Monday, June 4, 2007

My ou skool lyk soos die hond se gat!

Mens wil nie die week met 'n lae noot begin nie maar vanoggend kan ek nie anders nie. Dertien jaar gelede was Hugenote in Springs nog twee skole, Die Seunskool en die Meisieskool, hierdie twee skole smelt toe saam en word toe een skool, fine.
Die ou Seunskool moes toe plek maak vir 'n nuwe skool, die Eureka Skool en hulle kry die skool en die skoolgronde wat op 'n tyd Hugenote Seuns was, 'n skool met 'n trotse en roemryke verlede....

Ek weet dit want ek was in die Seunskool en het my skoolloopbaan daar voltooi, in 1985, my matriekjaar het die seuns die muurbalbaan voltooi en verskeie ander projekte afgehandel, ons was trots op die muurbalbaan en die skool wat ons nagelaat het vir die volgende geslagte kinders wat nog deur dieselfde skool as ons sou kom...
Saterdag nooi Hugenote my na die rugby toe en ek dog ek sal bietjie oor die draad loer hoe lyk my ou almamater, groot was my SKOK, ONGELOOF EN TELEURSTELLING, toe ek hierdie gesig moes sien.
Daar is nie een heel venster waar die muurbalbaan en die rugbyveld op 'n tyd was nie, die skool se dakke is seker vyftien jaar terug laas geverf, die muurbalbaan se houtvloere is uitgeruk en menslike uitskeiding le langs die paviljoene, ek is geskok en sommer net pleinweg die moer in, hoe kan hulle toelaat dat 'n eens trotse skool vandag in so 'n haglike toestand verval het.
Dis 'n skreiende skande en ek soek antwoorde, nee magtig man ons is mos veronderstel om in 'n beskaafde land te bly!
Ek gaan die week briewe skryf tot iemand my antwoord oor hoekom daai skool so lyk, sal julle laat weet!
Ek sien die naweek 'n ou met die hoed en ek het gedink dis nogal van toepassing!


Nou ja dis my gekla vir die dag.
Wimpie
Ps: 91% van julle reken dis 'n onding om ouers te verbied om hulle kinders pak te gee, gaan stem vandag wat dink jy van SA rugby se liefdesverhouding met Luke Watson?

9 comments:

Anonymous said...

skandalig is al wat ek kan se

Anonymous said...

Dankie dat jy die droomvrou kwessie opgeklaar het, ek sal altyd lief bly vir jou wie jou het, het goud as jy nou wimpie se meisie is net 'n bietjie raad, kyk verby die publieke persoon en sien hom raak, moenie dieselfde foute maak wat ek gemaak het nie, en bo alles moenie jou steur aan stories nie, ek kan jou belowe dis alles 'n klomp bog.
mooi bly
joue altyd!

Anonymous said...

Ja nee kyk , ek glo almal voel nou beter, moet se ek kan ook nogals onthou hoe jy altyd daardie song geluister en gespeel het. Lief jou altyd!!!!

Anonymous said...

Ek dink dit is n moerse skande om te sien hoe lyk daardie skool. SIES MAN! Jy moet dit eintlik na die Springs Advertiser toe ook vat. Almal van ons dink die selfde ding?! Maar net te bang om dit te se. Geniet die dag.

Anonymous said...

dis nie net die skool nie maar die hele blerrie land! soos brakpan, ek hoor by my male dat dit eens n mooi plek was maar ek kan dit nie glo nie!

Anonymous said...

Oom Wimpie.. Ek is 5jaar oud so my ma skryf vir my. Ek wil weet of oom asseblief vir my beste maatjie more oggend sal geluk se met sy verjaardag op die radio.Hy is more 6jaar oud en sy naam is Divan. Ons is altwee in graad R by Jan van Riebeeck. baie dankie .. Van Daneil

Anonymous said...

Oh freakin please!!! Kry 'n kamer!!!! Ons kom van Springs af en studeer in Pretoria. Jy het 'n verskriklike witty way van dinge doen en sê. Elke dag sit ons by die kaf en log in op jou blog en betwis of beaam jou views van dinge aangesien ons nie opvangs het nie. Ons het nou die dag kommentaar gelewer op jou blog oor die "goeie pak slae" en voel baie sterk daaroor. Die kampus rock met afrikaanse music en jou naam travel vêr hier in Pretoors. Maar watse shit is dit nou die? Kan jy nie 'n spesiale page oopmaak vir jou liefdesdriehoeke nie?

Stay as cool as you are!!!

Harry Strauss said...

Hallo Wimpie
Die probleem is dat as ons kla oor sulke gevalle, is dit altyd rassisties. Ons weet mos as jy iets verniet kry, het jy geen waardering daarvoor nie. Is hierdie nie die perfekte voorbeeld daarvan nie?

Wat droomvrou betref: Indiaanse seding "Men who walk alone, walk far"

groetnis

Wimpie van der Sandt said...

ek het geen beheer oor die comments wat mense los nie, sorry julle pretoria studente...