Banke beheer die Suid-Afrikaanse ekonomie en ek weet nie of dit so 'n goeie ding is nie, die meeste mense wat ek ken is maar op banke aangewese om huise te besit en karre te kan ry.
In daai opsig is ek jammer maar daar is net doodeenvoudig nie genoeg beskerming vir die Suid-Afrikaanse verbruiker teen die blatante uitbuiting van banke nie, jy moet betaal om JOU geld in die bank te hou,, jy moet betaal as jy kontant by hulle gaan deponeer, jy moet betaal vir die dienste wat hulle lewer, jy betaal vir elke R100 000 wat jy by hulle leen ongeveer R300 000 oor twintig jaar terug, jy betaal amper dubbel die prys van 'n kar as jy die kar by hulle finansier...
Wat my agterent se deksel is, is dat banke met die volgende wegkom...
Jy koop 'n huis en 'n kar teen 'n sekere rentekoers op 'n sekere datum, op daai oomblik kwalifiseer jy vir 'n sekere bedrag, wanneer die rentekoers opgaan soos op die oomblik dan kwalifiseer jy lankal nie meer vir daai bedrag nie en staan jy die gevaar, maak nie saak hoe mooi jy, jou geldsake bestuur nie om jou huis en jou kar te verloor sonder dat jy enigiets verkeerd gedoen het, die bank aan die ander kant loop geen risiko nie dink mooi daaraan, die enigste persoon wat die risiko loop is jy!
Banke is bliksems klaar dis hoekom mense wat nie op banke verlee is nie, die ouens is wat die geld maak in die lewe, mense wat op banke staatmaak is die ouens wat aftjop, vat nou maar die storie van die ou op Carte Blanche gisteraand wat sy huis verloor het nadat die bank geweier het om hom uitstel te gee om te wag vir sy pensioen om uit te betaal, verregaande! Ekonomiese agteruitgang.... blameer maar die banke!
Die naweek 'n lekker ene gehad, Vrydagaand bietjie na een van my kunstenaars se optrede gaan kyk, Saterdag lekker laat geslaap voor ek Firkin toe is in Boksburg om twee van my DJ's in aksie te sien, voor dit gou na 'n band gaan kyk... die Stoned Castles.... ou toppies, hulle speel nie vir geld nie, hulle het dit nie nodig nie... die Tromspelers is 'n landros met 'n drumkit wat seker so R100 000 werd is, die lead guitarist is 'n advokaat, verstaan jy as ek se hulle het nie die geld nodig nie, hulle speel 70's rock, Uriah Heep, Bad company, Led Zeppelin en so aan, awesome ek het die uurtjie terdee geniet...
Gister Wimpie dag gehad in die bed en die naweek afgeluit met The Departed op M-net, awesome movie!
Die week wat voorle is ek in die recording studio, ons is besig met Rea le Roux se derde CD, ek en die producer het Saterdag oggend gou 'n meeting gehad, ek is opgewonde ek dink ons is op die regte pad met die nuwe CD, jy gaan aangenaam verras wees, ons begin die week met opnames, en terwyl ek daarmee besig is, ek het sommer lekker nuus oor Wimpie Records wat ook intussen gebore is.... hehehehe, vertel later meer.
Battle of the bands se finaal is intussen gefinaliseer, die besprekings maak die week oop R60 per persoon vir 10 bands insluitende Jakkie Louw en Snotkop onder andere, ek gee more al die inligting!
'n Hengse skok gekry oor die naweek toe my almamater, Hugenote teen EG Jansen kragte meet op die rugbyveld, die resultaat, die eens trotse Hugenote gee boedel oor en verloor 79-8! Eish en eina!, Gelukkig was ek in die seunskool.... wat nie meer bestaan nie.... so eintlik bestaan my ou skool nie meer nie!
Okay dis ek vir nou!
Wimpie
Ps glo jy aan aliens.... kyk die video!
Monday, June 2, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
6 comments:
Ja jou DOOS jy kan maar lekker kak praat en laat weet toe niks omtrent die kaartjies van Andre Swiegers nie, maar ja ons was daar en dit was regtig flippen nice, nou se jy mense moet nie van jou kak praat nie.Maar ek neem hulle nie kwalik nie.Hulle kan mos nie help hulle praat die waarheid nie.
Jy kan maar ook jou blog sluit soos SSSB want jou probleem is dat jy net tussen zero en fokkol hits het.
Yes Wimpie my ou skool (EG) is net baie goed ou chom moenie sleg voel nie
Ag brein, en waar val jy nou uit?
Seker niks om te doen nou dat sssb sy gat gesien het nie!
Sjame, siestog, foei!
Griffel
eish, geluk met jou skool, moes nou net weer 'n epos antwoord van 'n ontstoke oud-hugenote onderwyser wat my aanvat oor wat ek vanoggend oor hulle skool gese het....
brein, ja is seker so, mabe maak ek jou happy, het jou boodskap eers vanoggend gekry so sorry, moes nog klank doen vir 'n kunstenaar ook tussen alles deur vrydag so ek kon dit nie maak nie en het nie jou nr by my gehad nie, sorry oor ou steve breintjie...weet jou hartjie seker seer hehehe.
dankie anonymous (((ek weet wie))
Geld praat as dit by skole sport kom ou maat, ek gaan binnekort 'n storietjie daaroor skryf op my blog en sommer so bietjie die storie met Rautie Rautenbach en ander bespreek. Ek sal jou op hoogte hou.
griffel ek het nou die dag onderhoud met rautie gehad.... sien uit sal gaan kyk op jou blog
Post a Comment