Thursday, May 8, 2008

Snorcity en BMW's

Bietjie in Snorcity uitgehang vandag, wel nie rerig uitgehang nie, daar was darem werk betrokke ook!

Was maar net weereens bly ek hoef nie elke dag van my lewe op die paaie van ons land te wees nie, mense ry soos idiots, ek verstaan nie dat dit 'n hengse issue is om 'n vuurwapenlisensie te kry, maar enige Tom Dick en Harry kan 'n kar bestuur ek het seker minstens drie amper noodlottige ongelukke gesien oppad huis toe omdat mense morone word agter die stuur van groot 4x4 bakkies en BMW's...

Wat is dit met veral BMW bestuurders, okay ek wil nie veralgemeen nie maar die meerderheid, seker so 70% van hulle pie my net af, ek volg nou 'n nuwe taktiek met hulle, die spoedgrens is 120km/u en dis hoe vinnig ek ry en basta, as jy in jou beemer vinniger wil ry moet jy maar 'n paadjie verby my kry, hoe jy dit gaan doen is jou probleem!

Janine het lekker verjaar en ek is vir 'n verandering vroeg by die huis en in die bed teen 21H00.

Wian speel more rugby in Bedfordview ek is trots en bang, bang hy kry seer en bang hy hou dalk daarvan, elke winter sit ek met pyne in my skouers, my kniee maak my dood en ek sukkel om die trappe uit te klim, ek sal verkies dat hy eerder Golf speel maar ek is nie daar om aan my kinders voor te skryf wat hulle moet doen nie!

Wat gaan met die petrolprys gebeur? 'n Nuwe rekord hoogtepunt vir Brent ru-olie in New York, teen die huidige verhogings in die prys se die berekeninge petrol behoort teen Desember so teen R14 'n liter te draai! Sterkte en wat gaan die regering daaraan doen??

Teen die tyd wat jy die lees is ek lewendig in Boksburg besig met 'n buiteuitsending...

Jou nuwe hare lyk stunning!

Lekker naweek vir almal... ek is gedaan.

Wimpie

3 comments:

Anonymous said...

Dankie, jy's 'n engel!

Blou Bul said...

Ja Wimpie geen wonder jys nes Israel nie , sommer baie omstrede.Ek wil graag kommenaar lewer oor jou uitlatings gister oor Bush en veral oor wat jy gese het dat hy sy troepe aan Irak moet onttrek en dat Amereika moet ophou om Israel te ondersteun en dat jy nie weet wie is Bush se raadgewers nie, hey jy weet nie waarvan jy praat nie die raadgewers is slimmer en wyser as `n derderangse radiomroeper.As jy een van sy raadgewers was , was Amereika reeds in sy moer en die res van die wereld in die hande en mag van die Ooste en Arabiere.En in die hande van `n paar grouse ouens.

Bush sorg tenminste dat die weste verseker is van olie en weerhou tans die Noord Koreane , die ontluikende finansieele reus China en die res van die arogante diktatoriale oosterse lande se hande af van die uitterste skaars bron van energie naamlik OLIE.( SO TERLOOPS DAAR IS NOG NET GENOEG OLIE RESERWES IN DIE AARDE OOR VIR `N SKAMELE AGT JAAR. EN DIT IS `N VOLDONGE FEIT) Dit is hoekom die petolprys so styg want die ouens agter die skerms weet dit.

Nou kom ek terug na jou onverantwoordlike uitlanting oor Israel en ek dink die volgende wat ek DIE BREIN gaan kwyt raak is niks anders as die blatante waarheid nie. Ek is `n stoere Boer/Afrikaner.

Wat Noem hulle die mense, Joode, Sioniste, Hebreers of Israeliete, maak nie saak nie van die oorsprong van hulle betsaan af sal jy hulle liefhe of ondersteun of met `n passie haat, daar is nie `n `n tussenin gevoel vir hulle nie.Groot en magtige ryke (empires) het deur die eeue ontstaan en weer verdwyn, maar deur God se genade het hierdie handvol groepie mense (Isaeliete) uitgestaan en geoorleef deur allerhande toestande, oorheersings, onderdrukkings en wat ookal oor hulle gekom het en hulle is prominent oor en in alles.God het net toegelaat dat sekere dinge oor hulle kom as gevolg van hulle ongehoorsaamheid aan God.Jakob het Israel geword en in Genesis 27:29 se God vir Israel vervloek is hulle wat jou vloek en geseend is hule wat jou seen en weet jy wat Wimpie en ander dit is vankrag tot vandag toe en sal so wees tot die einde toe.Hulle sal ` seen wees vir die wat hulle ondersteun en `n doring in die vlees vir die wat hulle haat en teengaan.

