Sunday, March 25, 2007

Is Bob so vermoor? Vrydag se misdaad show, en hoe lyk de la Rey se mense dan?

Die gesig van 'n krieketverneuker.
Een van die geldmanne agter krieket se muur van skande word weggelei tydens 'n ondersoek 'n paar jaar gelede oor wedstryd fixing.
Bob Woolmer se dood begin al meer lyk na die werk van een van hierdie ouens.
Van die feite wat ons weet oor sy dood het ek die volgende saamgestel wat met Bob Woolmer gebeur het, ek het dit gedoen deur alle bekende feite op die Internet na te fors, hierdie is waarmee ek voorendag kon kom.

Bob Woolmer is baie neerslagtig na sy span verloor teen Ierland in wat bestempel kan word as die grootste verloor nog by die wereldbeker. Woolmer kan duidelik op televisie gesien word waar hy duidelik moedeloos en teleurgesteld sy skootrekenaar oppak en die Pakistani's se kleedkamer verlaat.

Volgens ooggetuies is hy in 'n hewige woordewisseling met van die Pakistan spelers op die bus betrokke op pad terug na die span se hotel toe. Sommige getuies se daar word op die bus aan mekaar geruk en gepluk.
Op 'n perskonferensie se Woolmer hy gaan eers oor sy toekoms by Pakistan slaap voor hy enige besluite neem.
Blykbaar slaap Woolmer nie te goed die Saterdagaand nie en vertel hy aan sy vrou in 'n e-pos dat hy bitter teleurgesteld is.......... die epos word nagenoeg 03h00 van sy skootrekenaar gestuur.
Wat hierna volg is my eie weergawe van gebeure: Vroeg die Sondagoggend bestel Woolmer vir hom kos na sy hotelkamer op die 12e verdieping, pas na hy ontbyt gehad het en 'n drankie gedrink het, is daar 'n klop aan die deur, Woolmer is of op pad om te gaan stort, of pas klaar gestort want hy het net 'n handoek om hom wanneer hy die klop aan die deur hoor, hy maak die deur oop want hy ken die persoon, of persone wat hom uiteindelik sal vermoor, my raaiskoot dis een van die pakistan spelers saam met 'n ander persoon wat by Bob se kamer ingaan.

Sy Ontbyt wat hy bestel het of die drankie wat hy gehad het is vergiftig en 'n siek Woolmer word oorrompel deur die persoon wat hom aan die nek gryp en begin verwurg, moontlik omdat Woolmer gedryg het om aan die wereld te vertel dat Pakistan met opset en in opdrag van beroepswedders, teen Ierland verloor het, sy moordenaar het toegang tot sy kamer gekry met behulp van 'n speler of lid van Pakistan se bestuurspan.

Daar is bloed en braaksel teen die mure gekry wat aandui dat woolmer siek geword het tydens die verwurging en moontlik te swak was om homself te verdedig, tekens van diaree word ook in die toilet gekry, alles klassieke tekens van vergiftiging, hierdie vergiftiging kon ook deur 'n lap oor sy mond en neus toegedien word, wat dan ook moontlik die bloed in sy mond kon verduidelik.

In die gestoeiery breek daar 'n beentjie in Woolmer se nek wat kon veroorsaak het dat hy sy bewussyn verloor.
Die twee moordenaars verlaat die kamer en laat hom vir dood agter, hy word minute later deur 'n skoonmaker in sy kamer gekry wat aanneem dat hy beroerte of 'n hartaanval gehad het.
Woolmer sterf op pad na die hospitaal waar hy as dood geklassifiseer word met sy aankoms.
Die vraag is nou net wie was die Pakistanse bestuurslid/speler wat die moordenaar in Woolmer se kamer ingeneem het, en vir watter beroepswedder het die moordenaar gewerk?

Verregaande, miskien, as dit is en die waarheid kom uit sal ek omverskoning vra, indien nie sal krieket na hierdie wereldbeker van 2007, nooit, ooit weer dieselfde wees nie. Net die tyd sal leer maar dat daar 'n skok op ons almal wag, dis verseker!

Vrydag toe ons misdaadshow gehad saam met kapt. Roland, ek is aangenaam verras, dankie Roland vir die goeie werk en terugvoering, altesaam 3 mense is gearresteer na ons vorige program en na inligting deur ons luisteraars verskaf is. Mooi so!!!!




Iemand e-pos hierdie een vir my van Brakpan af, dankie, ek dink dit bewys my punt, hoe gaan jy bepaal wie is afrikaners en wie is nie! O ja hy praat ook blykbaar beter Afrikaans as ek!


Dankie vir al die e-posse, bly aan stuur as ek hulle kan plaas dan doen ek.

Nag ou grote!


Wimpie

2 comments:

Anonymous said...

vir wat dit werd is ek dink jy is reg.
nicky

Anonymous said...

Afgesien van die Bob krieket delimma, dink ek nou 'n ander Bob Mugabe teorie uit.

Daar sit vandag ongeveer 80 Zim verhoorafwagtendes in Jhb se tronk, wat van transito roof verdink word.

Waar Kry Bob Mugabe sy geld vandaan, om so in weelde te leef, terwyl res van sy land krepeer?

Dit laat my dink, en jy?