Tuesday, March 20, 2007

Die weer...Nog Zim gemors...en 'n grappie



Darem deur Maandag gekom en dis amper Dinsdag, ek het nuwe goed op die site gesit, as jy hier aan die regterkant kyk sal jy snaakse video clips sien wat ek oral op die net kry, ek sal dit update op 'n weeklikse basis so bly maar daar kyk vir iets om oor te lag, dieselfde geld vir die fliek trailers, as jy graag 'n fliek se voorprent wil sien kyk hier regs, kliek op hom en dis so maklik soos dit.

Net nou die dag toe se ek hier op my site daar is iets groot fout met die weer, my woorde is nog nie 'n week oud nie en kyk wat gebeur in natal!
Die weer is in sy kanon in, van baie warm somers tot vrek koue winters, dan oorstroom ons en dan reen dit glad nie en so gaan ons aan, die bybel se mos in die laaste dae sal daar natuurrampe wees....
Dele van Natal kan rampgebiede verklaar word, en die ergste is glo nog oppad! Gelukkig het ek 'n verslaggewer in Natal en ek sal more foto's plaas wat hy vir my geneem het van die skade daar.
Te midde van hernieude geweld teen die opposisie in Zimbabwe die naweek het Suid-Afrika gekeer dat die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) dié kwessie bespreek.Suid-Afrika is vandeesmaand die voorsitter van die veiligheidsraad.Pres. Thabo Mbeki is intussen oor die kole gehaal omdat hy nog geen kommentaar oor die situasie in Zimbabwe gelewer het nie.Die Zimbabwe-regering het die naweek weer op die opposisie toegeslaan en mnr. Nelson Chamisa, woordvoerder van die beweging vir demokratiese verandering (MDC), is aangerand en gekeer om ’n vergadering in Europa by te woon.
Wat moet nou nog in Zimbabwe gebeur voor mnr. Mbeki iets aan die saak gaan doen en ophou skerm vir comrade Mugabe?
Moet Zimbabwe nou eers heeltemal in duie stort voor ons iets gaan doen en/of se, wil Mbeki soos 'n ridder op 'n wit perd daar inwals as dit klaar te laat is of is sy lojaliteit aan 'n voormalige comrade so groot dat hy bereid is om onmeetbare skade aan Suid-afrika se buitelandse beeld aan te rig.
Haal maar jou hoed of vir aartsbiskop Tutu, ten minste het hy nie een of ander siek skuldgevoel as dit by Bobbejaan Mugabe kom nie, Biskop Tutu weet waarvan hy praat en is nie bang vir die grootste boks in Afrika nie!
Hierdie storie uit die Beeld:
Mnr. Dumisani Kumalo, Suid-Afrika se ambassadeur by die VN, het gesê hy vind dit “vreemd” dat Brittanje gevra het vir ’n bespreking oor Zimbabwe in die veiligheidsraad. Die Zimbabwe-situasie hoort volgens hom nie op dié raad se agenda nie omdat dit “nie internasionale vrede en veiligheid bedreig nie”.Brittanje dring daarop aan dat die raad ingelig word oor die humanitêre, politieke en ekonomiese situasie in Zimbabwe wat veroorsaak dat miljoene Zimbabwiërs na buurlande vlug.Mnr. Emyr Jones-Parry, Brittanje se ambassadeur by die VN, het Vrydag gesê die doel van die bespreking sou wees om aandag te vestig op die “haglike omstandighede in Zimbabwe” en die gebeure die afgelope week.Mnr. Ross Herbert, politieke analis van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede, het gister in reaksie gesê wanneer dit kom by ander krisisse in Afrika, is Suid-Afrika ten gunste van ’n “vroeë waarskuwingstelsel” wat oorlog en ineenstorting kan keer, maar wanneer dit kom by Zimbabwe – “ ’n ramp wat besig is om te gebeur” – blokkeer hy alle besprekinge daaroor by forums soos die VN-menseregteraad.“Daar is dalk nie nou oorlog nie, maar ’n baie duidelike voorkombare ekonomiese ineenstorting, met mense wat oor die grens stroom en misdaad in buurlande veroorsaak. Die aanvalle op polisiekantore (in Harare verlede week) is ook ’n teken dat dinge nou lelik kan word.”
