Wednesday, May 30, 2007
Met apologie aan Johrne van Ddisselblom!
Kan nie help om vanoggend maar weer 'n ou eiertjie hieroor te le nie, sien gister hierdie berig in die Citizen en ek kan nie help om te dink aan die absolute vermetelheid van Ravi Naidoo stasiebestuurder van 94.7 nie.
Ek haal aan "The choice to host the event stems from the fact that Afrikaans music literally exploded in the last decade with hundreds of talented musicians emerging every year. In addidion 94.7 Highveld Stereo commands a huge following of Afrikaans listeners".
Nou weet ek nie watter deel ek nie verstaan nie, maar wat is dan die probleem, as daar so 'n ontploffing in Afrikaanse musiek was en hulle het so 'n groot persentasie Afrikaanse luisteraars hoekom nie Afrikaanse musiek op hulle stasie nie, en moenie my daai eenvoudige storie van die lisensievoorwaardes gee nie, want ons almal weet dis 'n klomp snert.
Dis net ironies vir my dat hulle vertel van die "ontploffing" in Afrikaanse musiek as hulle bydrae daaraan 'n mooi ronde nul is.....
Alle geval ek gaan dit daar laat ek het ook Johrne se verduideliking/aanval op almal gelees wat dit durf waag of die kunstenaars wat daar gaan deelneem te kritiseer....ek stem nie met jou saam nie Johrne ek dink daar is genoeg ander geleenthede en plekke om julle musiek te bemark en ek dink ook as julle so afhanklik is van een show se geld af is dit tyd om musiek as 'n loopbaan te heroorweeg, ek skel julle nie uit as hanskakies ens. nie ek dink net julle, Theuns, Nadine en elke ander kunstenaar wat daar gaan sing het 'n gulde geleentheid gemis om 'n statement te maak namens julle eie bedryf.
Op 'n persoonlike noot 2 uur vanmiddag groet ek een van my beste pelle vir die laaste keer.... dankie vir almal se bystand en ondersteuning in hierdie baie moeilike tyd, ek waardeer!
Gesels gister so bietjie met 'n pel van my oor die lewe in Dubai waar hy so 'n maand terug vakansie gehou het en hom doodgeskrik het omdat daar geen misdaad is nie, ek dink dit het baie uit te waai met die waardes van die burgers in jou land, hier by ons het niemand enige respek vir enigiemand of enifiets nie en dit lei vanselfsprekend tot geweldige probleme, ek gaan vanaand so bietjie daaroor blog so as jy iets daarvan dink laat waai met die comments.
Later
Wimpie. :-(
Gister se peiling, 68% van julle reken die rookwette is nie streng genoeg nie...huh?
Vandag dink julle die wette teen drank is goed genoeg?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
5 comments:
dankie vir die waarheid wimpie, sterkte vir vandag dink aan jou jy bly in my hart ek weet hoe great jy is, lief jou altyd
Hi Liewe Nefies (Danie ingesluit)
Sterkte vir julle vandag.
Liefde
Ina en Elize
Hallo Neef,
Sterkte en onthou ons is altyd hier vir jou en Danie!!!
Liefde Spookie (Anna Marie)
Hallo Neef,
Sterkte en onthou ons is altyd hier vir jou en Danie!!!
Liefde Spookie (Anna Marie)
Hi Wimpie,
Ek weet jy het vandag 'n moeilike dag agter die rug. Mag God jou vertroos en vrede gee in die tyd wat voorle. Ek het skielik laasjaar my pa aan die dood afgestaan en dis net my geloof in God en Sy krag in my lewe wat my deurdra elke dag. Dankie vir die verskil wat jy in elke Springs inwoner se lewe probeer bring deur dinge te doen waarvoor baie min mense kans sien. Mag die Here jou seen vir die verskil wat jy maak in mense se lewens - al ken jy nie eers hul by die naam nie. Ons luister elke oggend jou program in die kar oppad skool- en werk toe en geniet dit vreeslik. Jou ontbyt program sit sommer skop in die dag. hehehehehe
Post a Comment