Thursday, May 8, 2008

Wat het geword van tyd?

18H20, sewentien jaar gelede, ek onthou die tyd en ek onthou alles wat daai dag gebeur het, dis die dag wat Janine vir die eerste keer die lig gesien het, ek kan onthou hoe opgewonde ek was en ek kan onthou hoe ek die volgende oggend 05H00 al by die hospitaal aangemeld het om haar te sien, vandag is sy al basies 'n vrou.... ek is bly en ek is hartseer, bly omdat sy so mooi en volwasse geword het, en hartseer omdat sy nie meer daai babatjie is wat glo die wereld is 'n wonderlike plek en haar pa sonder foute nie... ek is trots op jou Janine en alhoewel ek seker nooit een van daai outoppie pa's gaan wees wat saam jou ma voor die TV gaan neerplak nie, gaan ek saam jou jonk van gees wees en as jy my toelaat... jou beste pel. Lekker verjaar en jou pa is lief vir jou!

Gisteraand 'n great show gaan kyk by Emperor's Palace in die Odeon Showbar, lekker dans opvoering as jy tyd kry gaan kyk dit, amper onmoontlik om stil te sit, choreografie was briljant en ek kon net sit want ek moes, ek het mos 'n besering! Anyway as jy iets ligs soek om te doen gaan kyk gerus, dis die moeite werd, dankie Julie julle ek het lekker ge-eet en gekuier soos altyd het hulle ons weer bederf, ek was saam met HBK van Oos Rand Stereo faam wat weer op sy beurt 'n draai gemaak het saam met Boobs op Boots, nice job!

Vandag gaan maar 'n stillerige dag wees vir my, wil my stil gedra more is 'n lang dag ek het 'n Buiteuitsending by Kia Motors in Boksburg Vrydagoggend en gaan probeer al teen 20H00 slaap vandag. Kom se hallo as jy daar verbykom moreoggend.... bring ontbyt saam!

Gister weer besef dat die mense wat vir jou omgee is die ruggraat van jou lewe, almal verdien daai ondersteuningsraamwerk in jou lewe, en dis 'n voorreg om dit vir ander mense te kan wees, ek dink aan jou wat ALWEER deur 'n moeilike tydjie gaan, probeer daai nuwe image ding, nuwe haarstyl, nuwe huis, nuwe klere, skop die stof van al die ou dinge wat jou laat onthou van die laaste klompie jare in jou lewe af en begin van voor af...

Die eerste ding wat ek gewoonlik doen na 'n langtermyn verhouding of "vriendskap" skeefgeloop het, is om 'n draai by my stylist te gaan maak, dis dan wanneer ek way overboard gaan en my hare sny, kleur, ooghare pluk, baard groei whatever my happy maak en soos 'n stille getuienis staan van die nuwe blaadjie wat ek oorgeslaan het, om 'n nuwe kar te koop werk ook soms. Anyway dis vir my net soos 'n getuienis van die ou Wimpie wat groet en plek maak vir die nuwe een, ou Wimpie, ou verhouding, nuwe Wimpie, nuwe uitdagings, dis omtrent tyd dat jy dit doen, sien uit na die nuwe verbeterde uitgawe van die beste jy wat jy kan wees.... onthou stuur 'n foto wil graag sien hoe lyk die nuwe jy!

So dis dit, Battle of the bands gaan rock volgende Dinsdagaand, die hele Glitterati span gaan daar wees as gas beoordeellaars, ja Gavin Prins gaan ook daar wees, toema Gav sal die bouncers opdrag gee om nie vir Steve toe te laat nie hehehe!

Sien uit julle moet 'n awesome dag he!

Later

Wimpie

8 comments:

Anonymous said...

Ai ek kry knop in die keel dankie pa ek wardeer daardie boodskap regtig dit beteken vir my meer as wat pa weet.

Mis jou al Rea.

liefe jou.

Anonymous said...

Janine Wimpie dit is mooi, behou daai liefde 'n dogter maak nie saak hoe oud sy is nie, het haar pa baie nodig in die lewe, 'n dogter MOET 'n pa figuur ken!! Wimpie jy het my vanoggend ook so bietjie terug gevat in tyd, weet jy as mens gaan sit en dink, dan voel dit asof dit net gister alles gebeur het, my seun was nou die ander dag 19! Ek kan die eenvoudig nie glo nie. my baba'tjie word 16 een van die dae, sy is 'n jong dame, 'n pragige jong volwasse vrou! Haar geboorte was so anders, omdat sy so vreeslik vroeg gebore was, en mens sy was klein, nie eers 'n kilogram geweeg met geboorte nie, sy was 720 g met geboorte! En vandag, Wimpie die HERE was goed vir my en haar, sy leef dit is al wat saak maak!

Janine - Wimpie bly lief vir mekaar, dit is nie so moeilik nie.

Lekker dag vir albei van julle.

Wimpie van der Sandt said...

dankie meermin....

dankie janine!

Anonymous said...

gaan more vir jou kom hallo se sexy, en ek sal breakfast bring!

Anonymous said...

Goeiemore ja nee wat n show....smaak my HBK is on the lose..jy beter recover hulle het nog n show gecancel... het oppad terug draai gemaak by die venue en ja die LEGEND KILLERS word gemis....maar sien uit na die nuwe shows watch this space... J & The LEGEND KILLERS..... not to be missed.... o ja geluk met jou dogter se b.day vandag....

Anonymous said...

Just wanted to say thank you for the nice compliment!!!

Looking forward seeing the LEGEND KILLERS on Tuesday ...thanks for the invite!!

;-)

Anonymous said...

Hey dude ... boobs on boots is my sussie ... PASOP!!!!! Nie verniet 'n rooikop nie.... en DIT moet lĂȘ in die gene.

Anonymous said...

Dankie almal dit was nie te bad dag vir 'n b-day nie.

Janine