
Ek is nou by die punt waar die jaar maar gerus kan verbygaan en volgende jaar maar kan kom.
12 Maart tot 19 April 2009 is dit tyd vir die groot roadshow. Joe F, Scintillate, Hansie Slim, Motel Ink en Ray Oberholzer vat die pad vir vyf weke in 'n toer wat Bloemfontein, Kroonstad, Upington, Namibie, Melkbosstrand, Stellenbosh, Vredendal, Port Elizabeth, Jeffreysbaai, Nelspruit, Sabie, Witbank en Rustenburg sal insluit.
Drie en twintig shows in 38 dae, ek sien uit daarna, ek kan eintlik nie wag nie. Joe F is 'n ou bekende en een van die beste rockers in die land, gister 'n paar baie lekker stories met hom gedeel oor vorige toere.

Jy kan Schimmer by Aardklop in aksie sien by Bourbon Street sowel as Motel Ink wie se beplanning vir hulle CD op die oomblik, in 'n gevorderde stadium is.
Moenie vergeet van die twee BOTB CD launches wat more, ja dit is nasionale braaidag! by Firkin Centurion en Saterdag by Firkin Boksburg plaasvind nie, hier is die program weer:
Scintillate (4) 23H15 -0000
Hansie Slim (4) 22H30 - 23H15
Motel Ink (6) 21H45 - 22H30
Ladiva (4) 21H00 - 21H45
Cunning Brad (3) 20H15 - 21H00
Die Maverick (5) 19H30 - 20H15
Whining Orphans (5) 18H45 - 19H30
Scaffold 37 (4) 18H00 - 18H45
Zaltara (4) 17H15 - 18H00
Root of Eternal (5) 16H30 - 17H15
My Untold Legacy (5) 15H45 - 16H30
Silhouette (2) 15H00 - 15H45
Sorg dat jy daar uitkom en kom se hallo, ek sal jou update met alles wat jy wil weet... hey jy weet nooit miskien kom se Anton Goosen ook dag!
Ek glo nie ek gaan more blog nie ek het 'n lang dag wat voorle en baie om te doen maar wanneer ek Donderdag terugkom vertel ek jou waar ek oral by Aardklop gaan wees.
Later
Wimpie
No comments:
Post a Comment