Dit wys net weer vir jou dat maak nie saak wat elke regdenkende Suid-Afrikaner dink nie, die stem van oningeligte, ongeskoolde en pleinweg net onnosele Suid-Afrikaners is te groot en die waansinnige geskreeu van mense wat wil weet wanneer gaan genoeg, genoeg wees, word net eenvoudig geignoreer, dis nou vir jou demokrasie in aksie!
Jammer mnr. Mbeki ek vra omverskoning, die res van die wereld is verkeerd en jy is reg, net soos met VIGS!
Die feit dat Mbeki in sy jongste weeklikse ANC Today-nuusbrief niks oor die jongste voorvalle in Zimbabwe gesê het nie, hoewel dit verlede week regoor die wêreld die nuus gehaal het, is gister skerp deur die Sunday Times in ’n hoofartikel gekritiseer.Mbeki leef in ’n “geïsoleerde kokon” en daarom dink hy die land se kommer oor misdaad en oor Zimbabwe se ineenstorting spruit uit rassisme en is kwessies wat net wit mense in Suid-Afrika bekommer, skryf die koerant.Intussen voorspel die Internasionale Monetêre Fonds die ineenstorting in Zimbabwe gaan versnel en dat ’n inflasiekoers van 5 000% teen einde vanjaar verwag word.
Amen op dit alles, ek is nou gatvol laat hulle maar vergaan dis nie meer my bekommernis nie, as dit Mbeki nie pla nie, hoekom moet ek dat dit dan my pla.
Ek sit en worstel met 'n hengse probleem in myself, ek weet nou ek kan verseker 'n Britse Paspoort kry en nou weet ek daar gaan 'n dag kom wanneer ek moet besluit gaan ek bly of gaan ek ry, gaan ek probeer help of het ek genoeg gehad en dan besef ek dis nie ek wat daai besluit gaan maak nie, my kinders gaan dit vir my maak, gaan ek toelaat dat hulle hier bly en teen hulle gediskrimineer word op elke denkbare vlak, net omdat hulle wit is, of gaan ek waai om hulle 'n geleentheid te gee om ook 'n lewe te kan he, ek sou nog hoop gehad het as ons 'n regering en 'n president gehad het wat erken daar is 'n probleem maar mnr. Mbeki se houding tans teenoor Afrikaners, witmense, misdaad en Zimbabwe, doen niks om my te laat dink beter tye wag op ons in die toekoms nie...... inteendeel ek sit en wag vir ons om nog 'n Zimbabwe te word, wonder of Mugabe ons sal kom help!
Anyway more is darem Dinsdag, ergste dag van die week, dis die verste van die naweek af, gaan kyk maar.
Ek sal julle more laat weet van die misdaadshow Vrydag en sommer ook myplanne met julle deel van hoe ons misdaad in ons gemeenskap kan uitroei, ja moenie lag nie ek bedoel dit!
Ek sluit af met hierdie een:
On a visit to Malawi , at the airport Mr Mbeki is met by the country's Minister of Harbours. All of a sudden Mr Mbeki realizes that this is absurd, this country Has no harbours as it is landlocked. He is very puzzled and decides to Find out what the story is. At the official state banquet later that night, he leans over to the president and asks: "Mr President why do you have a Minister of Harbours when you don't have any harbours?" The president looks Mr Mbeki straight in the eye and says: "Well, ... YOU have a Minister of Law and Order, don't you?" - he he he!
Wimpie

1 comment:

Anonymous said...

Van die os na die jas ek wil weet hierdie advertensie van Groet die Grotman kan julle nie asseblief daardie vroumense wat so kak lag afhaal nie dis glad nie 'n klank so op 'n mens se nugter maag nie daardie een vrou klink soos 'n hoer wat op 'n wortel plantasie afgekom het.

Dankie B Boksburg