maande terug was ek bietjie skepties maar ek is so bly ek het ingestem om tog hierdie projek aan te vat. Die tyd vir regte Suid-Afrikaanse musiek het gekom en daar is net eenvoudig 'n oorvloed van talent in hierdie land, hoekom dit is dat bands nie deur die publiek ondersteun word nie, is eerstens 'n tendens wat ek nie kan verstaan nie, en tweedens 'n tendens wat genadiglik aan die verander is...

Ek gaan niks se vanoggend oor Mbeki wat sy mense se vertroue verloor het nie, dis die hartseer verhaal van wat met jou gebeur as jy nie meer op grondvlak na mense luister nie. Dis jammer want Mbeki het die geleentheid gehad om sy plekkie in die geskiedenis vas te sement, hoe laat val jy die goue eier van demokrasie wat aan jou gegee is knus toegedraai in watte deur niemand anders as Nelson Mandela nie...
My steke is toe Sondag uitgehaal en ek moet se my been voel stukke beter hoewel nog baie ver van reg af.... danksy 'n haarlyn fraktuur... wat hulle niks aan kan doen nie... vir ses weke... eish!
Net toe ek dink dis min of meer gesondheidsgewys die ergste jaar van my lewe die, raak ek gisteraand doof! Ek maak reg vir Klipdrift en Carnival City gisteraand net klaar gebad, hare gewas en my ore skoongemaak met daai stokkies met die watte aan toe ek skielik en sonder waarskuwing doof word in my regteroor.
Gelukkig ken ek heelwat mense insluitend dr. Ricky wat altyd 'n ereplekkie op my selfoon het presies vir noodgevalle soos die een! Om 'n lang storie kort te maak na die noodoproep en 'n vinnige es by sy spreekkamer spuit hy allerhande snaakse goed met 'n spuit uit my oor uit.... nee ek weet ook nie, ek was elke dag my ore!
Lekker om weer te kan hoor , thanks dok!
Later
Wimpie
1 comment:
Hi
Bly om te hoor die been is beter.
Ek en een van die swart vroue wat saam met my werk gesĂȘls vanoggend op pad werk toe. Sy sĂȘ baie van hulle verkies die vorige regering want daar was nie so baie misdaad nie en mense het nog waarde geheg aan 'n ander se lewe. Skynbaar voel hulle ook soos ons. SA is die enigste land waar daar na die krimineel omgesien word. Die werkende klas wat politisie se salarisse betaal moet maar afk@k!
Lekker dag vir jou
Ina
Post a Comment