Wednesday, June 6, 2007

Om te staak of nie te staak nie!

Ek het geweet dit gaan gebeur een of ander tyd, nou is hierdie stakers besig om my dinges te krap.
Ek kan verstaan dat die staatsdiens staak vir 'n saak, maar nou wil die res van die land ook staak uit empatie met die wat staak.... huh?
Watse Banana Republic bly ons in dit klink vir my asof die res van die land net 'n rede soek om ook 'n paar af dae te 'score'.
Nee man regtig, jy kan nie net staak omdat die res van die land staak nie!
mmmmm Ja okay, kom ons laat dit maar daar en kyk of dit actually gaan gebeur voor ek 'n aar in my kop bars, ek dink ek moet ook staak....weet jy hoekom, ag sommer maar net want hmm my buurman se kat het gister kleintjies gekry ja!
Darem maar snaaks hoe ander lande dinge in 'n ander lig sien as Suid-Afrikaners, hier by ons is Winnie Mandela soos 'n nasionale vryheidsvegter/held en in Kanada weier hulle om haar toestemming te gee om in die land in te gaan....
Kanada is 'n eerste wereld land...I rest my case.
Ons het 'n wonderlike grondwet waarin sekere regte verskans word, soos die reg om te staak...of wag vir dit...die reg om nie te staak nie sherlock!!
Dit beteken as jy nie wil staak nie DAN HOEF JY NIE!!!!
Nou storm 'n klomp idiots by 'n skool in Johannesburg in en intimideer die hoof en dring aan om te weet hoekom hulle nie staak nie...WANT DIE GRONDWET SE EK HOEF NIE TE STAAK AS EK NIE WIL NIE EN HIERDIE IS NOG NIE ZIMBABWE NIE....JOU BOKS!!!!!!
Ek voel 'n aar in my kop is reg om te gaan!
Die Inkatha Vryheidsparty het ‘n beroep op die regering gedoen om ‘n ondersoek te doen na die samestelling van die brandstofprys na verlede nag se styging van 23 sent per liter wat die petrolprys tot ‘n algehele rekordvlak laat klim het.
Woordvoerder Eric Lucas sê die immer-stygende brandstofprys het onredelik en ondraaglik geword vir Suid-Afrikaners. Hy sê die prys beïnvloed ook die prys van kos en ander goedere. Lucas sê hoewel die IVP besef dat die brandstofprys beheer word, en bepaal word deur eksterne elemente, glo die party die regering moet na die samestelling van die prys kyk.
Interessant genoeg word sowat 52% van die brandstofprys opgemaak uit belastings en die befondsing van die pad ongeluksfonds....
Dis my bee in die broek vir vandag, lekker dag dis klein Saterdag...
Cheers

Wimpie
Close call met gister se meningspeiling...53% van julle reken die staking is geregverdig, na aanleiding van vandag se gebeure wonder ek wat dink julle vandag..

3 comments:

Anonymous said...

Dankie baie vir gister dit beteken meer as wat jy ooit sal dink

Wimpie van der Sandt said...

dit was 'n plesier

Anonymous said...

AAAAAAggggggggggg alweer ekke. . .

Hierdie staking storie gaan veroorsaak dat al die Matriekulante die jaar of druip of almal gaan hul jaar slaag. . . . .

Maar nou is die vraag, Wat het geword van die sê ding dat oral oor die wêrels groot Maatskapye ons matrieks wou hê?

Ek wens dat ons regering hul oë wil oopmaak en sien dat hulle k@k aanjaag!!!

Ons land is alklaar in so 'n gemors en dan laat hulle toe dat die onderwysers staak.......... wat gaan die volgende generasie sê van ons, ons wat hulle moes opvoed?

Maar anders as dit geniet jou dag!!!

Groetnis en liefde

jou niggie Anna Marie