En die heel beste band in Suid-Afrika lyk so!
Wasserfall kookwater en lewendig gisteraand by Firkin in Boksburg, en dis grootliks hulle skuld dat ek laat in die bed gekom het...
Dankie Dewald en Larry....uhm vir die laat by die huis kom.... julle is awesome, wat 'n show gisteraand, as jy nog nie vir Wasserfall gesien het nie, maak 'n plan en gaan kyk hoe speel die ouens.
So dis lekker naweek en ek kan nie meer wag nie ek gaan more in my bed le tot ek wakker word en dan gaan ek nog 'n bietjie le, en dan gaan ek vinnig shower en dan gaan ek nog 'n bietjie le, dan gaan ek eet en dan ... gaan ek nog 'n bietjie le, dan gaan ek gou kyk hoe speel my almalmater, Hugenote, teen EG Jansen rugby en dan .... gaan ek weer 'n bietjie le, en dan gaan ek nie sommer weer opstaan nie en Sondag.... gaan ek die hele dag om le!
So dis my naweek bietjie kwaliteit spandeer met my bed, verskeie vergaderings met die direksie van Wimpie van der Sandt Produksies en dis about dit!
Ek wou oor baie goed skryf maar het besluit om dit te spaar vir die naweek wanneer ek weer sal blog... Hey dis weekend!
In die woorde van Gerhard Schaap, Enjoy!
Maandag
Wimpie
PS: Wimpie het 'n nuwe gunsteling song!
2 comments:
Hi
Jy sal nie slaap tot jy wakker word nie, 'n mens is te gewoond om jou tyd wakker te word. Ek sĂȘ elke Vrydag aand ek slaap Saterdag tot ek wakker word, ongelukkig word ek soos altyd 5uur wakker.
Geniet jou naweek van sleg wees.
Ina
Great song! Lekker naweek vir jou.
Post a Comment