Goeie nuus is dat jy nou maklik comments kan los op my blog, ek het dit oopgemaak vir almal, so al wat jy nou hoef te doen is click op die comments en los een, jy hoef nie meer in te teken nie.
Die Polisie het nog steeds nie vir Sheldean Human gekry nie, ek sal gruwelik in my plig faal as ek nie dit noem nie...

Onderwysers en leerlinge van die Laerskool Tuinrand in die weste van Pretoria met die pienk-en-denim-uitrustings wat hulle gister ter ondersteuning van die soektog na die vermiste Sheldean Human (7) gedra het.
Help dat sy gevind kan word, kyk om jou rond as jy iets sien wat snaaks lyk, laat weet die polisie miskien kom hulle uit.
Een of ander domdrol het 'n R15 000 boete gekry omdat hy soos Jody Scheckter teen 232km/h op ons paaie gejaag het, wat 'n boks! As jy so wil jaag verdien jy eintlik om baie meer as net R15 000 te betaal, jy verdien om jou lisensie te verloor....


So van vuurwaens gepraat, ek het my toekomstige kar vandag gesien en sommer 'n ent in hom gaan ry, wat 'n kar! Kon myself nie help nie en het 'n paar foto's geneem van die sogenaamde 'groen kar', die Toyota Prius.
Dit is nou 'n droomkar, magtie mens! Komaan Toyota hoe lyk dit, borg 'n bietjie hierdie ou omroepertjie met een van hierdie outjies vir 'n jaar of wat.....Toyota se MD was mos hoeka ook 'n Hugenote boytjie.

Nuwe restuarant oopgemaak hier in Suspension City, welkom aan Mike's Kitchen, uiteindelik bietjie mededinging vir die Spur....hier kom 'n ding!
Gisteraand na werk bietjie daar gekuier, soos jy kan sien het party van ons bietjie meer gekuier as ander!
Ek se maar niks behalwe dat daar Tequila betrokke was nie!
Slegte nuus is dat tolpad gelde al weer op is, dankie Trevor Manual.... ek verstaan nog steeds nie hoe werk tolpaaie nie, ons is en bly seker die enigste land in die wereld waar ons 'n bestaande pad vat en 'n huisie met 'n boom op hom bou en dan mense se ore van hulle koppe laat betaal om daarop te ry....absurd!
Ek moet seker iets se van die arme skool in Ermelo wat nou nie meer 'n afrikaanse skool mag wees nie, mens sou seker verwag dat die Engelse kinders nou sou instroom ..... wel ja hulle het, al 13 van hulle. hehehehe!!
Dan sien ek Dozi oorweeg dit weer om te trou..... ek weet van minstens 6363784337 ander kere wat daar ook sulke oorwegings was! Los dit maar net by die oorweeg deel ou grote!
Ek sukkel nog steeds om die polisie in die hande te kry oor terugvoering oor ons show oor drugs, Nigerians onwettige immigrante en misdaad in die algemeen....HEY JULLE EK SOEK JULLE...BEL MY TERUG EK GAAN DIT NIE LOS NIE, HIER IS NOU EEN BOERSEUN WAT SOOS DIE KAT GAAN AANHOU TERUGKOM TOT JULLE MY ANTWOORD HOOR JULLE MY!!
Ek het vergeet om nou die dag die antwoord te gee van hierdie een. Voltooi die formule MTWT_ _ _ ek kan nie glo dis so moeilik nie. MTWTFSS........ huh? okay dan Monday....Tuesday... aaah ek sien julle het dit nou!
Amper naweek weer tyd vir Super 12 en die Stormers en die Bulls! Ek het geen hoop dat die Stormers gaan wen nie, saam met die feit dat ek nie meer golf speel nie, ek het mos my swing iewers verloor, beteken dit die naweek gaan sommer af wees, ek is ook anyway lankal moeg vir ons heerlike warm somersdae, somersdae se dinges man....DIS TYD VIR DIE WINTER!!
Dankie vir al die epos en mooi woorde oor my blog, ek verstaan party van julle het gesukkel want julle kon nie comments post nie, wel probeer gerus weer ek dink ek het die probleem opgelos ek dink so in alle geval.
Sterkte Stormer, more is weekend, he 'n great aand, luister na Oos rand Stereo en in die woorde van Elvis...Rock on!
Groetnis
W
7 comments:
hey wimpie stem saam jou oor die ermelo ding ek het dit ook op my blog gedoen. Dis nice, jou blog, hou so aan dis nice as daar 'n paar van ons is wat praat! Steve H
Wimps
mooi man praat jou praat, dis goed om te hoor wat jy nie altyd op die radio kan se nie
hou so aan bra jy kook
Hi Wimseun,Ek is in my noppies met jou blogspot.Gee misdaad gas en ek hou van die pikswart motortjie en veral die navigasie.Cheers my bra.
Skaapseun
About time for a blog like this, Keep on doing what you're doing
Carol
Wat se jy van jou stormertjies, gedink nie veel nie.
sterkte vir die naweek - Natasha
Ek wil net se baie danki vir n' goeie program, ons is ook Stomer ondersteuners al bly ons 30 jaar in Brakpan. Werk in Kempton, luister net 93.9. Groete Vlokkie
Post a Comment