
Tot my skok moet ek toe nou besef die heel belangrikste ding in die lewe is geld, en geldmaak, en vriendskap, lojaliteit en wat ookal beteken dadels in die wereld van geld en geldmaak.
Ek was nog altyd iemand wat glo aan sien leef en laat leef, die koek is groot genoeg vir almal en daar is 'n plekkie in die son vir almal, wel ek bieg vandag nederig ek is/was verkeerd en die ou engelse gesegde van dog eats dog is die waarste gesegde in die wereld. Ai!
Ek wens ek kan die volle verhaal vertel, maar glo my dis net nog 'n verhaaltjie wat in my ou swart boekie ingaan en eendag wanner die tyd reg is en ek begin skryf aan my memoirs.... dan vertel ek 'n paar stories wat jou hare sal laat reis, ek kan ook baie stories vertel wat ek verkies om nie nou te doen nie, dit maak enige toekomstige stories soveel minder interessant, alles en ALMAL is nie soos jy dink hulle is nie en sommige mense sal elke moontlike truuk in die boek probeer om jou te sink en elke moontlike stukkie snert kwytraak om 'n monopolie op elke moontlike wyse in enige gegewe bedryf te kry, ek aan die ander kant het een ding aan my kant en dis lojaliteit, mense wat die paadjie saam my stap en verstaan wat my maak tick, jy kan nie my lojaliteit koop met enigiets nie, dit word verdien, as jy dit het dan sal ek enigiets vir jou doen en baie klippe vir jou uit die weg ruim.... dis maar net hoe dit is en dis ongelukkig NET dit wat my maak tick...
Eendag sing ek dalkies nog soos 'n pappegaai wat op 'n gevorderde taalkurses was, tot dan sal ek die stil een bly, maar weet net een ding, 'n lessie wat ek by 'n vriend geleer het, maak papiere bymekaar en probeer maar gerus 'n bos afkap met al die papierwerk wat jy nodig het, en nog 'n ding skryf alles neer wat gebeur sodat jy nie dalk iets uitlaat nie.
Dreig ek iemand? Nee. Hou aan en ons kyk dis nie 'n dreigement nie, dis 'n gegewe...try my!

Almal met wie ek gesels en almal van die bands wat ingeskryf het is dit eens dat hierdie BOTB was die beste en mees professioneelste wat hulle nog aan deelgeneem het, en almal kan nie wag vir volgende jaar as ons dit weer doen nie.

En my regterhand Anita van Blue Division, dankie julle, ek het maar net julle almal se energie gevat en in een rigting gekanaliseer, die eindresultaat was 'n event waaroor almal in die "regte" musiekbedryf praat.

Agt ure van musiekplesier op 19 Julie, dis waarvoor jy in is, en dit gaan nie wees soos so baie shows waar jy aankom en die stage lyk half leeg met twee monitors, 'n cordless mic en 'n CD player nie.... ek belowe, hierdie is regte musiek met regte musikante wat dit doen vir die liefde van die saak en glo my ... HULLE KAN!
Kaartjies, by Computicket kos R55, vir 8 bands, R4-25 per band, waar kan jy beter waarde vir geld kry, ek verstaan die volk is broke dis hoekom hierdie show nie gaan oor geldmaak nie, dit gaan oor die musiek... volgende jaar, sonder om die aap uit die mou te laat oor die tientalle vergaderings wat ek daagliks bywoon om te verseker dat hierdie volgende jaar die plek op die vermaakkalender kry wat dit verdien, dan gesels ons weer oor geldmaak, maar nie die keer nie!

Hey gaan kry jou kaartjies sommer nou waarvoor wag jy kliek sommer by www.computicket.com
Later
Wimpie
3 comments:
ek weet waarvan jy praat kan net nie glo dit het jou so lank gevat om dit uit te werk nie
Partykeer kom goete terug wat jy aan andere gedoen het...
Wimpie
Ek is bly jy het al n aand vroeer in die bed gekom en ek glo jy het die volgende dag beter gevoel..... My ma het altyd vir my geleer ek het net een naam en ek kan nooit ooit tyd terug draai nie. Ook dat ek nooit my agterdeure moet toemaak nie. As jy skaam of onseker voel oor iets wat jy wil doen LOS dit! Doen altyd dinge wat jy aan jouself gedoen wil he. So my hele lewe van 31jaar watch ek my step. Jy het nog baie jare wat voorle moet nie dieselfde foute maak nie.
Partykeer moet n mens selfondersoek doen en kyk waar le die fout... Maar nou ja n mens moet eers die balk uit jou eie oog uithaal ne..
Lekker dag
Post a Comment