Wednesday, June 4, 2008

Battle Rock and Roll!!

Klipdrift Battle of the Bands is in die pylvak en hier is waar ons staan na gisteraand se tweede laaste rondte voor die uitkloprondtes begin....

17 junie - Wildcard 1
Wysdiman
Scintilate
Scaffold 37
Vernzevolution
Cunning Brad
Suiwer
Finding Noah
Steeple Jack

24 Junie - Wildcard 2
Hansie Slim
Krimineel Cerenity
Duskant Ombliksem
Among the few
Untold Legacy
Root of Eternal
Blinde Horison

Sover deur na die Semi Final op 1 Jule waaruit die vier bands vir die final op 19 Julie gkies sal word.
Die Maverick
Mrs. B
Whining Orphans
Sacret
The Reason
Motel Inc
Ladiva

Twee Bands sal deurdring uit elke Wildcard rondte na die semi-final op 1 Julie en die vier bestes uit hierdie rondt ding mee in die final op 19 Julie 2008 in die Big Top by Carnival City saam met Snotkop, Jakkie Louw, Gerhard Steyn en Joe F.







Kaartjies kos R60 per persoon en is beskikbaar by Computicket, daar gaan sewe ure se Topklas musiek wees, Biertuine, Spesiale aanbiedinge op Klipdrif natuurlik! Kosstalletjies en die heel beste in Suid-Afrikaanse musiek is wat jy kan verwag op 19 Julie... EK KAN NIE WAG NIE...

Volgende week is die laaste rondte en ons gaan weer 'n volhuis he, sorg maar dat jy vroeg by Carnival is!

Die uwe is bietjie siek, voel nie te waffers nie... dink ek werk te hard! Ek is 'n baie interessante pos aangebied, uhm ek dink daaroor! Verder kan ek nie se nie.

Hardloop gaan kry jou kaartjies vir die Klipdrift, Wimpie van der Sandt Produksies Battle of the Bands eindstry op 19 Julie, ons wil dit juis bekostigbaar maak vir ALMAL, dis hoekom jy nege bands kry, meer as 7ure se vermaak vir R60, beat that sunshine!

Sien julle daar, Wimpie gaan vandag gou probeer gesond word, Later!

Wimpie

1 comment:

Anonymous said...

Wimpie maar jy is ook meer siek as gesond die laaste tyd!! Laat jou opneem en word 100 % gesond! Lekker aand vir jou.