Tuesday, March 6, 2007

Sheldean en niks anders nie...












Wat kan 'n mens se behalwe dat jou hart vanaand bloei, my hart bloei vir Sheldean Human se ouers, maatjies en vir my mense wat vanaand seer het...
Ek huil omdat my kinders hier grootword, ek huil omdat ek as 'n ouer nie vir my kinders die mees basiese van alle lewensbehoeftes, die veiligheid om groot te word in jou eie land, kan waarborg nie
Ek treur vanaand omdat die paar foto's hierbo 'n hele lewe verteenwoordig, 'n lewe van net sewe jaar, 'n lewe wat nog soveel kon bereik, 'n lewe wat nooit sal verstaan hoekom ooms goed aan klein kindertjies soos wat met haar gebeur het nie, ek treur omdat daar iewers in ons gemeenskap nog klein Sheldean Human's is en ek huil omdat ek weet ek weer eendag hierdie storie gaan vertel.
Ek het al voorheen op my show gese dat daar geen dier op aarde rondloop wat sal doen aan hulle kinders wat mense doen nie. As 'n verteenwoordiger van die menslike ras in ons wereld laat sak ek vanaand my kop in skaamte voor God en moet ek erken dat ons nie die reg het om oor ander wesens op hierdie planeet te regeer nie.
Aan Sheldean Human se ouers my grootste diepste en innigste meegevoel.... Aan die skuim wat hierdie daad aan 'n jong onskuldige kind op die vooraand van haar lewe gedoen het..... die bybel se jy moet kan vergewe, 70x7 keer, ek gaan probeer om dit te doen ...... maar God weet dit is moeilik.
Ek trek Vrydag 'n blou denim met 'n pienk hemp aan, ek het hierdie e-mail ontvang vandag:
Ons het onlangs verskeie skrywes regoor Suid Afrika uitgestuur, aangaande die verdwyning van Sheldean Human. Koerante, radiostasies en televisie het daagliks die nuutste verwikkelinge vir meer as twee weke lank uitgesaai. Suid Afrika het gehoop en gebid...Vanaand het ons die tragiese nuus ontvang dat haar liggaampie gevind is...haar ontvoerder het gebieg en het die polisie na die plek gelei waar hy haar erg-ontbinde liggaam weggesteek het. Suid Afrika treur vanaand...As ‘n gemeenskap was dit skokkend vir ons dat een van ons kinders weggeraak het. Ons het die polisie bygestaan in hulle soektog en hard uitgeskreeu teen hierdie vieslike daad wat gepleeg was. Maar vir klein Sheldean Human was dit te laat...Om ons woede oor die slagting van ‘n onskuldige kind uit te dra, het talle besorgde ouers en lede van eBlockWatch (www.eblockwatch.co.za) besluit dat ons op Vrydag 9 Maart 2007 weer pienk hemde en denims sal dra (dieselfde kleertjies wat Sheldean aangehad het met die dag wat sy verdwyn het). Ons sal ook by die hof bymekaar kom waar die verdagte sal verskyn en waar ons, ons frustrasie sal uitbasuin en ‘n beroep op die Owerhede en Gemeenskappe sal doen om misdaad daadwerkilk die hoof te bied.DUS wil ons almal versoek om deel te neem aan hierdie tweede Pienk Dag. Trek jou pienk hemp en denim aan om te wys jy staan op teen geweld teen kinders en jy ondesteun ons in simpatie met Shekdean Human se familie.Dra hierdie versoek oor aan elke moontlike persoon wat jy kan bereik deur jou e-pos, selfoon en mond tot mond.
Ek sal my klein deeltjie doen en pienk en blou dra om 'n stem te wees Vrydag vir iemand wat nie meer 'n stem het nie.
STOP DIE SLAGTING VAN ONSKULDIGE MENSE IN MY LAND, HOU OP ONS ONS KINDERS TE VERKRAG EN VERMOOR, WAT IN HEMELS NAAM IS FOUT MET JULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ek lees vandag in die Pretoria News van die Nasionale Polisie hoof Jackie Selebi wat se dat misdaad in Suid afrika is nie 'n krises nie, as dit 'n krises was sou die polisie heeldag agter klagtes aangejaag het.....
Net twee paragrawe later en doen my 'n guns gaan soek dit op want ek oordryf nie, se die einste mnr. Selebi, die polisie ondersoek 2.5 miljoen sake per jaar en is te besig om rond te hardloop met "petty" misdrywe.
Is dit net ek of sien julle ook die algehele breindoodgeid agter sulke stellings...
Mnr. Selebi gaan maak daardie twee stellings aan Sheldean Human se ouers!
Ek is bang vir hierdie land, en ja mnr. die minister van wet en orde.... ek wil ook graag emmigreer vir almal wat ek liefhet se onthalwe.... maar ek het nuus vir jou ek kan nie, my kinders kan nie en diegene vir wie ek lief is kan ook nie.
Newsflash Einstein ek en ons almal is hier om te bly en ek sal aanhou om te praat en te kla tot JULLE WAKKER WORD EN IETS DOEN AAN MISDAAD IN HIERDIE LAND, MISDAAD HET NIE 'N KLEUR NIE, ONS ALMAL LOOP DEUR, WIT, SWART BRUIN OF PIENK EN ONS IS ALMAL SUID-AFRIKANERS EN ONS IS GATVOL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ek gaan nie eers probeer om iets anders te skryf vanaand nie, ek is moeg en ek bloei, gun my dit, DRA PIENK VRYDAG, STUUR 'N BOODSKAP ONS IS MOEG VIR MISDAAD!
Aan Sheldean, kuier lekker in die hemel by Jesus kleinding
Aan die res van ons, doen iets vandag dis ons plig.
Wimpie

