Wat 'n game weer gisteraand.
Die wereldbeker beter nou klaarkry, ek kan nie elke aand 12 uur gaan slaap nie!
Chokers!!!!! Dis die bynaam wat die Proteas gekry het by die Aussies en hulle is reg, daar is 'n ou Engelse gesegde wat lui, snatching defeat from the jaws of victory!

Malinga het goed geboul/gegooi, hoe is sy boulaksie? Hy en Muli gooi die bal! Gaan kyk maar...
Dan vreet ek

Malinga het ons stukkend geboul 4 paaltjies met 4 balle.... amper was dit 5!
Nee manne dis nie naastenby goed genoeg om Ricky Ponting slapelose nagte te gee nie, dit bewys net weer hoe groot is die gaping tussen die Aussies en die res van die wereld.
Op 'n persoonlike noot, gister weer my terukeer tot die golfbaan gemaak en heel okay gespeel, 87 geskiet maar 4 keer gedrieputt!
Toemaar teen volgende week is my golf weer reg.
Seker die beste joernalis in Suid-Afrika, Ruda Landman gaan Carte Blanche verlaat na 19 jaar, 'n groot verlies vir m-net. Ruda jy was great dankie vir 19 jaar se great joernalistiek.
Nog nie nuus uit die Windies oor Bob Woolmer nie, blykbaar is hulle besig om 1000 mense in die hotel se vingerafdrukke te neem in 'n eliminasieproses.
Ek het hewige reaksie gekry oor die Suidlanders storie van gister.... laat ek dit sommer reguit se as jy nie deel is van die oplossing in ons land nie, dan is jy deel van die probleem! Besluit vir jouself wat wil jy van deel wees, ek wil deel wees van die oplossing, maar ek gaan my Ierse Paspoort regkry net vir ingeval!
Dankie aan almal wat my blog so mooi lees, een van die dae doen ek potcasts van die breakfast show op my site, dankie vir al die comments ek lees dit alles want ek kry dit dadelik op my foon as 'n sms, dankie aan my broer vir die clever woorde, ek is bly om te sien ek is nie die enigste een in die familie wat bietjie dink nie.
Simone, flambojant?! Groot woord sal dit gaan opsoek!
Theresa, sexy.....mmm ek weet darem nie en dis nie eers 'n mooi foto nie, en nee ek dra net 'n bril as ek bestuur of lees!
As jy nog Lottogeld het wat jy nog nie gaan kry het nie, gaan kry dit vandag nog.
Soos gewoonlik kan die Suid-Afrikaaners niks bestuur nie en is die Lotto in 'n groot krises opdat een of ander minister weer iewers 'n besluit geneem het sonder om te dink!

Saterdag is die laaste Lotto en miljarde rande gaan verlore vir welsynsorganisasies in ons land oor die onvermoe van die regering om te dink en planne te beraam en wettige tenders aan wettige organisasies toe te ken....MOOI MAN!
Mugabe is wee

Wishfull Thinking veral nou weer met Tsvangerai in die tronk in Zim, en Suid-Afrika se regering is nog steed sienende blind en horende doof!
Dis my storie vir die dag, tot more!
Wimpie
1 comment:
dag ou grote
ja nee ek sien swaar tye vir die proteas.... ek luister graag na die afrikaanse musiek videos jy moet meer laai...... en moenie vergeet vrydag 30 is national cleavage dag so girls haal uit en wys......... die fiam reps sal in die rondte wees natuurlik vervaardig fiam hooters en dow corning silicone so ek vermoed daars n batch wat bubbles ingehad sal moet gaan ondersoek instel.....nou ja tot weer nag ou grote HBK
Post a Comment