Thursday, May 31, 2007

Droomvrou en ander liedjies! Stakings.

Sjoe okay laat ek dink, verskillende liedjies het verskillende betekenisse vir verskillende mense op veskillende tye, maak dit sin?
Laat ek verduidelik. Vandag staan ek op en ek is in 'n verhouding met Jessica Simpson....in my drome ja.... maar dis nie die punt van die gesprek nie... vandag staan ek op in 'n verhouding met mej. Simpson en die eerste liedjie wat ek hoor, op die radio, tv, cd speler waar ookal som my gevoelens op hoe ek op daardie oomblik voel, die persoon wat my op daardie oomblik gelukkig maak is die persoon waaraan ek dink en daardie liedjie word dan 'ons' liedjie.
Dit beteken nie noodwendig dis daai persoon se liedjie nie, inteendeel dit som net op hoe ek op daardie oomblik voel...
Maak dit enigsins vir jou sin, ek weet self nie dis net hoe ek dit sien, miskien is ek simpel maar ek hoop dit beantword die comment van 'een van my vele x'e'.
Wanneer 'n mens by 'n punt in jou verhouding kom wat jy besef iets werk nie uit nie is dit nooit lekker nie...
Ek het al vele verhoudings gehad en hulle almal het vir een of ander rede nie gewerk nie, dit maak nie van die ander persoon 'n slegte mens nie, dit beteken net dit het nie gewerk nie en dat dit tyd is om aan te beweeg, ek het nog nooit 'n slegte woord gese van enigeen met wie ek in 'n verhouding betrokke was nie, as dit nie uitgewerk het nie, beteken dit net julle is nie compatible nie, maak nie van een van ons twee slegte mense nie en dis wat mense vergeet, op 'n tyd in jou lewe het jy vir daardie persoon iets gevoel, dis tog hoekom julle saam was, en op 'n tyd was daar 'n liedjie met spesiale betekenis vir julle altwee, dit beteken nie, Droomvrou is nou skielik nie meer 'n mooi song nie en ek mag nooit weer daarna luister of vir iemand anders se om na die woorde te luister nie, dit bly 'n great song en dis niemand in besonder se song nie, toe ek en my eks-vrou getroud was het ek baie daarna geluister want ek het van Matthys se weergawe daarvan gehou, ek het nie eers meer die CD nie, so om jou vraag te antwoord eerlikwaar dit was vir baie mense in my lewe wat vir my spesiaal was en ek is seker jy is ook nog vir my spesiaal want ek verkwalik nooit niemand in my lewe vir niks nie, kom ek se sommer nou hier vir al my x'e wat my blog lees, julle was almal op 'n tyd vir my baie spesiaal en ek hoop regtig julle is almal gelukkig en het gekry waarna julle soek, en ek is ernstig, jammer ons het nie uitgewerk nie, maar dit beteken nie ek het nie die reg om ook iewers geluk te vind nie, so gun my die geleentheid om daarvoor te soek tot ek dit vind, ek gun dit vir julle, gun dit vir my, wanneer ek dit vind, SAL EK MOERSE BLY WEES... nee ek grap net, maar dan sal ek 'n commitment aan iemand maak, maar nie voor dan nie.
Dankie aan my ou pel Harry Straus vir sy comment van gister, as jy dit nie gesien het nie, gaan lees gerus gister se comments...Amen Harry is al wat ek kan se!
Twee vermeende kindermoordenaars het vanoggend hul ander vriende gaan haal om die bebloede lykie van hul agtjarige skoolmaatjie te sien nadat hulle hom vroeër glo met ’n tuisgemaakte byl doodgekap het.
Watse siek samelewing leef ons in, om aan te sluit by gister se posting, ek wonder hoeveel keer het hulle pak gekry by die huis?
Dis net plein siek man!
Hoop dit antwoord die vrae van al my "x'e".
Die woorde van drrovrou soos geskryf deur Lukas Maree, en ek soek nog na haar!:

