
Ek het hierdie patent aan Thabo Mbeki aangestuur om beter te kan hoor wat ek se van Robert Mugabe!

Vanaand weer gesit en die lewe bepeins, waaroor gaan dit alles en hoekom is ons hier?Partykeer dink en dis alles net 'n gejaag na wind en partykeer dan is dit nie, partykeer is ons almal dieselfde en partykeer is ons nie, ek wil nie polities en of filosofies raak nie, dis Maandag..........en my broer se hoeka ek moet bietjie minder politiek op my site sit...okay dan Danie!
Bob Woolmer is nog steeds dood en niemand is nog steeds in die tronk nie, ons almal weet wat ons dink maar niemand mag dit se nie, wel ek het dit gese, gister, lees maar gerus gister se post!
Nou beweer 'n Pakistanse koerant Suid-Afrikaanse beroepswedders het hom laat vermoor!, ja en Noag was 'n seerower!
Dankie vir die comments, ek stem saam met alles, insluitende die een van Raymand oor die Zim verhoorafwagtendes, DIT LAAT MENS DINK JA!
Ek is bly vir al die kommentaar op my site en neem kennis van alles insluitende die wat se ek moet bietjie meer van myself vertel, wel wat kan ek se wat nie al reeds in die koerante was nie!
Ek is 'n mens soos elke ander een en derhalwe het ek gevoelens soos almal, ek huil in movies en ek word bly as my span wen, ek word kwaad as daar onreg aan mense gedoen word, wit, swart of bruin, ek is nie 'n rassis nie, ek is lankal nie meer 'n liberaal nie, ek is bekommerd oor my land, my taal, my mense en my kinders hier in die goeie ou Suid-Afrika.
Partykeer sukkel ek om wimpie te verstaan en dan kan ek nie verwag dat jy dit moet doen nie, ek wil net he dat jy moet begin vrae vra oor wat aangaan en hoe ons dit wat stukkend is gaan regmaak.Ek soek ook na geluk....nes jy! Ek word bly....en ja partykeer hartseer, magteloos en soms woedend wanneer ek sien hoe mense te na gekom word.........
Kortom ek is ook maar net 'n mens en partykeer dink ek niemand verstaan my nie, maar more staan ek maar weer op en probeer op my klein manier 'n verskil maak en iewers vir iemand van hierdie wereld 'n beter plek maak....
Partykeer kry ek dit reg, en partykeer nie, soms wen ons een en ander keer dan verloor ons weer.... dit alles my kinders.....IS die lewe!Gevoel ek wil vanaand bietjie filosofies raak vanaand, more dan tackle ons weer die wereld, gun my, my oomblik vir vanaand!
Jy sal sien ek het 'n nuwe feature bygesit op my site, advertensies, daar is goeies en daar is slegtes, ek het 'n paar goeies opgesit vir vandag sal more minder goeies opsit, kliek net daarop en kyk die videos.
Jy sal nie glo nie, een of ander breindood idioot jaag vanaand op en af in my straat met skreeuende bande, vir watter rede ookal verstaan ek nie, partykeer wens ek ek bly in Sandton en nie in Springs nie!

Nag ou grote
Wimpie.
No comments:
Post a Comment