Hoofnuus vanoggend weer hier in ons ou deeltjie van die wereld, 'n man het gister 'n ongeluk gemaak, hy het in 'n bakkie vasgery, die ou het uitgeklim hom half dood geslaan en toe met 'n mes gesteek in 'n voorval van padwoede.
Nou ja my siening rondom sulke snert is eenvoudig, vang hierdie gemeors en sluit hom toe vir die res van sy lewe.
Gewoonlik is sulke bullebakke ouens wat ander ouens in kuierplekke aanrand, by die rugby in die toilette slaan vir geen rede nie, en in die algemeen net eenvoudig 'n gevaar vir die samelewing.
As hulle in die samelewing bly is hulle net 'n gevaar vir ons ander nie-barbare.
Ek sien die Blou Bulle het die lesse van Bloemfontein ter harte geneem en die toetskaartjies vir Saterdag se pryse verlaag, dis great nice om professionaliteit van ons manne hier in Pretoria te sien, Daar is nog so 10 000 kaartjies oor so as jy wil he, moet jy gou spring, ek het 'n gevoel dit gaan vinnig uitverkoop...
En dan is daar sekere goed wat nooit verander nie, so 30 jaar gelede het ek deur 'n verskriklike Bruce Lee stadium gegaan, nou is dit my 6-jarige seuntjie se beur, hy is tans Bruce Lee gereinkarneer, al wat my pla is hy doen die "moves" beter as wat ek dit baie jare terug kon doen! Scary!
Dis al vir vandag, vanaand maak ons weer so. Vandag se meningspeiling na aanleiding van die petrolprys, dink jy die regering moet belasting op petrol verminder?
Later
Wimpie
Monday, May 28, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Dink jy dis weer een van daai vreeslike bad jare waar almal geruk gaan word deur baie hartseer en seerkry? Snaaks hoe dit weer ons ouderdoms groep is wat so sleg getref word. Nou Gerhard, Jan Bom wat nou nog onder gehou word..van die ouens se kinders wat selfmoord gepleeg het, egskeidings, ag en sommer al die hartseer wat ons nie verstaan nie..Sterkte en ons dink aan jou
Linda en Daan
hi neef
sterkte.... en ja ek dink jy sal tog maar na die begrafnis moet gaan en die ander pelle en ook sy geliefdes moet onderskraag!!!
Ek is lief vir jou en dink aan jou!!!!!!!!!!!
jou laaitie is cute!!!!!!!!!!
liefde anna marie Niggie
Post a Comment