Tuesday, June 5, 2007

Skole, Stakings en Paris Hilton in 'n ander hotel!

So jy het gedink ons kry koud ne!











So nou en dan los mens 'n kat in die duiwehok en kyk maar wat gebeur, die reaksie op die foto wat ek gister geplaas het oor die voormalige Hugenote Seunskool het groot reaksie ontlok by voormalige leerlinge aan die voormalige spog skollgebou.
Dit het my genoop om so bietjie ondersoek in te stel oor watter voormalige spogplekke nou vervalle en verwaarloos is, my mond hang oop.
Ek sal gewapen met my kamera, later die week 'n paar van die plekke gaan afneem en dit hier publiseer en dan kan julle self besluit wat mens daaraan behoort te doen.
Die staking is nog steeds aan die gang en ek sien dieselfde ou taktiek word nou weer deur die stakendes toegepas van as een staak staak almal.... met ander woorde as jy dit durf waag om te gaan werk maak ons jou dood, brand ons jou huis af of rand jou aan...a-la Zimbabwe...
Die stakendes moet oppas dat hulle nie die steun van die publiek verloor nie, ek het groot simpatie met die stakers want 'n salarisverhoging van 6% is net eenvoudig belaglik, maar so vol simpatie as wat ek is kan ek net sou gou die wetter in raak as julle probeer om mense wat noodsaaklike dienste verrig van die werk af te hou, hou julle staking so veel julle wil maar bly binne die wetgewing en die grondwet van die land, dis wat mens noem 'beskaafde optrede in 'n beskaafde land'.
Ek kry mense jammer wat ernstige siek familielede in hospitale het, het jy al gedink watse hel gaan daai mense deur?
Goeie nuss vir al julle blou bul ondersteuners, dit lyk of Derick Hougaard Saterdag in 'n boktrui in aksie gaan wees, dit lyk ook of Luke Watson die eerste keer vir die bokke in aksie gaan wees....
Op 'n ligter noot....uhm wel nie vir haar nie, maar Paris Hilton is toe tronk toe, hier is haar tronkfoto (mugshot), wonder hoe lyk die (penthouse) tronksel?
63% van julle dink Jake White moet sy eie span kies, vandag se peiling dink jy die staking is geregverdig?

7 comments:

Wimpie van der Sandt said...

hehehe sal like om 'n sel met haar te deel!

Anonymous said...

More Wimpie
Baie geluk met jou kind se verjaardag!!
c. Liebenberg

Anonymous said...

H

Anonymous said...

Hoekon is die liefde so onregverdig. Sou graag wou weet.!!!!

Anonymous said...

Hallo Neef!

I dit jou kind se verjaar dag?

Baie geluk man, mag hy julle soveel geluk en vreugde bring soos jy aan baie van ons!!!

Liefde Spook!

Anonymous said...

Yes and no. . . I agree that the nursing staff need more money but that a teachet can moan about R8 000.00pm, is just stupid! My hubby and I have a child in gr 1 and we survive on a total income of just R5 000.00 pm and we get by!! We boath wrk a whole 8 hour day and only get leave once a year! Teachers get to work 1/2 day, they get 4 holidays and also their annual leave. . . What is going on?

Anonymous said...

Ek dink ons het die "missing link" tussen die "mens-ape" en die "aap-mense" gekry.