Thursday, May 15, 2008

Dronk passie en onwettige pret!

Ek dink die is die gevleuelde woorde van Oscar Wilde "You can be happy with ANY woman as long as you don't love her..."

Wees maatjies met hulle, gesels lekker strooi met die diere van die koningkryk, maak wat jy wil, moet hulle net nie liefhe nie, dan begin die moeilikheid....hehehe!

En ek bedoel dit op die niceste manier moontlik, ek beginne dink as 'n mens jou lewe so ongekompliseerd as moontlik wil he moet jy net vir niemand lief wees nie, dink so daaraan wie stel jou die maklikste teleur en upset jou, maak jou hart seer en breek jou spoed, daai mense vir wie jy lief is, wat is die oplossing, om nie lief te word vir niemand nie...

Dis tog 'n maklike beginsel wat nie moeilik is om teoreties te doen nie, jy skakel net jou emosionele liggie in jou hartkamer af.... forever, as jy dink jy beginne verlief raak dan stop jy dit deur net die liggie af te sit... hoe moeilik kan dit tog wees?? Vra vir Nicholis Louw!

Gesels gister met 'n pel van my, die arme ou is 'n wrak, sien hy het verlief geraak op 'n girl en die girl het saam hom in die bed geland.... nadat sy hom by verskeie geleenthede vertel het sy is lief vir hom, hulle bly in verskillende dorpe en toe sy 'n naweek nie na hom toe kom toe sy moes nie, begin my pel agterdogtig raak want dis asof hierdie girl twee verskillende personas het, een as sy by hom is en een as sy nie by hom is nie, hy wys my sms'e wat sy hom gestuur het wat hy, seker maar om homself te pynig, of om te hou as bewyse, whatever, op sy rekenaar het waar sy vertel hoe great hy is en hoe 'lief' sy hom het...

Wat is die punt van die storie, die punt is sy het soos verander soos dag en nag en sommer vir hom gese sy het net by hom geslaap want sy was gesuip gewees en op die 'rebound'. Hey dude sy is nie jou hartseer werd nie en beslis nie die moeite werd vir jou om aan jouself te begin twyfel nie, jy weet wie en wat jy is en dis nie die kool die sous werd nie...

Verstaan jy nou hoe is die woorde hier bo-aan van Oscar Wilde van toepassing op vandag se inskrywing... Oppas aan wie en wat jy jou hart verloor, ek weet ek is seker die laaste ou wat myself as 'n expert kan uitgee op die gebied van vroumense en hartsake en so aan, maar ek is 'n expert op die gebied van vriendskap en lojaliteit ek weet wat dit is om agter iemand te staan deur dik en dun en van lojaliteit kan jy my dadels vertel, ek weet ook hoe seer mense se woorde kan maak en ek dink ek weet hoe dit voel om gevoellens vir iemand te he net om te moet hoor dit was alles net 'n paar aande van dronk passie...huh?? Sorry dude dat dit met jou moes gebeur, ek staan agter jou, vat jou bietjie Saterdag rugby toe op Ellispark en gaan ondersteun die Stormers, hulle sal minstens nie saam ons wil slaap na die game nie hehehe!

Eish ek is bly dis die keer nie my hartjie wat in die slag gebly het nie...

Teen die tyd wat jy die lees is ek besig om myself vir die hospitaal more voor te berei, 'n klein ou snytjie, bietjie "pressure release: op my seer been en hopelik, siedaar alles is weer honkeydorey! Of so vertel hulle my!

Wian se rugbyloopbaan het die vorige naweek met groot fanfare afgeskop en die mannetjie het my diep teleurgestel om saam met die vyand afgeneem te word op die vooraand van die groot stryd op Ellispark.... Ah nee a seun mens heul nie so met die vyand nie!

As jy die foto vergroot dan sal jy, as jy my ken, dieselfde stout kyk in die oe herken as sy pa, en natuurlik die haarstyl, die enigste mens wat ek ken wat meer sakgeld vir gel nodig het as ek!

Op die foto hieronder druk hy 'n "drie" net jammer dis op die verkeerde lyn....ai seuna, verstrooid net sy pa.

So die verkiesing in Zimbabwe is uitgestel en nog steeds is die stilte van die Uniegebou se kant af oorverdowend, dink julle ons president sal iets se as Mugabe 'n atoombom op Harrare drop?

Die Minister in die Presidentskap, Essop Pahad, sê aanvalle op buitelanders in Suid-Afrika is “lafhartige dade” wat ‘n bedreiging vir demokrasie inhou. Groot getalle polisielede is verlede nag in Alexandra, Johannesburg, ontplooi na drie nagte van geweld waartydens minstens drie mense dood en verskeie verkrag en aangerand is. Inwoners het weer probeer om padversperrings op te rig, maar die polisie het hulle vinnig uiteengejaag. Pahad het in die Parlement gesê xenofobie en geweldsmisdade teen mede-broers en -susters van Afrika het geen plek in ‘n demokratiese Suid-Afrika nie en moet ten sterkste veroordeel word. Die rede mnr Pahad vir hierdie aanvalle is die stilte van JOU president oor die verkiesing in Zimbabwe en die vlugtog van onwettige Zimbawe burgerlikes na Suid-Afrika soveel so dat skattings deur die Universiteit van Suid-Afrika reken daar is sowat 20 miljo9en mense hier wat nie wettiglik hier mag wees nie...ai!

Nou ja, ek is vanaand in Pretoria, kom se hallo as jy in die omgewing is ek maak 'n draai by Cafe Barcelona om my pelle, Wasserfall te gaan ondersteun, kom luister gerus hulle is 'n awesome band...

Wel dis nou te se as my date se blind date dit sal toelaat...hehehe!

Later

Wimpie

Ps: Ek speel 'n song op my show wat almal my oor uitvra, die liedjie se naam is I wanna talk about me en dis van Tobey Keith so hier is sy video:



Pss: Hier is my gunsteling om American Idol te wen, David Cook, se weergawe van die briljante Neil Diamond se I'm alive, sommer maar net!

3 comments:

Anonymous said...

Ek het al amper daai Neil Diamond liedjie vergeet, dankie

Anonymous said...

Jy was reg, ek is nou reg. Ek was nie reg nie maar nou is ek, jy weet waar om my te kry, bel, bel bel!

TJ

Anonymous said...

Ek gaan ook die Stormers kyk!
maryna