
En as jy weer sien dan staan jy en jou rubberarm op die eerste bof, drywer innie hand en reg om die bal links van die skoonveld in 'n dam in te slaan, en as dit eers so begin dan moet jy weet dit gaan van hier af net erger gaan en dan gaan jou telkaart lyk soos hier links. Die verleier in hierdie geval is Eugene van Rensburg, hier afgeneem op sy selfoon, terwyl ek moet afslaan, geen wonder ek het so akkies gespeel nie.

'n 11 handicap kan nie 94 speel nie, ek dink my gedagtes was net op 'n ander plek, hoop so en as dit nie so is nie, dis my storie en bogger die res!
Gesels vandag met iemand oor die rugby en krieket wereldbeker, ek dink ons kan altwee wen, nee ek hoop ons wen altwee want ons sal nooit ooit weer wen as ons nie hierdie jaar wen nie, die rede.....kwotas, binne die volgende vier jaar sal die kwotastelses ons sport al so opgeneuk het dat geen Suid-Afrikaanse span ooit weer naby sal kom nie.... die beginsel is mos eenvoudig hoe kan jy met jou beste 10 Springbokke teen die beste 15 All Blacks in die wereld speel? Die antwoord....jy kan nie!

Baie mense vra my wat maak jou tick? Die antwoord vir my heel eenvoudig, jy kan niks saam jou vat as jy doodgaan nie, al die rykdom al die huise in die wereld al die mooi klere en al die huisies by die see bly net hier....newsflash, niks gaan saam nie, jy besit nie grond of 'n huis of niks nie, jy huur dit maar net vir jou tydjie hier, maak seker as jy die dag doodgaan en jou laaste oomblikke flits voor jou oe verby, maak seker dis die moeite werd om te kyk!

Epos my as jy belangstel! En so het nog 'n dag gekom en gegaan, ek het vinnig die dag afgesluit met 'n biertjie saam met 'n besigheidskennis in my plaaslike uithangplek, loop toe vir Clinton raak met hierdie T-shirt....het hom gevra wat maak hy met my hemp en of ek hom kan terugkry....hy het net gemaak of hy my nie hoor nie!


Ons gesels weer more, moenie vergeet om te luister na die breakfast show nie en onthou....net idiots doen drugs.
wimpie
ps. hopelik het ek more terugvoering oor drugs in die Oos Rand en die polisie beter my oproepe antwoord! Ons wil terugvoering he, hoeveel dealers het julle gevang? Kry julle antwoorde reg, die mense wil weet. Dankie vir die emails...Peace out y'all!
No comments:
Post a Comment