Thursday, March 29, 2007

Ek is depressief vanaand! Cleavage!






Amper Vrydag, genadiglik, ek word alweer kwaad en ek wil amper 'n aar in my kop bars, Afrika, Nepad, en al die Suider Afrika lande is 'n joke, ek luister vanmiddag die nuus want ek wil veral hoor wat gebeur met die dringende vergadering van Suider Afrika lande oor Zimbabwe, dan hoor ek op die nuus dat Mugabe se hy is oor niks bekommerd nie want alles gaan 100% goed in Zimbabwe.
Dan moet ek ook hoor dat die Afrika leiers se hulle gaan niks voorstel in Zim nie, hulle wil nie Mugabe kwaad maak nie.
Met 8000 mense wat per dag uit Zimbabwe by SA instroom is ek ook maar bly hulle wil nie Mugabe kwaad maak nie, want netnou is daar 80 000 per dag wat die land instroom.
Werkloosheid in ons buurland staan op 80% inflasie naby 2000%, die polisie en die weermag voer 'n skrikbewind, mense word daagliks aangerand, plase word geplunder en nog steeds staan ons regering hoorende doof.
Ek het amper nie eers meer lus om aan te gaan in hierdie land waar sulke mensevergrypings goedgepraat word en nie met die minagting behandel word wat dit verdien nie, as ons niks daaraan doen of daaroor se nie, dan praat ons dit goed en as ons dit goedpraat, dan sien ek nie hoop vir ons nie, wat nog vir Zimbabwe?
Ek gaan nou eerder slaap want ek kan nie vanaand sinvol en vol hoop skryf in 'n land waar en nie so voel nie, ek sien net nie, 'n toekoms nie, miskien voel ek more anders maar vir vandag is dit hoe ek voel, regsteelende aksie, kwotas in sport, keuring op grond van velkleur by universiteite en misdaad maak my depressief oor wat alles hier aangaan en plaas 'n donker wolk op my en my kinders se toekoms hier.
Dis dit, dis die waarheid of ek daarvan hou of nie, sal weer more iets skryf, dalk voel ek dan beter!
Op 'n meer positiewe noot vandag is International Cleavage Day!
Wys wat jy het, al het jy nie veel nie, dis die idee wat tel, aan al die manne, snap die girls by die werk vandag en laat hulle wys wat hulle het dan e-pos jy dit vir my by wimpie@ors.org.za ek plaas dit maandag.
Cheers
Wimpie

1 comment:

Anonymous said...

nee toet toet mam waars die cleavage????????????????????

H