EK SOEK NOU VIR JARE AL NA HAAR
MET ‘N HONGER HART WAT NET NIE WIL BEDAAR NIE
SY’T MY WAKKERWERELD SKOON DEURMEKAAR GEMAAK
DAN DROOM EK OOK NOG ELKE AAND VAN HAAR

SY’S ALTYD MET HAAR RUG NA MY GEDRAAI
HAAR GESIG HOU SY GEHEIM EN
HAAR NAAM DIE MOET EK RAAI
MAAR EK WEET EK KEN DIE MEISIE WAT DAAR STAAN
EN EK WENS EK KON NET NADER AAN HAAR GAAN

AS SY TOG MAAR NET EEN KEER OM WOU KYK
WANT EK WONDER WIE SY IS EN HOE HAAR OE LYK
EK WEET EK KEN DIE KURWES VAN HAAR VLEES
EN EK WEET EK KEN DIE WARM VAN HAAR GEES

NET NOU DIE AAND, TOE KYK SY SKIELIK OM
EN EK MOET ERKEN EK WAS TOT IN MY SIEL VERSTOM
DIE SOEKTOG NA MY DROOMVROU WAS VERBY
WANT SY WAS TOE AL DIE TYD MAAR JY

KOOR
HIERDIE IS ‘N LIEDJIE NET VIR JOU , DROOMVROU
EN EK SING DIT, JA EK SING DIT NET VIR JOU
EN EK HOOP AS JY DIT HOOR SAL JY ONTHOU, DROOMVROU
DAT EK JARE LANK GESOEK HET NET NA JOU

Honderdduisende staatsamptenare gaan vandag strate toe in die grootste landwye staking wat Suid-Afrika nóg gesien het.

Die vakbonde het gister opnuut hul voorneme om die staatsdiens tot stilstand te dwing, onderstreep en gesê grootskaalse ontwrigting van dienste is vandag die voorland.

Gelukkig het ons darem almal e-pos, ek dink ek staan neutraal teenoor die staking wat vandag begin, kyk net na die verhoging in die petrolprys, dit kos die gemiddelde motoris in Suid-Afrika op die oomblik iets soos R240 per maand meer aan brandstof as verlede jaar die tyd.
Ek weet ook nie so lekker van 'n 6% verhoging nie, kom ons hou maar net duim vas die staking is vreedsaam en sonder beskadiging van eiendom en al die lelike dinge wat saam met stakings in Afrika loop!
Gesels weer oor die naweek
Later
Wimpie

7 comments:

Anonymous said...

Op 'n minder soetsappige noot. Great vir die NRP!!! Nou vra ek jou. Verstaan mense net nie die nuwe wet nie of verstaan ons net nie die verskil tussen dissipline en tugtiging nie? Lees weer:...."Dié wysigingswet, wat eergister eenparig in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) goedgekeur is, bepaal onder meer dat geen vorm van lyfstraf deur enigiemand op enige plek aan ’n kind toegedien mag word nie."

Let wel!!!! Lyfstraf! Nie dissipline nie!! Hoekom word lyfstraf altyd geassosieer met dissipline? Hoekom moet gesag afdwing word in plaas daarvan om dit te verdien? Is ons ouers dan te slapgat om 'n tipe dissipline toe te pas buiten lyfstraf? Lyfstraf is nie onderworpe aan dissipline nie!! Jammer!! Lyfstraf is onderworpe aan geweld. 'n Tradisionele pakslae mag vir jou dalk 'n paar warm houe op die gat beteken maar vir mr "pshycoboy" oorkant die pad of mr "tenssed-up" om die hoek mag dit dalk 'n bloedneus, 'n sweep oor die rug, gebreekte ribbes of 'n gekraakte arm beteken. Die NRP het eenvoudig 'n streep getrek en GEEN uitsonderings gemaak nie!! Ouers sien lyfstraf as 'n vinnige uitkom kans. 'n Vinnige "ek maak soos die tradisionele christen en tugtig my kind en sus my gewete daarby" ding. Dis barbaars om geweld uit te oefen as 'n sogenaamde vorm van tugtiging om sodoende dissipline te handhaaf. Dit dui op swak karakter. PS! Wonder net waarvandaan kom hierdie klein kindertjies se idee om hul maatjie so te SLAAN tot die dood? Vra net

Wimpie van der Sandt said...

