When all else fail dan besef jy die dokter weet blykbaar bietjie meer as jy en het vir sewe jaar medies geswot om vir jou raad te kan gee soos byvoorbeeld, bly in die bed, moenie op jou been trap nie, gebruik jou krukke as jy wil loop, moenie in die koue uitgaan nie.... uhm ja, okay dok!
So vir vandag gaan ek dit doen en kyk of dit wil help, as my been nie teen more reg is nie dan gaan daar gesny word aan die ding, vir nou is ek soos 'n soet seuntjie en drink my drie verskillende soorte antibiotika vier keer 'n dag.... na ete...
Vanaand MOET ek by die Klipdrift Battle of the Bands wees aangesien ek promote is tot MC vir die aand...hehehe, Gavin Prins, en Yolanda Barnard die skinnerbekke van Glitterati gaan daar wees en vanaand is daar 12 bands, including onder andere Sewe stukke Silwer, Balzakstraat onder andere, dit gaan awesome wees, die beste line-up tot nog toe en ek sien soooo daarna uit, gelukkig is ek MC vanaand en nie 'n beoordeellaar nie! Niemand kan vir my kwaad word nie.
Die musiekberdyf is 'n snaakse storie en daar is soveel sogenaamde agente en "booking agents" en ek staan en sien hoe bedonner hierdie mense die arme mense wat dom genoeg is om hulle te glo...
So vertel een van hierdie "booking agents" my gister dat hy 'n vriend van my 'n groot guns doen om 'n kunstenaar vir hom te kry teen R13 500 vir 'n gig.... uhm ja se ek is jy seker...beste prys op aarde en hy doen my 'n guns vir daai prys!
Ek verskoon myself stap gou 'n draai en bel dieselfde kunstenaar en bespreek hom gou vir....wag vir dit.... R5 000, het hy my R8 500 afslag gegee of het die "booking agent" my klient met daai geld probeer befok? Besluit jy maar self...
Die Afrikaanse musiekbedryf is in so 'n toestand as gevolg van fly by night agente soos hierdie, moenie sommer net 'n kunstenaar bespreek by enigiemand nie, wees veral versigtig vir "booking agents" wat enige kunstenaar wat jy opnoem, "persoonlik ken" en 'n agent vir "almal" is....
Flippen scary en dit foeter die bedryf op... Ek het ook gister besluit om eerder my tyd en energie in net 'n hanjievol kunstenaars te spandeer en ontslae te raak van kunstenaars wat my dreineer, ek is ook net 'n mens en het my eie dinge om oor bekommerd te wees en ek moet ook 'n lewe maak, kunstenaars dreineer jou hulle is oorgevoelig wil die hele tyd gepamperlang word en kan dit nie handle om drie keer 'n week bietjie te moet ry nie....
Ek ken 'n kunstenaarpel wat vier keer 'n week optree vanaf Kaapstad tot Nelspruit hy ry so 20 000 km per maand en se vir my sy hele loopbaan is 60% op die pad, dis deel daarvan om 'n ster te wees, of te wil wees, en dan is ek gevoelloos as ek se jy kan nie uitbrand na een week se drie keer 60km ry nie.... huh??
Ek is die beste, om die beste te wees moet jy die beste uit jou mense kry om dit te kan doen moet jy soms cruel wees want mense het somtyds nodig om die waarheid te hoor, as jy bietjie 'n prima donna is gaan jy dit by my hoor, as jy act suck dan gaan jy dit ook by my hoor, as jy vordering maak...jy sal dit ook by my hoor, in kort, moenie my vra om jou te help as jy nie die waarheid wil hoor nie... gaan kry vir enigiemand anders en sukkel maar aan vir die res van jou lewe...
As jy besluit jy wil 'n ster word en kan die eie ek se klein stukkies stront agtertoe skuif, dan bel jy my anders moet jy nie met my deurmekaar raak nie! Dis die beste stukkie advies wat ek vir enige jong nuwe kunstenaar kan gee wat my nader om hulp, ek help jou graag as jy geholpe wil wees, indien nie... los my uit!
Genoeg van die sterre.
Polisie in Johannesburg het bevestig dat geweld weens vreemdelingehaat dwarsdeur die nag in Alexandra voortgeduur het. Dit is wat gebeur wanneer jou president te slapgat is om standpunt in te neem oor kwessies soos onder andere Zimbabwe en toelaat dat Goswater maar oor Godsakker loop.... Mbeki se lojaliteit teenoor een mens is besig om 'n hele land op te voeter, miskien twee lande. Die polisie is vroeër in die gebied ontplooi nadat twee buitelanders vermoor is. Ongeveer 50 mense is beseer. Inwoners voer aan dat onwettige immigrante hulle oppad werk toe en terug beroof het. Meeste van die buitelanders is Zimbabwiërs.
Eish... dit was bietjie erg, my blog, vir vandag, moes net dit van my rug afkry!
Soet wees, awesome dag, moetnie Klipdrift se Battle of the bands vanaand misloop nie... 12 bands, R10 om in te gaan, R10 vir 'n dubbel Klipdrift en Coke, begin stiptelik om 20h00, sien jou daar! Praat van waarde vir geld!
Wimpie
PS. uhm... Yolanda en Gavin het bodygaurds vanaand....hehehe!
Tuesday, May 13, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment