Monday, May 21, 2007

Geluk Bulle!


Nie 80 minute nie, maar tot die eindfluitjie blaas, dit is hoe lank 'n wedstryd duur mnre Smit, Muir en company...
Dit is seker die belangrikste les wat die Sharks uit Saterdag se Super 14 eindstryd geleer het, maar wat 'n skitterende vertoonvenster was dit nie vir SA Rugby nie, die beste eindstryd van alle tye en dit was tussent twee SA spanne, great, bring die wereldbeker, hou op met mekaar baklei binne SA rugby en ons het meer as net 'n kans....wetter ons kan dalk actually wen!
As jy gewonder het oor watter dag in 2007 die winter actually begin het, wel vandag is die dag..... ek sidder as ek dink aan al die kragonderbrekings wat op ons wag, as Eskom nie in die middel van die somer in ons krag behoeftes kon voorsien nie, wat dink jy gaan nou gebeur, ek is bevrees 'n lang winter wag op alle Suid-Afrikaners.
Op 'n persoonlike noot het ek nie 'n great naweek gehad nie, mens besef nie altyd hoe deurmekaar ons prioriteite somtyds is nie, en ons weet ook nie altyd waaroor die lewe gaan nie, en partykeer neem ons net aan alles is eenvoudig reg in almal se lewe en ons sien nie eers alles raak wat fout is nie want ons is so besig om ons eie lewens te lei dat ons dit nie eers agterkom wanneer die naaste van die naastes rondom jou besig is om seer te kry nie.
So moes ek ook die naweek agterkom hoe 'n nietige persoon ek is dat ek nie eers die pein van die naaste van die naastes aan my kon agterkom nie, vandag moet ek my kop in skaamte laat sak en erken dat ek so besig was in my eie wimpie-werelds dat ek die mense naby my wat seerkry nie eers raaksien nie en so het ek amper een van die kosbaarste goed in my lewe verloor en so sou ek myself nooit kon vergewe nie, ek is jammer en dit sal nooit weer gebeur nie, van nou af sal die regte goed prioriteit in my lewe he!
Ek is nie regtig in die mood vir blog vandag nie, eintlik sou ek graag 'n week se vakansie wou vat, maar nou ja die lewe gaan aan, dankie vir almal wat so by my gestaan het toe ek julle nodig gehad het, dit gaan nie ongesiens verby nie en ek wil he jy moet weet ek sien dit raak en ek waardeer julle hulp en gebede, dankie vir dit... Julle is great en ek wil nie he julle moet dit ek sien dit nie raak nie want ek doen!
Daarmee gaan ek volstaan vir vandag en myself net so bietjie vind vir die res van die dag, more is ek weer op my pos lekker wittys soos altyd.
Gaan stem by die meningspeiling, dink jy ons gaan krag he die winter?
Wimpie.
PS. Hierdie video is spesiaal vir al die Bulls ondersteuners!

9 comments:

Anonymous said...

Jy is af wat is fout?!

Anonymous said...

bra daar is mense wat omgee jy bly my broer

Anonymous said...

Jy moet ophou worry oor wat ander mense van jou dink, jy weet wie jy is.Daar is mense wat jou ook op hulle manier seergemaak het en ek is een van hulle. Jy raak so weggevoer in jou wimpie wereld dat jy baie keer onbewustelik mense seermaak en dinge se en doen wat kon gebly het. Almal van ons doen dit op ons manier.

Anonymous said...

Ek stem volkome met die vorige comment saam...Die lewe is nie rocket sience nie... dalk moet jy bietjie vra hoeveel mense jy al seergemaak het en dan dit vergelyk met hoeveel jou al seergemaak het... jy sal sien dis nogals close ... as jy eerlik moet wees natuurlik... jy is mos emosioneel almal huil toggie in friends nie of hoe...

Anonymous said...

dalk moet jy net mansgenoeg wees en name noem , dit sal baie meer beteken as jy iemand se naam noem as jy jammer se

Ina said...

Vir die wat nou so lekker klippe gooi, dit is nie hoe dit werk nie vee eers voor jou eie deur. Wimpie ons is lief vir jou en dink aan jou in ons gebede. Ons weet dat jy nie doelbewus iemand sal seer maak nie.

wildflower said...

wie gooi klippe, dit klink meer of almal hom n bystaan as jy na die komentaar luister

Anonymous said...

As jy sompatie gesoek het... dit het gewerk hoor. lyk of almal jou jammer kry vee af jou trane. jy is mos n man of hoe.. een van ons..
danie

Anonymous said...

LOVE YOU, FOREVER XXXX
A