Tuesday, May 6, 2008

So jy wil 'n DJ word?

Dankie vir almal wat gebel, e-pos of sommer net 'n sms gestuur het, die uwe is okay, die meeste pyn is iets van die verlede was gisteraand gou by die dokter hy het die drein uitgehaal uit die wond uit en dit was soos instant relief, die wond het mooi genees en ek is baie trots op dokter Leon wat volgens almal wat dit gesien het 'n baie mooi joppie gedoen het.... Thanks doc!

tyd vir bietjie stadiger oor die klippe wat my lewe aanbetref ek het besluit om aansienlik die voet van die petrol af te haal en bietjie meer tyd te spandeer aan die mense wat ek lief het, ek was volgends doc. Leon baie na aan dood, daar is blykbaar 'n hoorfslagaar wat in jou been loop wat met milimeters gemis is, as ek hom getref het, sou ek blykbaar net lewe vir so 5 minute om die storie te vertel!

So hoor ek vanoggend dat iemand baie spesiaal vir my dit oorweeg om vir 'n wyle bietjie te trek om weg te kom... :-(!

Ek verstaan en sal ondersteun waar ek moet, was self al baie by die punt waar ek ook net wou padgee, hoop jy sal darem aan my dink af en toe...

Battle of the bands gaan voort vanaand om 20H00 by Carnival City se Supersportbar, ek dink ons gaan vanaand probeer met net sewe bands, laas week het ons nege gehad en dit het eers baie laat klaargekry, ons probeer die week twee minder en kyk of ons nie kan vinniger deurdraf nie, elke band het drie songs om die beoordeellaars, waarvan ek vanaand een is aangesien die uwe nie so lekker mobile is nie, te oortuig.

Ingang is net R10 per persoon en dit is maar net letterlik om die klank en so aan te cover, die groot final met die Parletones is 19 Julie, jy wil nie dit misloop nie, maar kom se gerus hallo sal graag van jou wil hoor.

Gisteraand onverwags kuiergaste gehad, janine het kom hallo se, sy het groot planne en gewoonlik sou haar pa nie gebyt het aan wat sy alles wil doen nie, maar gegewe die gebeure van die afgelope tyd is daar miskien meriete in wat sy wil doen en sal ek dit gevolglik dienooreenkomstig oorweeg en dan probeer 'n ingeligte besluit maak...

Ek het gister die ongehoorde stap gedoen en vir my 'n elektriese kombers gaan koop, ek weet nie of ek my verbeel nie maar dit is besonder kouer teen 04H00 in die oggend as enige ander tyd van die dag/nag en ek is moeg daai tyd wakker word van die koue, hierdie eendeweer is natuurlik ook idiaal vir my om om ander verborge talent, die van meestersjef, te beproef en dis nogal iets om te sien, anyway heerlike Curry aanmekaar geslaan gisteraand, ek het gedink dit was heerlik anyway! Nie te warm nie, net lekker, mmm, gelukkig het ek bietjie oorgelos vir ontbyt vanoggend!

Okay dis amptelik, ons soek 'n mede-aanbieder vir die Big Bad Breakfast Show by Oos Rand Stereo, as jy dink jy het wat dit verg, kom laat my weet ek reel vir jou 'n stemtoets, jy moet skerp, intelligent, verkieslik vroulik en blond...hehehe... joke net, en hip wees.

Ons gaan stemtoetse hou by die Lakeside Mall, East Rand Mall, Carnival Mall, Springsgate en die Avenues hou, ek sal jou die datums publiseer sodra ek dit het, as jy dink jy het wat dit vat om die uwe in toom te hou, laat hoor van jouself, ek sien uit na hulp om bietjie die las van 'n drie uur lange peak luisteraar program vyf dae 'n week te verlig, ek is moeg vir die kritiek van mense wat nie 'n clue het waaroor dit gaan nie, so die nice ding is, as jy die een is waarna ons soek gaan jy saam my in die spervuur staan, toema ek sal jou beskerm en seker maar die meeste houe op die ken vat!

Dis my storie vir vandag, hoop jy het 'n lekker daggie, ek mis jou!

Wimpie

10 comments:

Blou Bul said...

Goeie more Wimpie

Ja miskien moet ek jou in die oggende kom help op die BBBS.Wat het gebeur met jou been?

Nou praat jy van kos,... Kerrie kos wat oornag rus, dit is drie maal lekkerder as wanneer dit geeet word direk na voorbereiding.

Sterkte met die been en Battle of the Bands.

Blou Bul said...

Ja die Glam Guru en sommige van ons celebs moet by hul lees hou almal het nie multi talente nie en het ook nie die persoonlikheid vir aanbiedinge nie.

Kurt Darren mag maar sing en ander dinge doen, maar verhoog persoonlikheid en interaksie met sy gehoor die het hy nie.

Ek kyk gisteraand Dis hoe dit is van Steve, FOK,... Dowwe Dolla is eenvoudig en sommer net `n pyn in die gat en dan dink volwasse mense met gesonde en goeie verstand sy is oulik en lag omtrent hul gatte af oor niks, wel ja sy het die looks en lyfie en bene wel mmmmm, maar fok sy is irriterend verby.

Wimpie van der Sandt said...

brein...

jy is natuurlik welkom om te kom vir ' stemtoets, sal datums laat weet hehehe

Anonymous said...

as ek kom vir 'n stemtoets hoe laat moet ek opstaan in die oggende..

Wimpie van der Sandt said...

well 'n goeie rule of thumb is so 05H00 in die more.... lekker in die somer, nog steeds lekker in die winter uhm lekker akkies!

maar daar is darem ander perks, hey jy kyk in my vas, in drag, sorry pajamas ... vir drie ure per dag :-)

Blou Bul said...

Jy lag , so jy dink ek sal nie pass nie, wat van ons kry een van die girls van diE Playboy mansion om jou by te staan op die BBBS.?

Anonymous said...

Bly Janine het by jou kom kuier en klink of dit al hoe beter gaan.
Toe het jy darem vir jou 'n warm-bersie gekry, gedink jy sal nie lank uithou nie.
Sterkte vir vanaand se B of the B, en geniet jou daggie.
Ek pas jouself op en rustig wees met daai been.

Ps:Vra asb jou radio stasie hoekom die live audio stream nie werk nie!?

Anonymous said...

Hi Wimpie,

Jy't my vir altyd van vleis eet afgesit!!

Wil jy nie asb vir my die woorde weer opsit van "What about me" of so ietsie nie - I wanna talk about me!!

Thx

Anonymous said...

Stemtoets nee dankie hou verby!

Bly jou been voel darem al beter!

Van koud slaap kan niemand my iets vertel nie, gelukkig slaap my katte by my op die bed, daai klein kolletjie waar hulle dux, word nogal lekker warm!

Anonymous said...

Hey Wimpie, jy antwoord nie die mense se vrae nie, wat het met die been gebeur?