Baie Arabiere en Midde Oosters lande en Oosterse lande haat Amerika en sien Amerika nou as sy vernaamste vyand nommer een agv. Sy openlike ondersteuning en bondgenootskap met Israel.Hulle het `n woede en brandende begeerte om Amerika te vernietig sodoende weet hulle dat Israel dan alleen gaan staan en dit gaan kom veral as Barak Obama gaan regeer gaan hulle die rug draai op Israel en dan gaan Amerika se ellende in alle erns begin.En Israel gaan alleen staan , maar hy gaan dan `n gedugte bontgenoot he GOD homself.

Vat nou maar al die groot empire DIE EGIPTIESE RYK. DIE ASSIRIESE RYK, DIE BABILONIESE RYK , DIE MEDE EN PERSE , DIE GRIEKSE RYK EN DIE ROMEINSE RYK almal het gekom en gaan en Israel onderruk maar die ou volkie het alles deurstaan en oorleef self na verstrooiing en het weer eenheid bereik in 1948. Groot Brittanje was `n magtige ryk en het altyd voor 1948 Israel ondersteun, maar toe die staat van Israel in 1948 gestig is het Groot Britanje dit ook probeer onderdruk en was daarteen gekant, maar na 2000 jaar het die staat van Israel soos vroer weer die ster van Dawid daar laat wapper.Groot Brittanje soos almal dit geken het , het begin disintegreer en in Klein Brittanje verander.Suid Afrika , Rhodesie (Zimbabwe) Nieu Zeeland, Australie,Hong Kong en menigte ander Britse nedersettigs het hulle verloor deur die onafhanklikheid van al die en baie ander state.Groot Brittanje is van dag `n skaduwee van dit wat hy vroeer was en dit gaan net al hoe slegter met hulle raak.

Self oor olie as Amerika die dag sy rug op Israel draai oor olie gaan sy ondergang groot en dramaties wees.Merk DIE BREIN se woorde vandag.Enige haat teenoor Israel word deur die Satan geinspireer omdat Jesus ook uit hulle geledere gekom het. Satan het oral probeer om die bloedlyn van Jesus uit te wis, maar kon nie, omdat God die Jode gekies het om die Messias te laat kom.

Hoekom gaan dit so met die Jode(Israel) OMDAT HULLE GESE HET LAAT SY (JESUS) SE BLOED OP ONS EN OS KIDERS KOM ? As GOD nie sy hand op`n manier gehou het oor die Jode nie sou hulle uitewis gewees het. Nie eers Hitler kon in sy doel slaag nie.Israel is maar so groot soos die Kruger Wildtuin en tog gaan alle dinge in die wereld wat ons kan sien of nie kan sien nie oor Israel.

Die Wesbank strook behoort aan Israel volgens die oudste geskiedenis en daar gaa nog baie dinge daaroor wees.Die Anti Chris sal en gaan Israel domineer en oorheers en probeer uitwis maar tot op `n punt en dan gaan GOD self ingyp en op bonatuurlike wyse hulle red.Israel gaan `n klimaks daarna bereik omdat hulle dan finaal Jesus Christus as hulle Messias sal aanvaar en self sy boodskap gaan verkondig, op die oomblik sien hulle Hom nie as die Messias nie.Dit sal natuurlik na die Slag van Armageddon wees.

Gaan lees Sagaria 12.

Net vir interessantheid het julle geweet dat Israel presies in die middel van die aarde gelee is tussen die 30 en 35 lente graad en tussen die 30 en 35 breedte graad.Ek het eendag `n program op Discovery gekyk wat wys dat alle lande op `n tyd een was voordat dit uitmekaar gedryf het en die bewyse is daar en as jy al die lande, eilande inmekaar sou sit is ISRAEL presies in die middel.HOEKOM??????

Onthou olie is nie vir motors nie, maar vir smering tussen die rotslae onder die aarde en ja aardbewings gaan drasties toeneem asgevolg van geen olie om dit te smeer nie.Dit gaan self hewiger raak en vulkane gaan ook toeneem.

Blou Bul said...

Ja Wimpie BMW betuurders glo ek word met `n soort van `n demoon beset die oomlik as hulle in daardie kar klim, maar fok hulle ek is net so geregtig soos die dose om my motor op die openbare paaie te bestuur.

BMW bestuurders kan maar in hul driveways gaan baas speel, maar met my gaan hulle nie rekom nie.

Jy is darem nie so bad nie, maar soms raak jy net kak kwyt op die lug.