
DIENSLEWERING IN SUID-AFRIKA!


In 'n tyd wat ons sit en hoop dat Suid-Afrika nie dieselfde paadjie gaan loop as Zimbabwe nie, en in 'n tyd wat ek nodig het dat my president my moet vertel dat ons darem verder gevorder het as ons buurman in die noorde, staan ek vanoggend op en gooi 'n vinnige es op Rapport se site om te sien wat alles gebeur in die wereld, skok en ongeloof begroet my as ek ons president se uitlatings op die voorblad moet lees.
Mnr Mbeki is jy ernstig of maak jy 'n swak grap, ek hoop dit is laasgenoemde, ek kan nie glo dat my president sulke uitlatings maak nie.“Vir diĆ© deel van ons bevolking (wittes) kommunikeer elke gerapporteerde voorval die skrikwekkende en verwagte boodskap dat die kaffers op pad is,” skryf Mbeki onder meer.
Met verwysing na wittes se houdings jeens swartes en reaksies op misdaad gebruik Mbeki die k-woord elf keer in die rubriek, onder meer in twee sub-opskrifte, “Kaffirs at the workplace” en “The Kaffirs are coming”.Scary man, scary, dit doen niks om my te oortuig dat ek en my familie veilig is hier in Suid-Afrika nie, inteendeel dit laat my glo dat alle protesaksies wat ons begin hier in ons land op dowe ore val en dat ons sit met 'n regering en leiers wat glo die keiser het klere aan en alles ins klopdisselboom hier in die land, misdaad is 'n persepsie wat net deur witmense raakgesien word en wat net witmense teen baklei..........
Ek is nie van plan om die res van my lewe te sit en worry oor bobbejane soos Mugabe nie, ek is ook nie van plan om die res van my lewe my te bekommer oor my familie nie, ek het 'n ouma wat in Ierland
gebore is en dit beteken.......EK KWALIFISEER VIR 'N IERSE PASPOORT.Raai waar is ek hierdie week wat kom, reg geraai by die Ierse konsulaat besig om my burgerskap in orde te kry.More (Maandag ) is daar weer chaos in Johannesburg, 90 000 mense sit sonder vervoer, hoekom? Barbare het twee van die Johannesburgse busdiens se werkers lewendig aan die brand gesteek en nou weier hulle om weer hulle busse te laat werk. Hoekom is hulle doodgebrand? Intimidasie.....met ander woorde, hulle wou nie staak nie...Dit alles is ook SEKER "N PERSEPSIE VAN WITMENSE NE MNR DIE PRESIDENT!!!As ek my paspoort kry is ek weg!!!! Goeie raad vir julle, gaan kyk iewers of jy nie 'n ouma of oupa iewers het met buitelandse bloed nie, as jy het, kry vir jou ander burgerskap, dit gaan nie beter raak hier vir ons pigmentgestremde witmense nie.

Voor ek my week negatief begin.........dit was darem 'n great sportnaweek, mooi so Stormers, Cheetahs en die Sharks, die welpies en die kalfies.....EISH!Min dinge het my groter plesier verskaf as Bangladesh wat Indie geklop het en my nuwe land, Ierland se oorwinning op St Patricksday nogal! Bey Bey Pakistan.

Nou net die hartseer nuus gehoor van die afsterwe van Bob Woolmer, onder hom as afrigter het die Proteas 'n 66% wensyfer in toetse en 73% in eendagwedstryde gehad, Suid Afrika rou.......

Gisteraand The last king of Scotland gekyk, gaan natuurlik oor Idi Amin en hoe hy sy skrikbewind gevoer het, wat my pla van die fliek is hoe dit AMIN AS "MENSLIK" UITBEELD, JA DIT TERWYL ONS WEET HY HET IN SY TYD 300 000 MENSE UITGEMOOR!
'n Woordjie aan Hollywood, beeld mense uit vir wie en wat hulle werklik was, dit is egter 'n goeie fliek, kyk dit as jy kansie kry.
Koeldranke is weer skaars, te min borrels alweer, iemand moet vir hom of haar 'n ander werk gaan soek!
Nou ja dis omtrent al wat op my hartjie is vir vandag, ons gesels more weer, ek het 'n plan om misdaad uit te roei, ja toemaar moenie lag nie, ek vertel more meer, lekker week.
Wimpie
3 comments:
en hierop kan ons net amen se
het jy al iets van uhuruh uitgevind?
Ag nee man wimps jy kan nie wil Ierland toe gaan nie, dis te koud!
Post a Comment