10 comments:

Anonymous said...

ek huil saam met jou wimpie
Pam

Anonymous said...

dis so baie hartseer wimpie
Martie

Anonymous said...

Dankie vir dit wat jy doen.
Met so wonderlike menslike mens wat ons op oosrand het kan jy nie anders om respek groot respek vir jou te kry nie ons wat nie toegang het op die internet nie is tog maar agter jou en wat ons as gemeenskap vir jou beteken.

Al ons opregte gebede is saam met jou wat jy doen en waar jy is dat jy sal veilig wees

Baie dankie is so klein woordjie maar dit is ook uit my hart uit



Dankie baie dankie Wimpie

Sharon

Anonymous said...

ons kan nie n dag verby laat gaan sonder om dankbaar te wees ons kinders is veilig en gesond nie.
Ligter noot- ek het vrydag al voorspel die stormers gaan n hele ommeswaai he,maar kon nie my comment deur kry nie.
Danie

Anonymous said...

Ja Wimpie ek dink ons almal voel soos jy vandag.Die hartseer rondom haar kort lewetjie sal ons nog lank bybly.Daarom skryf ek vir jou om jou net te bedank vir wat jy vir my kind beteken het.Ons het haar ook amper verloor... Jou bydrae en gebede het nie ongesiens verby gegaan nie.Jou groot input in haar lewe skyn elke dag meer helder.

Anonymous said...

WIMPIE, EK STEM SAAM KOM ONS STAAN SAAM TEEN HIERDIE MISDAAD!!! ONS ALMAL HET NOG JONG KINDERS WAT ALMAL TEIKENS IS VIR HIERDIE SKUIM!!! DRA PIENK VRYDAG EN WYS ONS STAAN NOU SAAM!!!!!!!!!!!

Anonymous said...

Wimpie
Doen asb beroep op ALLE skoolhoofde in Springs (en verder in die Oosrand as jy kan) om die dra pienk veldtog Vrydag te ondersteun - al; moet jy hulle more op die lug bel!!!!
Ideale geleentheid om te wys ons kan saam staan, al is dit net as Oosranders.
Soos almal, GATVOL vir misdaad
KOM ONS DOEN IETS

Pieter

Anonymous said...

Stem saam !!!!

Ondersteun "PIENK" veldtog...

Dra PIENK Vrydag!!!!!

Strauss

Anonymous said...

Wimp. die antwoord op wat met ons in hierdie land gebeur is opgeskryf in die Bybel. Jesaja 18 praat van al die lande onderkant Eetiopie en ons staan nou daar in vers6. Die tweede helfde van die vers. Wimp het jy dan nie self hierdie barbare wat sulke dade pleeg diere genoem nie?
Ons almal in S.a. sal moet terugkeer na en tot God bid anders is dit "Tickets met ons Pappie".
Nog iets. Hoeveel skuld kan aan die voete van die S.A.U.K. gele word? Wat sien jy op tv. Hoeveel geweld en misdaad en seks? Nou vra ons waar kom die slegte mens aan sy idees? Waar word sy drange opgewek? Waar sien hy hoe mens martel en moor en roof? Dankie Wimpie dis genoeg gese

Anonymous said...

Ek laaik wat jy doen met die blog en daarom ondersteun ek jou blog sover as wat ek kan, en vra ook so dat mense wat dalk die lees ook Wimpie se link op hulle site's of signatures kan sit. Hou so aan! misdaad moet stop a.s.a.p of ons - nee wag ons kinders is in hul m*&r in.

Dit gaan nie oor ons meer nie dit gaan oor ons kinders en hulle kinders, ons kan n verskil maak, kom ons doen dit, en ons hou op moun en se die regring moet reg kom, kom ons vat hulle aan kom ons kry die blog active, kom ons kry hits op die blog, en stuur dit aan na die regring, onthou 1 vuurhoutjie kan n twee huise afbrand. Kom ons maak die verskil. Vertel julle vriende van die site, dit is al klaar n groot stap!

Joker