Tuesday, March 27, 2007

Blogs, Suidlanders, Steve en Kallis (Choker).



Ek het so bietjie op die net gaan rondkrap en kyk na ander blogs, ek sien ek kry darem al so bietjie meer as 100 hits per dag, ek dog toe dis maar dinges, blykbaar nie heeltemal so bad nie, ek sien op SA Blog Top Sites as ek na afrikaanse blogs kyk le ons so derde op die lysie, nie te sleg nie!


Ek dink die geheim van 'n blog is jy moet elke dag post sodat daar elke dag iets nuuts is en jy moet met nuwe idees kom, nou ja ek het 'n great een, een of ander tyd die week gaan ek my site so maak dat jy een of ander snaakse video of song kan aflaai, ja aflaai en op jou rekenaar hou, ek weet nog net nie hoe nie, sal jou laat weet wanneer ek dit gedoen het.

Dankie aan julle almal wat so getrou my site lees en luister op Oos Rand Stereo.


Ek het toe nou ook die Suidlanders DVD onder hande gehad en moes ook twee keer kyk, die eerste keer goed geskrik en die tweede keer bietjie meer oopkop daarna gekyk.
Met die oopkop kykslag het ek bietjie mooi gedink en besluit dis alles net 'n klomp tjol.... of is dit? Kan dit regtig wees dat daar 'n komplot is om witmense op 'n streep dood te maak?

Dit klink vergesog maar ons het mos nou al geleer dat dinge 'n snaakse manier het om te gebeur hier in Afrika, kyk maar na Ghana, Zimbabwe, Suid-Afrika.............

Toe nou van der Sandt... ek gaan nou nie weer begin myself negatief maak nie, ek is nou juis so half en half in 'n goeie bui.


Op 'n ernstige noot ek wonder hoeveel mense is besig om blikkieskos bymekaar te maak en baddens vol water te tap!

Daar is 'n paar goed op die video wat my laat wonder, soos bv die 1300 "soldate" wat per ongeluk in Mosambiek afgelaai is vir opleiding, watse opleiding, hoekom in Mosambiek as ons een van die top weermagte en kampe in dien wereld gehad het, ek wil die antwoord op daai vraag weet en ek wonder wie kan dit vir my gee, daar is in die ander kant weer te veel "bewyse" wat in die lug hang op die DVD, soos bv. Peter Ndoro het 'n onderhoud gehad op SABC2 (wanneer, watter datum, watter program, hoe laat en met watter persoon) verstaan jy wat ek bedoel.

Aan die ander kant is daar mense wat hierdie tipe propaganda soos soetkoek opvreet en snaakse dinge sal doen, vanoggend 'n berig in Die Beeld gehad van 'n vrou wat alles opgepak het en gery het na die bymekaarkom plek iewers in die Vrystaat, daar gekom is daar toe 'n klomp ander mense ook uitgekamp, twee dae later moes hulle maar weer huistoe want die wereld het toe nie vergaan nie, my punt is net, kan ons dit bekostig dat so 'n DVD aan alreeds verskrikte witmense in ons land vertoon word?

Aan die ander kant, kan ons dit bekostig om dit nie te kyk nie, ek weet nie, ek ken nie al die antwoorde nie, ek weet net een ding, alles is beslis nie net donker hier in Afrika nie....en dan het ek weer die verskriklike gedagte van Robert Mugabe se Zimbabwe in my kop en dan dink ek weer....gee almal daai DVD om te kyk.

Die net om Bob Woolmer se moordenaars trek stywer vas, hulle sal die skuldiges vang, dis net 'n kwessie van tyd.


Het Steve Hofmeyr en Jacob Zuma een of ander samewerkingsooreenkoms, iets soos as Zuma President word gee hy vir Steve die pos as Hofnar?.......



