Elkeen van ons het maar 'n ding wat ons nie kan doen nie, ek ook...
Myne is rigtings, ek het nie 'n clue nie, ek ry altyd die langste moontlike pad nie 'n plek toe, dis nou as ek in die eerste plek daar uitkom!! Dis hoekom iets soos GPS vir my nie 'n ekstratjie is nie, maar 'n noodsaaklikheid!
Ek dink dis iets waarmee, of in my geval waarsonder jy gebore word en dit frustreer my in die lewe in.
Nog iets wat my eindeloos frustreer is Windows Vista....uhm ja wat 'n klom rubbish!
Anyway ek is weer vandag 'n goudvissie, 'n goudvissie is wanneer ons 'n lewendige uitsending het van iewers af, jy sit in die buiteuidsendingseenheid en mense loer vir jou deur die vensters en jy moet mooi glimlag vir almal.... hehehe!
Ons is lewendig vanaf die Springs skou vandag en more, maak my senuagtig want ek weet nie wie haat my genoeg om my te kom uithaal nie...
Anyway ek praat weer more, bietjie meer as jy naby genoeg is kom se hallo!
Wimpie
Thursday, June 5, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
4 comments:
Ai ai Wimpie, watter mooi herinneringe bring jy nie terug. Daardie jare in die laat 60's en vroeer 70's toe almal nie TV's gehad het, dan was die omroeper ons helde. Nou as daar Pta skou is, dan kan jy nie gou genoeg 'n draai maak by die radio stalletjies om die mense te ontmoet. Dan as jy gelukkig is, kry jy 'n foto van die persoon met sy/haar handtekening op.
Ja so was dit ook toe ek in Nelspruit gewoon het. Daar het 'n man saam my gewerk wat na-ure uitgesaai te via Radio Laeveld (nog steeds) en eendag gesels ek met my mede kollega's en die tannie noem hoe mooi stem het Herman en hy speel lekker musiek uit die 70's. Toe noem ek " ... maar tant Chrissie, weet jy wie is Herman, dis onse Herman!" Sy val amper van haar stoel van verbasing dat hy onder onse neuse werk en niemand weet dit.
Wimpie geniet dit uit daardie koue Springs en onthou, waai maar en smile.
Eben
O jaaa Wimpie, moet asb nie saam my ry nie, dan gaan ons op mekaar skree. Ek is eers rigting bef@#$%!
Dis my en Marilee se grootste issues en fights ... ek verdwaal en dan word ek vir myself kwaad!!
Eben
hehehe en jy wil nie erken jy is verdwaal nie!
Ja vir ons is 'n GPS ook 'n noodsaaklikheid. My man se werk is om kaarte te kan lees en dan raak hy so gefrusteerd as ek nie die paaie kan kry nie. Ek draai daardie mapbook alle kante toe maar kan dit net nie lees nie. So 'n GPS keer ons enigste fights.
Beertjie1
Post a Comment