Ek maak gister 'n draai by die winkels, dis net eenvoudig ongelooflik om te sien wat basiese benodighede kos, by die Quickshop om die draai van my huis kos 'n 2l melk amper R24, petrol raak aan R10 en dan praat ek nie eers van margarien of kookolie nie, waspoeier is vir alle praktiese doeleindes R50 vir 2kg!
En dan is daar nog jou werklikwaar Afrikaanse musiekkunstenaars wat tussen R30 000 en R40 000 wil he om in pubs te gaan sing, dink vir jouself 'n pub wat 400 mense vat moet nagenoeg R100 per kaartjie vra en elke sitplek uitverkoop net om die kunstenaar te betaal voor hy een sent sien, en ek gesels daagliks met baie mense wat shows doen en kunstenaars gebruik en hulle is dit eens hulle kan nie meer nie...
Dis al vir vandag ek praat Maandag verder oor dieselfde teer puntjie...
Dink solank die naweek of jy nog kan bekostig om R400 vir jou en jou vrou en twee kiddies te betaal om 'n show te gaan sien, sonder kos, drinkgoed of petrol om daar te kom.... Ek vra net!
Friday, June 6, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Dis erg, en dis wat ek moet betaal om by InniBos te loop kuier op die einde van die maand. (R100 / kaartjie)
Weer aan die anderkant, is al die show's weer gratis en ingesluit ... eintlik is dit waarde vir geld, of wat se ek Wimpie.
O jaaaa Wimpie, onthou jy ek het verlede jaar genoem jy moet die jaar by my kom kuier/bly vir die Innibos fees, maar soos jy ook seker weet, is ek nie meer in Nelspruit (snik!!) hoe lyk jou planne, gaan jy steeds die jaar 'n draai daar maak? Dis sal lekker wees om saam 'n spier-verslappertjie te geniet.
Eben
Post a Comment