Mens vergeet partykeer dat jy in die publieke oog is .... heeltyd.... en laat ek dit sommer gou reguit stel, daar is geen verskil tussen mense nie, ons almal het dieselfde basiese behoeftes en ons almal het dieselfde basiese maniere en die feit dat meer mense jou ken as die volgende persoon maak nie van jou iets special nie.
Ek is bietjie moeg om te hoor jy mag nie 'n kragwoord gebruik hier en daar nie want jy is veronderstel om Cream Soda te pie pie, jy mag nie erens 'n dop drink nie en jy mag nie met girls uitgaan nie want mense "kyk op na jou".
Kom ek stel dit gou duidelik, daar is baie beter rolmodelle in die wereld om na op te kyk as Wimpie van der Sandt, jy sal my NOOIT in jou lewe sien myself voorstel as Wimpie van Oos Rand Stereo, of die radio of freakin wat ook al nie... Nelson Mandela is 'n rolmodel, Moeder Theresa was een en my kinders sal eendag rolmodelle wees, ek is net ek die enigste voorbeeld wat ek vir jou kan wees is om jouself te wees, se wat jy voel, al is dit nie die populere keuse nie, Wees reguit, soos ek, baie mense gaan jou haat maar jy gaan happy wees met jouself en almal gaan weet waar hulle met jou staan...
So as 'n rolmodel wat nie 'n dop mag drink of 'n kragwoord nou en dan se nie, is ek bevrees vaal ek die toets met vlieende vaandels. As jy my bespreek vir 'n funksie om die radio te verteenwoordig, en jy betaal my, want ek is moeg om vir liefdadigheid op te tree, gaan werk jy bietjie vandag verniet, se vir jou baas jy doen dit vandag verniet vir hom want jy is 'n nice mens.... nie?? So gedink, nou hierdie is my werk ook en soos jy wil ek nie graag verniet werk nie!
Terug na die punt toe, Wimpie van der Sandt het ook 'n besigheid en daardie besigheid staan heeltemal apart van Oos Rand Stereo, daai besigheid bied rockfeeste aan en bied shows aan, bestuur kunstenaars, vervaardig CD's en staan baie lekker op sy eie bene baie dankie, daar is 'n verskil tussen Wimpie die radio persoon en Wimpie van Wimpie van der Sandt Produksies wanneer laasgenoemde 'n ROCK show aanbied gaan jy so dan en wan 'n woordjie van die uwe hoor waarop Snotkop sou trots gewees het, wanneer 'n kerk my betaal om MC te wees by Juanita se konsert, dan gedra ek myself dienooreenkomstig!
Wou dit van my bors afkry vanoggend, ek het dit al hoeveel keer gese, ek sien nie myself of dink aan myself as iemand bekends nie.... inteendeel EK HAAT DIT..
Nog iets wat ek HAAT is wanneer mense net pleinweg loop en snert praat, as jy my blog lees dan behoort jy my teen die tyd te ken, as jy soos ek nou die dag moes hoor, 'n storie hoor van Wimpie wat by 'n plek instap en goed se soos... "weet jy wie ek is"... dan moet jy sommer weet dis 'n kak storie.
Ek het nog NOOIT en sal NOOIT my naam gebruik om afslag te kry, kaartjies verniet te kry of spesiale behandeling te vereis nie. Dis nou op rekord, my dogter vertel my nou die dag van 'n ou wat vir haar se haar pa het eendag in sy koeldrank winkel ingestap en wou voorkeur behandeling he toe se hy blykbaar die gewaagde woorde "weet jy wie ek is"! KAK man ek praat nie so nie, sal dit nooit doen nie en gee enigeen toestemming wat in die omtrek is as ek dit doen om my onder my kuif uit te klap!
Ai wanneer gaan al die strooi stories ophou, o ja en as ek elke week saam 'n ander girl gesien word by 'n funksie dan is dit my goeie reg, dit beteken nie ek gaan volgende week met haar trou nie, die oomblik wat ek begin vas met iemand uitgaan sal ek dit eerste hier op hierdie blog noem, eerstens is ek single, ongetroud en kan sien wie ek wil. Daar is iemand spesiaal in my lewe op die oomblik, maar vir nou geniet ons mekaar se geselsskap en nie sy of ek is reg om dit aan die wereld bekend te maak nie, as jy mooi gekyk het sou jy ons al baie saam gesien het maar dis dit...vriende, goeie vriende so as ek dalkies vanaand saam iemand anders 'n draai by die movies gaan maak, dis my reg, ek het baie vriende...
Bottomline anonymous.... hou op SKINDER en TWAK praat, kry jou eie lewe!
Later
Wimpie
Thursday, May 29, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
8 comments:
ai wimpels, moenie jou steur aan mense nie, makliker gese as gedaan ne!
Die probleem met skinner, is die dam word altyd onder die eend se ... vere uit geruk!!
Teen die tyd dat dit in elk geval by tannie Koekie in die Kaap kom, is dit te laat om vure dood te slaan.
If you don't have anything good to comment about, don't comment at all!!!!
Wees jy net jouself jy het nie nodig om aan enige een jou aksies te verdydelik nie.
Liefde
Ina
Wees jy net jouself jy het nie nodig om aan enige een jou aksies te verdydelik nie.
Liefde
Ina
Die hoogste boom vang mos maar altyd die meeste wind
Hi Wimpie,
Ek glo dat julle mense in die publieke oog hel het, maar ek staan en val by julle reg op privaatheid.
Ek het net die reg tot jou of enige iemand se lewe wat julle my 'n blik op toelaat. Ek het geen reg om op straat met iemand oor jou te staan en skinder nie...
As jy poep se op die radio dan kan ek dalk iets se as ek dit self gehoor het, maar as ek hoor iemand se so, mag ek nie weer se: het julle gehoor WVDS het gese poep op die radio nie.
Is van anderkant die spoorlyn... trailerpark trash in amerika doen dit...
As jy jou kamer deur agter jou toe trek, het ek geen reg om te weet wat aangaan nie... is mos...
To be honest, ek het nie eers van jou bestaan geweet voor ek jou die eerste maal ontmoet het nie... en ek dink derduisende stem met my saam....
Nou wie's die nuwe 'iemand' in jou lewe? Want dis nie die ene wat ek ken nie??? Kan jy ons nie ook maar voorstel nie? Ek weet van jou vriendin, maar dis mos net platonies, maar het nie geweet jy't vandat ek jou laas gesien het iemand ernstigs ontmoet nie? Sien, jy moet meer vir ons potjie op 'n Sondag maak, want direk daarna ontmoet jy nuwe mense soos in girlfriends? EN dan stel jy ons nie eers voor nie ;-)
Eish Wimpie... is mos nou nie fair nie??? Hehehe!!!
Post a Comment