Friday, May 18, 2007

Naweek, Rugby en 'n lekker party

Is hierdie dalk die rede vir my patetiese golf by die Santam Golfdag in Benoni eergister, ek dink so ja, vier watergate is net eenvoudig te veel, geen mens kan so Golf speel nie, dankie anyway aan Santam dit was lekker al het ek so swak gespeel!!




Okay, ek het niemand beinvloed nie, maar die meningspeiling se 91% van julle sal nie 94.7 se afrikaanse show bywoon nie....
Dis mooi, nou kan ek seker iets se sonder dat ek die uitslag beinvloed het!
Dankie dat julle deur skynheiligheid kan sien en dankie dat jy, jy is...hehehehe.
Ek gaan dit daar laat behalwe om te se ek sal nie enige musiek ondersteun van kunstenaars wat daar gaan sing nie, dis dit...
More is die groot dag wat die Super 14 aanbetref, wie support ek.....die Stormers, en omdat hulle nie daar is nie, gee ek nie rerig om wie wen nie, mag Suid-Afrikaanse rugby wen, ek gaan net rustig sit en die game geniet, dis al.
Gister vinneig R85 000 ingesamel vir mense wat minder het as ek en jy op Oos Rand Stereo....great klop jouself op die skouer, ek is sooooo trots op ons luisteraars.... julle bly die beste..


Gisteraand bietjie geparty....okay baie geparty....by die Boma Theatre in Alberton, moes my paspoort inhandig al hier by Benoni!
O ja die girls in die show was ook ..... mmm ja lekker warm!!
Wat 'n great show, ek het twee foto's geneem plaas dit sommer hierby, as jy rerige talent wil sien gaan kyk Shake, rattle en rock....almal het geparty, wonderlike band en hulle sing dat die biessies bewe en dis alles songs wat jy ken en die beste van alles.....daar was nie een backtrack nie, alles net lekker lewendige musiek, gaan kyk die show en dan dink jy hoe sou dit geklink het met backtracks!!!
Nou ja sterkte aan die sharks en die Bulle vir more, ek gaan nie kant kies nie, mag die beste span wen, ek blog weer na die game!!
Later
Wimpie
ps. Die meningspeiling vir vandag, wie wen die Super 14?

1 comment:

Anonymous said...

Magties maar die girls gaan mal oor jou!! Ek is darem bevoreg om jou beter te leer ken het.

Jy weet hoe jy is, so ek gaan nie uitbrei nie.

Sterkte met al die meisies wat jou stalk.

Groete
CR (jy weet wie dit is)