
Okay ek is soos 'n klein seuntjie met 'n nuwe speelding, vanaand is die laaste rondte van die Klipdrift Battle of the Bands en die opgewondenheid het my beet, big time, die hele geleentheid word vanaand opgeneem vir 'n pilot TV program wat op televisie uitgesaai gaan word en wat volgende jaar 'n TV reeks gaan wees, waar en wanneer laat ek later uit die mou, wat wel belangrik is, is dat ek jou vertel dat die aanbieder van die program Dewald Jordaan is, die boetie van Arno Jordaan, en die ander aanbiedster, is 'n verrassing wat ek more kan verklap...


Eerstens aan my twee mede stooges, Wimpie en Rian van Klipdrift, manne dit was awesome eki het dit so geniet en ek is bly dat julle kon sien hoe alles so voor julle oe gebeur en transformeer van 'n idee na dit wat julle saam my die afgelope 10 weke op die verhoog gesien het.

Baie dankie aan die hele span by Carnival City, Jaco, Yolanda, Nicole, Lisa, Bruce en Robert, die klankmanne, Siswe en sy crew, dankie aan al die borge, spesifiek Paul en Johan van Next music en laastens maar nie die minste nie, dankie aan die meer as 'n honderd bands wat gesorg het dat hierdie BOTB KOOK!

Ek hoop nie ek het iemand uitgelaat nie, as ek het dan is ek jammeer.
Sterkte aan al twaalf bands vir vanaand, julle voel vir my kinders en as ek my sin kon kry vat ek julle almal final toe, maar op die einde is daar net plek vir vier bands, so sterkte aan almal!
Die Maveric

Whining Orphans
Cunning Brad
The Reason
Zaltara
Ladiva
Motel Inc
Scaffold 37
Scintilate
Hansie Slim
My untold Legacy.

More!
Wimpie
7 comments:
Hi, Wimpie
Ek wardeer baie van die goed wat jy doen en sĂȘ soos jou veldtog teen drugs, jou betrokkenheid by afrikaanse musiek ens, maar as dit kom by goed waar jy niks an kan doen nie, soos die weer is jy maar n pyn. Miskien moet jy maar daai nuwe kar van jou instuur sodat hul sy temp lesings kan na sien. Die weer voorspelling maak ook maar net n gemiddelde voorspelling vir Johannesburg wat nie noodwendig akuraat gaan wees vir Springs nie. My temp lesing het van Tonk Meter weg tot Ergo weg met 4.5° verskil.Die gemmideld vanaf Springs tot en met Germiston was ongeveer +3°. Hou dus op om so n softie te wees. Hou aan om die dinge wat jy goed doen te doen en aanvaar die weer soos God dit vir ons gee
groete,
Gerrit
ai gerrit ek dink nie jy luister mooi in die oggend nie, ek HOU van die winter en die weerburo se voorspellings in die oggend is selde in die kol dis juis die punt!
Wimpie
Ek het nie 'n clue wat die grade hier is vandag nie, maar dit is moer koud buite!! Seker -40 of baie naby aan dit!! Byna verkluim toe ek net nou hier uit is!!
Hi Wimpie,
Ek dink regtig jy moet gesonder begin lewe, dalk gaan die hoofpyne weg of word bietjie beter. Dalk n bietjie gewig verloor kan ook help. Ek is bekommerd oor jou gesondheid maar jy is al een wat iets daaromtrent kan doen. Begin vandag en kyk hoe voel jy oor n week dan laat weet jy!
groete
Daar is absoluut niks fout met Wimpie se gewig nie. Dink net hy werk te hard.
Dalk te veel GIRLS??
Het biki n boep..
wimpie hoekom ni n inskrywing vandag nie? Seker moeilik as jy eers 4 uur die huis instap en dan nog die girls te entertain? Ja ons sien hoe hard jy werk! Haha
net vir julle info, daar was meer as 500 mense gisteraand by BOTB en ek het eers na 4 in die bed gekom.... daar sal eers more 'n inskrywing wees.... ek is bietjie paste..
Wimpie
Post a Comment