Tuesday, June 3, 2008

Word ek dalk siniel of oud?

Elkeen van ons kom seker by daai stadium in jou lewe waar jy jou toekoms heroorweeg en dink of dit wat jy doen nog steeds jou droom is en of jy nog lus het om dit die volgende tien jaar te doen...

By so 'n punt is ek, moenie my verkeerd verstaan nie ek geniet wat ek doen, maar is ek nog lus vir die 05h00 opstaan, met 'n lyf vol griep en medisyne in die middel van die winter, ek word nie meer jonger nie en is nie meer vandag se kind nie, in 'n mate is dit seker maar my eie skuld ek lewe nou nie juis die lewe van 'n priester nie, niemand gaan my seker kan beskuldig daarvan dat ek nie 100% lewe nie en niemand sal seker kan se dat ek my 40 somers lyk of optree nie...

Bottomline is ek is nie meer 'n kind nie en ek is moeg om elke enkele dingetjie wat ek doen te verduidelik en/of te regverdig, moeg om deur mense gekritiseer te word wat op hulle agterente sit en geld maak uit my uit.... in die algemeen dink ek 'n twee weke vakansie is die aangewese ding, o ja en ek soek 'n P.A soos in dringend as jy van iemand weet, kontak my, ek is seker nie die moeilikste mens in die wereld om op te spoor nie hehehe!

Ek sien Steve is klaar gespoeg, om eerlik te wees ek begin ook op daai punt kom waar ek ook begin wonder vir wie skryf ek elke dag, gesiglose mense wat ek nie ken nie wat deel in die avonture van Wimpie van der Sandt? Vir watter rede nou weer?? Om jouself oop te maak vir kritiek en beskuldigings en beledigings, hoekom nou weer...

O ja ek doen dit om rekord te hou van wat in my lewe gebeur, jy sien ek probeer rerig soort van 'n dagboek hoe van die gebeure in my lewe. Dan het ek ook weer iets van myself uitgewerk die afgelope paar dae, het jy al gewonder hoekom sal jy partykeer iets uitstel tot op die laaste oombliik, ek is ook so, wel ek hou van pressure dis asof ek nie sonder dit lekker kan funksioneer nie, dis 'n swakpunt ek weet en dis hoekom ek 'n PA nodig het wat al my idees in werking kamn stel.

Anyway dis genoeg geteem van my af vir een dag ek dink ek is net bietjie olik ek dink ek is besig om siek te word en kry myself net so 'n klein bietjie jammer en ja die pressure op my is groot op die oomblik en ek geniet dit, maar tog nie... maak nie sin nie ne... ek se mos ek is rerig besig om siek te word.

Vanaand is die tweede laaste rondte van battle of the bands by Carnival City, hierna bly net een dindsdagaand oor voor die drie uitklop rondtes.

Die eindstryd is op 19 Julie, vier bands in die eindrondte by die Big Top Arena in 'n sewe uur lange vertoning wat beloof om jou gaan Rock & Roll, die ander bands wat gaan optree is Snotkop, Jakkie Louw, Joe F, Wasserfall en Gerhard Steyn se band, saam met die vier bands wat dit maak tot in die final...

Biertuine en Cider tuine, hotdogs en hamburgers galore en sewe ure van die heel beste Suid-Afrikaanse musiek op die planeet, mmm moenie dit mis nie jy kry 9 bands, en sewe ure se musiek, lewendig.... vir net R60, ons wil nie geld maak nie ons wil jou wys watse talend is daar in Suid-Afrika, so kom kyk vir jouself!

Sien jou vanaand...

Wimpie

2 comments:

Anonymous said...

Wimpie dalk word mens ouer en meer gatvol vir dieselfde dinge in die lewe, wil die sirkel nou nie maar reguit word nie??

Blou Bul said...

Meermin jy het `n punt beet.

Anonymous,na aanleiding van jou commend gister:SSSB is en was nog nooit my lewe nie, moenie oor wat al die jare tussen jou en Steve verkeerd geloop van jou `n lelike vrou maak nie, ek dink per slot van rekening jy is nie die vark in die verhaal nie en jy is `n stunning vrou.(JvdV).Die Brein like jou.Maar ek moes ou Wimpie bietjie gas gee.