Baie goeie punt wat jy maak maar ek gaan van die veronderstelling uit dat die meeste mense inherent goed is en die phsyco's waarvan jy praat in die minderheid is....

Anonymous said...

Wimpie ek is so trots op jou dat jy so wonderlike dinge se oor jou ex'e, dat jy nog dink hulle is almal spesiaal, is fantasties. Ek is so bly dat dit nie gewerk het nie want nou het ek jou vir myself!
Wat nou saak maak is dat ek Jou girl is en wie ookal stry oor hulle song, is maar hulle probleem. Want in die regte lewe gaan dit nie net oor 'n song nie, dit gaan oor wat jy vir daardie persoon voel op daardie oomblik. En op hierdie oomblik weet ek jyt my lief en ek vir jou.

Annel

Anonymous said...

Net 'n dom vraag , wat het gebeur toe die doodstraf weg gevat is . Kyk hoe lyk 'JOU' land . Nou vat hulle nog 'n ding weg wat werk om dissipline in jou kind te kry as daar geen ander manier is nie . Ek slaan nie graag aan my kind nie en die trane het al na die tyd geloop . Ek is 'n man en het so groot geword . Ek het baie respek vir my ouers en is dankbaar vir die manier waarop hulle my groot gemaak het . 'Slotsom' dit het my 'n beter mens gemaak . In ons jonger dae het 'geen' kind 'n ander kind opsetlik dood gemaak met 'n mes, sker of byl nie. Se maar net

Anonymous said...

Wimpy 'n vraag vir jou. As jong kind sal jy bang wees om iets verkeerd saam 'n vriend te doen. Hy sal se ag moenie panic nie man as jou pa jou sel vat bel ek jou op julle land lyn of 'kom ons los dit maar liewer jou pa gaan ons stukkie vir stukkie uitmekaar haal'(goed bliksem )met ander woorde.

Anonymous said...

Hi wimpie,ek stem vandag se ouers maki kiner s groot viri verderf! Lyfstraf moet toegepas word! Om terug te keer na die agteruitgang van eens spogplekke: daai groot park in springs meti windmeul oorkant die holiday inn is n skokkende voorbeeld daarvan. Toe ek in 1992 matriek geskryf het by johan jurgens meisiesskool net daar agter het ek altyd na skool by die waterval gaan sit en rustig word,ek onthou my sus se troufotos wat daar geneem was want die natuurskoon was asemrowend mooi. Groot was my ontnugtering toe ek verlede jaar my dogter wou vat vir n piekniek daar. Dit lyk aaklig! Daklose mense le die hele wereld vol om nie eers vani rommel wat rondle te praat nie en van n waterval is daar geen sprake nie! Nou vra ek net hoekom opi ganse aarde laat hulle so n spogplek verval? Ps: danki viri breakfast show,jys great! Salome

Anonymous said...

Ag jou arme arme ding.... ANEL
Jy probeer so hard. Moenie girl almal al tien duisend van ons wat al die meisie in sy lewe was het probeer. Moet m y nie verkeerd verstaan nie ek is nogsteeds mal oor hom en hy oor my, ons loop mekaar nog baie raak en ek chat gereeld met hom. Dat jy sy girl is good for you. Dat jy hom liefhet.. na so n kort tydjie... good for you. Dat hy jou lief het GRAP VAN DIE JAAR.

Sorry wimpels ek moes net want baie van die come and go poppies in jou lewe dink hulle is so cool.