Ek joke net Steve ek kry net so 'n ongemaklike gevoel as ek Steve Hofmeyr, Leon Schuster en Jacob Zuma saam om 'n vuurtjie sien sit en kuier oor 'n skaaptjoppie en 'n klippies met coke.....eish! Wonder waaroor praat hulle, miskien vertel Zuma vir Steve hy moes gestort het na seks dan het hy miskien minder kinders gehad, toemaar alle grappies op 'n stokkie, die voormalige adjunkpresident van korrupsie speel sy kaarte goed........
Jacques Kallis, ai my ou, wanneer gaan jy begin lopies aanteken teen 'n vinniger pas as wat verf droog word.... Nee man ek hoor Kallis is gevang en toegesluit in die Windies vir die moord op Bob Woolmer, hulle se blykbaar hy's 'n verdagte want hy is 'n choker.

Ek sien moeilikheid vir ons ou laaste hoop spannetjie, laaste hoop want dis die laaste SA span wat ons by 'n wereldbeker sal verteenwoordig wat naastenby die beste span is wat ons kan kies. As ons dit nie maak teen Sri Lanka nie en ons loop ons vas in die Black Caps, moet ons teen Engeland en die Windies, op sy tuisveld nogal, wen.

Moenie vergeet nie daar is in Engeland se span twee ouens wat ons wil wys waar Dawid die wortels begrawe het, hulle is Andrew Strauss en Kevin Pieterson. Hulle kleur was glo te wit vir ons ou spannetjie, vandag sal ons wat wil gee vir 'n Pieterson in ons geledere, tekens van dit wat op ons wag in die toekoms.... Laat my dink ek en my Ierse paspoort kan mos maklik die Ierse span haal....
Nou ja daarmee gaan ek nou slaap, ek is moeg, moeg moeg, werk my gat af die laaste tyd! Voor ek gaan net gou die enetjie:

Queen Elizabeth, Bill Clinton and Rob Mugabe die and go to hell. But the
Devil has only one phone there.
Queen says "I miss my England can I use your phone and hear how my people are doing down there?" She calls and talks about five minutes. Then she asks: "Well devil, how much do I owe you for the call?" The devil says: "Five million dollars." She writes him a cheque and goes back to her chair.
Clinton wants to make a call too. He says "I wanna call the US." He talks about ten minutes, and then asks "How much do I owe you devil?" The devil says "Ten million dollars." He also writes a cheque and goes back to his seat.
Mugabe is jealous. He says "I want to call Zim". He calls and talks for about an hour ... then he asks the devil "How much do I owe you?" The devil replies: "Only one dollar."
Mugabe is shocked and asks "Why so little?" The devil says: "If you make a call from one hell to another, it's a local call."
Dankie Lena vir daai een.

Nou ja lekker dag, beye ou grote.

Wimpie

3 comments:

Anonymous said...

Hi Wimpie!!!

Great Breakfast Show!!!!! Jou blog is absoluut flambojant ek moet se ek sien dinge nou uit 'n hele ander oogpunt!!!!

Lekker dag

Simoné

Anonymous said...

WoW!!!!!!!!!!

Eerste keer op jou blog ek dink dis fantasies.
Ek's mal oor jou en jy's nogal sexy ook!
Thanks vir 'n goeie show ook.
Theresa

Anonymous said...

Ai,tog.Kan julle almal nie onthou hoe party mense rondgeskarrel het en tekere gegaan het net voor die eerste demokratiese verkiesing met blikkies kos,bom skuilings ens.ens.Ek wonder hoeveel van diesulkes swartgalliges is onder die wat die nuutste gerugte versprei nie, Toe het daar niks van gekom nie, en dieselfde is steeds die geval."conspiracy theorys" is die benoeming daarvoor.
Hey-moenie so ernstig wees nie! ons krieketspan gaan vandag terug kom met n vengeance-Ons almal vergeet van al die kere wat Kallis tot ons redding gekom het, en saterdag het hy kom kolf toe Tait sy 2e boulsessie begin, en uitstekend geboul het teen 146km/h.Onthou ook dat die draaibouler Hogg toe ook sy toetrede gemaak het,en ons almal ken ons suid-afrikaners se reputasie teen draaiers.Ek weet Muralitharan wag vir ons maar daar gaan niemand teen 145km aan die ander kant ook nog wees in tandem nie, so sien net sy 10 bb deur. Sterkte!
Danie Van Der Sandt