Monday, March 5, 2007

94.7 Piepie my af...weer! Steve en Jacob Regop, die weer en nog bietjie misdaad!

Mansfield op sy beste....in 'drag' iets wat ons moet weet?


En daar doen my favourite clowns dit toe weer, dis darem maklik om ons boertjies die m**r in te maak, ek verstaan in alle geval nie hoe werk julle boere se breins nie.
Mansfield wil 'n Afrikaanse show doen, nogal by Sun City, die kunstenaars weier want hulle speel nie afrikaanse musiek op 94.7 nie maar wat doen ons, ons luister maar anyway na ou vetgat Jeremy en hoe hy ons mense van die Oos Rand afkraak en vertel hoe commin is Afrikaners dan nou....
Na die kunstenaars, dis nou die Afrikaanse kunstenaars, weier om vir hulle op te tree, gaan verkondig 94.7 aan die wereld hulle lisensie voorwaardes weier dat hulle afrikaans mag speel....luister nou mooi en vertel my wat is die storie....
Hulle is 'n 'comercial' stasie, dieselfde as 5FM, hulle het dieselfde lisensie voorwaardes as bg. 5Fm speel f**polisiekar en "hemel op die platteland" word nr 1 op hulle stasie. Nkhalakata van Mandoza is treffers op 94.7 en 5fm, ook nie 'n Engelse song nie, so hoekom kan hulle Mandoza speel maar hull mag nie Afrikaans speel nie?!
Wag dit raak beter, Gisteraand Speel Highveld 'n rip off van de la Rey wat so gaan...., De La Rey is jy gay en sal jy die boere kom vry....
Ja jy't reg gelees, 'n afrikaanse song op 94.7 want hulle wil ons weer as agteraf en commin laat oorkom op die lug, met ander woorde as ons die boere wil verkleineer dan kan ons, ons lisensievoorwaardes maar vergeet en afrikaanse musiek speel want ons maak 'n bespotting van die boere.....well $#%@*& julle klomp agteraf lamsakke. Ek doen nou 'n beroep op al my luisteraars om hulle te boikot en nie meer een sent te spandeer aan hull foefies nie, BOIKOT HULLE EN LUISTER NA STASIES WAT AFRIKAANSE MUSIEK BEVORDER!!!


Nou sien ek Steve het met die voormalige adjunk president van korrupsie vergader en die waarskuwings daar op steve se sight is volop....Ek is seker Steve het 'n goeie rede daarvoor, ek hoop so anyway.


Wat gaan aan met die weer, nee man my donner so kan dit nie aangaan nie ek vrek van die hitte, al meer as 'n maand lank, wanneer laas het jy gehoor van tornado's in Suid-Afrika, wel blykbaar gisteraand sommer hier in Klerksdorp, ons vrek van die hitte, tornado's en siklone, wat dink jy is volgende? Wonder maar net alles klink nie vir my te pluis in die wereld se weer nie!

Sheldean Human is nog steeds nie gevind nie en ek is jammer om dit te moet se maar elke dag wat sy weg is raak die kanse skraler dat sy gevind sal word....ek bid ek is verkeerd!

Wat ek nie verstaan nie is dat niemand iets weet nie, snert man iewers is daar iemand wat iets weet, die perfekte misdaad bestaan nie, as die gemeenskap nie saamwerk nie sal geen misdaad ooit opogelos word nie!

Ek kom net gou terug na Jacob "regop" Zuma toe ek sien hy se ook nou misdaad is buite beheer, verbeel ek my of vry hy na die boere, eers Steve en nou die misdaad storie, Jacob soek jy dalk stemme?


Ruann Booysen is 'n 10 jarige seuntjie wat 'n klomp rowers lekker op hulle moer gegee het toe hulle ingebreek het, jy sien Ruann is doof en het nie gehoor hulle se hy moet stilsit toe die rowers inbreek nie, iemand gee vir die mannetjie 'n medalje iewers.....hy verdien dit.
Dis my storie vir vandag, terugvoering oor die dwelm en misdaad storie Donderdag op die Breakfast Show moenie dit mis nie...
Cheers tot more.
Wimpie

3 comments:

Anonymous said...

Hi Wimpie

JM en 94.7 is hipokrate.
Martie

Anonymous said...

Hi Wimpie

JM het nie show sondag aand aangebied nie, so mens kan hom nie blameer vir die De la Rey song nie. Hy het vanoggend onverskoning gevra vir 'n ander presenter se onthalwe. As julle will he ons moet na julle luister, hoekom vang die stasie net tot in Benoni op, dit suck, ek ry Bedfordview toe en kan net tot in Benoni vir julle luister dan het ek nie ander keuse as on 94.7 te luister nie. So maak miskien plan.

Anonymous said...

Wimpie het nie gese JM het die show aangebied nie. 94.7 het gese hulle mag nie afrikaans speel nie, so mag hulle of mag hulle nie?
Martie