Thursday, June 7, 2007

R722 000 vir jou verkragter en moordenaar!


Hy het sy sesjarige slagoffertjie geen genade betoon nie en daarom gaan hy dit self ook nie ontvang nie.
Ronald Jones, wat Micaela Ganchi gesodomiseer, verkrag en vermoor het, is gister twee lewenslange vonnisse en nóg 23 jaar tronkstraf opgelê.
Regter Winston Msimeki het in die Johannesburgse hooggeregshof, toe hy Jones (28) gevonnis het, gesê hoe Micaela by hom moes gepleit het, sal altyd “by hom (Jones) bly en nét by hom”.
“Jy het haar geen genade betoon nie en daarom kan ek jóú ook nie genade betoon nie.”
Mooi so, laat hy die res van sy lewe agter tralies deurbring, net een probleem ek en jy moet die res van sy lewe vir hom sorg, toeiletware, tandeborsels, tandepaste, kos en klere....
Kom ons se so altesaam nog 25 jaar, konserwatief bereken want die aap is nog jonk, en kom ons se teen 'n gemiddeld van R86 per dag wat die gemiddelde bedrag in Suid-Afrika is volgens statistiek Suid-Afrika om 'n gevangene aan te hou, en ons neem nie inflasie of niks anders in berekening nie, dan gaan dit ek en jy R722 000 kos om die stuk gemors in die tronk en lewindig to hou....Die koste van 'n ordentlike galgtou, seker so R140, eenmalig!
Bring terug die doodstraf!
Die rekordboeke is gister herskryf toe Johannesburg die natse dag in Junie die afgelope 44 jaar beleef het.
Dis nie dat reën in Junie snaaks is nie – maar dis iets besonders as dit só baie reën, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gister verklaar.
Die reënbui is volgens mnr. Mark Todd, ’n voorspeller, een van die grootstes wat tot nog toe in Junie in Johannesburg en Pretoria aangeteken is.
In Johannesburg is dit sedert 1963 die grootste hoeveelheid reën wat in Junie oor ’n tydperk van 24 uur uitgesak het, terwyl dit in Pretoria naby aan die 1989-rekord van 36 mm gekom het.
So wat gaan aan met die weer, dis nie net in Suid-Afrika nie maar die hele wereld, verlede jaar is mense dood in Europe na die ergste hittegolf hulle getref het .... OOIT!
Aardverwarming, as iemand daaroor praat deesdae, dan luister ek bietjie meer aandagtig as in die verlede!
So daar is Luke Watson nou in die bokspan, teen die wil van Jake White, en daar rek sy pa, Cheeky Watson, weer sy bek vanoggend oor die lang pad wat ons nog moet loop met transformasie.....ai, ai, ai....laat jy seun die praatwerk doen op die veld tjopper!
Dis al vir vandag, gaan stem by die meningspeiling ek weet wat die antwoord gaan wees maar kom ons kyk maar!
Moet die doodstraf teruggebring word?
Later
Wimpie
PS: Hier is my nuwe favourite song se video, SPEEL LEKKER HARD:

Mika - Love Today

Add to My Profile | More Videos

9 comments:

Anonymous said...

Great song wimpels! goeie smaak ou maat!

Anonymous said...

haai Wimpie

Maak vrek daai bliksem!!!!!!!!!!!!!!!

As 'n "rape survivour" moet ek ook op my seepkassie klim en sê wat ek dink!!!

Ek weet dat teensy een van die groot kokedore in parlement se dogters nie vermoor of verkrag gaan word nie hulle nie 'n dooie duit worry nie!

In die meerderheid van gevalle waar 'n vrou verkrag of gemollesteer word moet sy nog maande in haar verkragter se oë vaskyk en niks word daaromtrent gedoen nie!!!!!

Dit is maklik om as hy wel skuldig bevind word om te sê dat hy sy straf gekry het maar vir die sy slagoffers wat agterbly sal die res van hul lewe die hel moet deurgaan en elke dag van hul lewe het hulle die rouseer wat netnie gesond word nie!

By party word die seer septies maar by ander wel soos ekke laat dit net 'n letsel wat veroorsaak dat ons nie iemand maklik vertrou nie!

Aag dit is ook maklik om te sê Gaan na 'n sielkundige maar meeste van hulle het net boeke kennis- en as ek weer moet hoor" ek weet hoe jy moet voel" Gaan ek die piepstuipe kry!!!!! Teensy jy sel daar deur is moet nie vir my en die duisende daarbuite daai woorde gebruik nie!

Ons wil dit nie hoor nie!!!

My verkragter was soos in meeste gevalle maar is, iemand wat ek met my hele hart vertrou het maar hy het sy gesags posisie gebruik om my onskuld weg te neem. . . darvoor het hy net 'n opgeskorte vonnis gekry, toe manupileur hy die lewe so dat hy weer in ons lewens is en mollesteur my sussie, weereens is hy skuldig bevind MAAR instede van 'n ordentlike "straf"
het hy nie eers die volle 20 jaar gesit wat hy moes uit dien agv. die opgeskorte vonnis nie!!

Nou so ruk terug hoor ek toe by iemand dat hy weer in 'n verhouding is weer met 'n vrou met twee klein dogtertjies, Hoekom is dit so maklik vir pedofiele om hul slagoffers by te kom? Ek sal jou sê. . . omdat niemand die moeite doen om 'n plan te maak om van hulle ontslae te raak nie!!!

jammer ek is so swart en donker!!!

Liefde groette

Spookie

Anonymous said...

Ek het die liedjie nou vir die eerste keer gehoor en moet bieg dat ek nie baie beïndruk is nie. Klink soos nog 'n homo wat sy lyf wil Prince hou... Ek sal hom later weer kom luister, maar ek twyfel dat ek ooit daarvan sal hou.

Opinies is soos poepholle, ons het elkeen een.

Wanneer gaan julle nou op die internet begin uitsaai, dat ons ander ook kan hoor hoe jy klink?

Anonymous said...

Hou nogals vd nuwe blondie in jou lewe sy is n stunner

Anonymous said...

Nogals gewonder watse crap jy kwyt raak op jou site... moet se dis nogals snaaks.

Anonymous said...

SOMS WONDER EK WAAROM DINGE SKEEF GELOOP HET VIR ONS EN SOMS HAAT EK JOU MAAR SOMS WENS WENS EK EK KAN VIR JOU JELLI BABIES KOOP SOMMER BAIE VAN HULLE

Anonymous said...

Nogals n oulike song!!

Anonymous said...

Kyk bietjie op jou persoonlike epos vir jou n lekker lang epos gestuur. meer privaat.

Anonymous said...

Hi Wimpie,

Ek dink die 4% wat nee stem was nog nie deel van ons lieflike land se crime statistieke nie....of hulle is dalk die crime???? Of hulle is buitelanders. What ever die geval is....hulle moet maar weer dink en oor vote.

As iemand ander mense se menseregte kan skend, moet sy mense regte weg gevat word. Dis my mening, en in my boekies is my mening sterk. :)

Ek is self besig om crime statistieke saam te stel. Dis nou mense wat ek ken en wat hulle ken en so aan, en sommer almal met wie ek te doene kry. Maar meer daaroor later op my blog.

Groete

Sonneblom