
So Saterdag is besig om nou met 'n hengse gejuig nader te kom, al wat ek kan se is as jy dit mis is dit jou eie skuld, iemand het 'n kwaadwillige rumour versprei dat kaartjies uitverkoop is vir die show, wel dit is nie.
Ek het nie lus vir baklei vandag nie so ek gaan nie. Ek het baie werk om te doen vandag want die laaste twee dae het ek niks gedoen nie, ek kon nie, vandag is 'n ander storie, hier is vir jou goeie raad as jy siek is, bly in die bed kry rus in en drink jou medisyne, dit help dadels om siek en misrabel by die werk te gaan sit, wat bewys jy aan wie?
Op facebook is daar die teen die tyd, berugte, "Ek haat Wimpie van der Sandt" groepie gestig deur 'n eksmeisie se broer wat gou al sy universiteitsbuddies gekry het om by die groep aan te sluit...
Daar was 'n tyd toe dit my gepla het maar dit doen helaas nie meer nie, inteendeel ek hou nou daarvan.... jy weet mos dit bly publisiteit en laat hulle lyk of hulle suurdruiwe het, hoe dit ookal is ek kry gisteraand hierdie e-possie:
Hi Wimpie
Lanklaas gemail en sorry lanklaas na jou show geluister, maar dis niks
teen jou nie (so bietjie op die FM Classic stage). Rede hoekom ek jou
mail is ons het Facebook gejoin en sien toe daar's hierdie snottie
"profile" van jou.
Weet dit beteken seker nie veel nie maar gaan steeds my (ons, ek en my
gesin, Elri van Hugenote) se opinie gee.
Ons laaik jou kwaai en jy moet onthou die hoogste bome vang die meeste
wind. Jou uitgesprokenheid sal natuurlik opslae maak en dis gewoonlik
die mense wat nie "skerp" genoeg is om op 'n opgevoede manier kan
redeneer oor verskille in opinies, wat hierdie tipe stellings maak.
Vat maar die kretiek van wie dit kom en neem 'n (soos jy is) "opgevoede"
besluit oor wanneer jy dit belangrik genoeg ag om te reageer. Ons hou
daarvan dat jy sterk voel oor opvoeding, eerlikheid, opregte mense en
die belangrikheid van 'n gemeenskap wat moet saam staan.
Probeer nie jou ego streel nie want jy's ok met jouself. Hou aan wees
soos jy is.
p.s.
Gaan sommer nou weer punt maak om jou show te luister, cheers.
p.s.s.
My ma (KK onderwyseres) se jy het die "grandste" dogter.
Groete
Jakes en Elri Kruger
Dankie Jakes ek waardeer dit, en ja my dogter is awesome, en mooi en ek moet se sy is slim ook.
Later
Wimpie
2 comments:
More Wimpie
Ek stem 100% saam. Wees jy net jy. Ek het ook die facebook profile gelees lankal en weet dit is die p@**H@l wat dit begin het. Ek dink nie facebook is altyd goed nie, Hansie het vir my ook 'n profile geskep. Ek dink 'n mens se identiteit kan so gesteel word want een of ander ashole het ook vir Steve 'n profile geskep.
Ek dink ook Janine is pragtig net so is Wian.
Lekker dag vir jou
Ina
Wimpie ek was seker 'n maand laas op Facebook, nog maar skrikkerig vir Facebook. Ina hi jy!!
Lekker dag verder.
Post a Comment