Wel dis naweek en teen die tyd wat jy die lees was ek al klaar onder die mes en hopelik was dit suksesvol genoeg dat ek teen Saterdag middag die steke kan uithe en alle komplikasies verby is, indien nie, dan weet ek nie!
Gisteraand 'n heerlike aandjie in Pretoria gehad, bietjie Wasserfal unplugged gaan kyk en dit was awesome...
Gistermiddag saam met Platkuif gekuier van www.bosparra.com lekker gesels en een of twee whiskeys kon deurwerk, interessant genoeg is hy en ek altwee bietjie beenaf op die oomblik! Sterkte bra!
So dis min of meer my naweek, stil en stemmig soos dit 'n jong man betaam vroeg bed toe vanaand, hopelik uit met die steke more en hard skreeu vir die Stormertjies moremiddag.
Moreaand is ek HBK, Schaapie en Ferdi gas dj's by Firkin in boksburg, ek het groot nuus daaroor en Wimpie van der Sandt Produksies maar ek sal jou laat wag tot volgende week.
As jy date die naweek .... geniet dit, as jy soos ek single en alleen jou wonde by die huis lek.... jy is nie alleen nie!
Lekker naweek
Wimpie
Friday, May 16, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Eish, en eina en ag f@k tog! :-P
PlatterFuss
Hoe nou? Jy is been-af maar single en alleen? Of is dit nou letterlik been-af? Ek het ook vir 'n slag ge blog, lewe darem nog, vir die wat gewonder het.
Fairy...
Post a Comment