
Hoofnuus is sekerlik dat hulle nou reken Bob Woolmer, voormalige SA krieketafrigter en ten tyde van sy dood, Pakistan se afrigter is vermoor.Wedstryde wat gefix word is lankal nie meer nuus nie, dink maar aan Hansie Cronje se val, waaraan ons nie gewoond is nie en wat klink soos die script uit een of ander Bollywood rolprent is die veronderstelling dat mense dalk kan moor daarvoor.Tussen hakkies Beeld het in sy beriggewing van Woolmer se dood 'n paar gruwelike foute gemaak wat mens sekerlik nie van die grootste Afrikaanse dagblad in die wereld sou verwag nie, soos bv. dat Pakistan deur Bangladesh geklop is en uitgeskakel is uit die wereldbeker...... komaan ouens selfs my ma en my dogter weet dat hulle deur Ierland geklop is!!!!!!!!

Daar is nou vanoggend bevestig dat die polisie in die Windies ondersoek nou 'n moordsaak, dit het nou alles gisteraand gebeur. Ek het al voorheen op hierdie forum gese dat krieket in Pakistan is korrup en die IKR het nou bloed op hulle hande deur te weier om teen Pakistan op te tree. Dit begin deur hulle te los dat hulle wegkom wanneer hulle twee voorste boulers positief toets vir opkikkers en hulle nie geskors word nie. Nou is die tyd om op te tree teen Pakistan en krieket op die subkontinent skoon te maak anders is die dood van 'n goeie mens soos Bob Woolmer vergeefs....Is dit dalk die moeite werd in die lig van hierdie nuwe gebeure om weer te kyk na die dood van Hansie Cronje?
Mens kan nie
anders as om jou hoed te lig vir Patricia de Lille nie, ek meen kom ons wees nou maar eerlik, hier is sy, sekerlik die mees beskermde spesie in Suid-Afrika, 'n nie-blanke - vrou - in die nuwe Suid-Afrika, ek meen hoe bevoorreg wil jy wees, en sekerlik 'n kanidaat om die hoogste sport in Suis-Afrika te bereik, en wat doen sy, sy gaan verklae haar voormalige agtergeblewe pelle, soos Tony Yengeni, wat korrupsiegeld aanvaar het, en nog 29 ander wat dieselfde paadjie geloop het, in 'n Afrika waar die norm is dat voormalige "vryheidsvegters" na mekaar omsien, kom breek sy die stereotipe en blaas die fluitjie op haar korrupte mede stryders.............. net daarvoor kan sy amper my stem kry.

Ek dink 'n klomp voormalige oudstryders slaap onrustig.Wou nog gister se van Jacob Zuma se konsert gister waar net 1000 mense opgedaag het, Zuma was toe so teleurgesteld dat dat hy nie eers 'n verskyning op die verhoog wou maak nie, komaan Jacob, van die hele 'Friends of Jacob Zuma" beweging het ten minste hierdie 1 000 opgedaag, ek dink die minste wat jy kon doen was om hulle erkening te gee en te se dankie dat hulle opgedaag het toe hulle geld moes betaal om ou te sien en ondersteun, ek sou nogals dankbaar gewees het.
En so staan ons weer op die vooraand van nog 'n naweek en op die vooraand van die grootste krieketgame van die wereldbeker tot dusver, Suid-Afrika teen Australie, en wat 'n game gaan dit nie wees nie, sterkte aan die Protea's Suid-Afrika hou duim vas!

Sterkte ook aan die Stormers, as ons nog een game oorsee wen was die toer 'n sukses!
Ek sit vandag en dink aan hoekom doen ek dit wat ek doen en dan moet ek
eerlikwaar se ek weet nie want dis gewis nie vir die geld nie, ek dink dis 'n roeping, ek voel deesdae dis 'n roeping want niemand anders wil dit doen nie, moenie vandag (Vrydag) se show misloop oor misdaad nie, dit gaan hopelik baie vrae vir jou antwoord, en ook vir my, en as daar iets is wat ek kan doen om te help, bel in, e-mail of kom sien my, dis nou maar een maal blykbaar my roeping.....Ek update die site weer oor die naweek, dankie vir die ondersteuning - Wimpie!

No comments:
Post a Comment