Sunday, March 4, 2007

Sondae, mugabe, Selebe, Aliens en dreigemente, ek is bang ja!

Wel Sondagmiddag, die slegste tyd van die week, die naweek is verby en dit is alweer tyd om Maandag in die gesig te kyk....

Terwyl ek so sit en dink aan die lewe, wat dit alles beteken, hoekom is ons hier, hoekom sit ek nie in New York waar ek baie beter sal inpas as hier en wat kan ek daaraan doen, wonder ek oor wat alles beteken, ek meen jy werk sodat jy vir jou mooi goed kan kry, maar wanneer is jy eintlik gelukkig?



Wat is die een ding wat jou gaan gelukkig maak, as jy hier lees en jy sit en wag vir die antwoord.... wel die antwoord is net .... ek weet nie, ek weet nie want vir verskillende mense is daar verskillende goed wat ons gelukkig maak, die winter maak my gelukkig, dit maak my gelukkig as ek nie die hele dag loop en sweet nie, maar dis net ek...


Ongelukkig is daar ander goed wat ander mense gelukkig maak in die lewe, dit maak Robert Mugabe gelukkig om sy land op te donner, dit maak Jackie Selebi gelukkig om 'n scaly karakter te wees, ja ek sien hy is alweer in die moeilikheid, nog 'n kurrupte transaksie iewers waarvan 'Noseweek" uitgevind het. Nog drie maande dis wat ek Selebi gee, dan is hy ook net nog 'n korrupte beampte wat elke tweede week iewers in die hof verskyn.


Dienslewering maak my klaar, Telkom, Vodacom, MTN, Cell C hulle is almal ewe swak, het jy al 'n oproep gemaak na een van hulle sogenaamde Callcentres toe? Probeer 'n bietjie, naderhand gee jy net op en sit die foon neer.



Hoeveel keer het jy al 'n oproep gemaak om net weer na 10 of 20 sekondes afgesny te word, en dan moet jy weer terugbel, en betaal vir nog 'n oproep...

Ek wil nie hamer op dit nie maar regstellende aksie en kwotas verorsaak dat die wereld se misdaad hoofkwartier ook kan spog met die swakste dienslewering in die heelal.
Ek sien Pallo Jordan het ook nou sy voet in dit gesit, mnr. Jordan alles wat die afrikaners in hierdie land gedoen het was nie sleg en uit die hel geinspireer nie hoor! Afrikaners het ook 'n daadwerklike bydrae gemaak tot hierdie land EN DIT KAN NOOIT EN SAL NOOIT misken word nie, jy kan maar plekname verander soos jy wil, dit bewys net weer dat die demokratisie definisie wat jy en ek het, twee verskillende definisies is.
Ek staan by my storie dat misdaad in ons land buite beheer is en gepleeg word deur die miljoene onwettige immigrante hier in ons land.

Ek is so bly oor hierdie berig in die rapport:
Daar is oorgenoeg rede om deeglik ondersoek in te stel om te bepaal hoeveel buitelanders onwettig in Suid-Afrika is en hoeveel van dié mense by misdaad betrokke is.
So sê dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria.
Volgens Burger het niemand, nie eens die regering nie, ’n idee hoeveel buitelanders onwettig hier is nie. “Ons sal maar net moet aanvaar dit is ’n paar miljoen,” sê Burger.
En verder, sê hy, weet niemand in watter mate dié onwettiges by misdaad betrokke is nie.
“Maar net te oordeel na koerantberigte is buitelanders – buite verhouding tot hul getalle – by misdaad hier betrokke.”
“Die regering behoort dit deeglik te ondersoek. Eers as jy presies weet wat aangaan, kan jy aan oplossings dink,” meen Burger.
Veral buitelanders se rol by georganiseerde misdaad moet onder die loep kom, meen hy. “Ons weet byvoorbeeld dat mense van Wes-Afrika by dwelmhandel betrokke is en dat Mosambiekers by motorkapings en geweldmisdaad betrokke is.”
Maar, verduidelik hy, daar is ongelukkig “ ’n groot probleem” in ons land in die sin dat sommige aspekte van misdaad om politieke redes taboe is, byvoorbeeld onwettige immigrante se rol in misdaad.
“As jy in Suid-Afrika net begin verwys na die verband tussen vreemdelinge en misdaad, word jy onmiddellik van vreemdelingehaat beskuldig. Maar die feit is dat buitelanders reuse-druk op ons land se infrastruktuur soos watervoorsiening plaas,” sê Burger.



Kan maar net se Amen op dit.




Dit bring my by die lekker dinge en daar is min dinge lekkerder as 'n lekker goeie rugby naweek, bly om te sien die Stormers wen weer vir 'n slag, maar ek wil eerder nie te gou praat nie behalwe om te se Jean de Villiers begin weer soos 'n bok lyk.



Geluk ook aan die Bulls en die Sharks, amper vir die Cheetahs en ja okay geluk ook aan die welpies.


Ek het ook 'n Bachelors party gehad die naweek, soos julle kan sien Barend was sal ons maar net se in die gees van dinge, hoop die sardiens het gehelp Barend en ek hoop jy recover betyds vir volgende week se troue!















Dis al vir nou, more is Maandag, ek beloof om hierdie week terugvoering te gee oor die dwelm storie as ek die polisie in die hande kan kry.
O ja julle sal hierdie graag wil weet, ek is Vrydag deur 'n besigheidsman in Springs gedryg dat hy my gaan dagvaar as ek aanhou oor my storie oor dwelms nadat 'n luisteraar gese het daar word dwelms op sy perseel verkoop..... Okay so ek is nou al gedreig dat ek papgeslaan gaan word, doodgemaak gaan word en nou dat ek gedagvaar gaan word vir alles wat ek besit.....WELL BRING IT ON...
Peace y'all ek update weer Maandagaand, luister die Breakfast Show en toemaar ek word nie so maklik ge intimideer nie!
Wimpie

9 comments:

Anonymous said...

cool blog bro - keep it up

Anonymous said...

wimps het jy gehoor wat se highveld van de la rey

Anonymous said...

Great Storie Oom! - Moet net nie so baie skryf nie asb, my oe raak moeg. Maar great ek geniet die site!

Anonymous said...

Great site. - Johan Vorster

Anonymous said...

Gaan check die Joker site ook www.thejoker.co.za, thx vir die ad space Mnr Van Der Sandt

Anonymous said...

Wimpie ek is mal oor jou show in die oggend, het jy 'n meisie of 'n vrou of is jy getroud?
Santie

Anonymous said...

HI Wimpie, ek is 'n baie gereelde luisteraar en het uitgesien na jou blog! Ek vertel almal van jou 'brekfis show' en daar is mense wat se dat as ons so ernstig oor afrikaans is, moet ons suiwer praat. Ekt 4 jaar na skool afrikaans studeer, maar voel ook dat praat taal anders as studeer taal is. Wat dink jy? Kan ons 'n beter foto van jou kry op jou blog? Die een lyk of dit met 'n selfoon geneem is? Ek wil graag dat my kids ook jou site lees, dink jy dis moontlik om te sny op die vloekwoorde? Jou show is die beste ontbyt show in sa en die beste show op oos rand stereo.

Anonymous said...

Hallo Wimpie - great show in die oggende, dis nice dat daar iemand is wat `n ding se as dit sy gat krap !Iemand wat omgee vir sy mense !Ons luister heeldag na ORS maar regtig as daai aap van Prosperous Bum opkom sit ons af ! As die ou net musiek speel is dit ok ,maar niemand kan `n woord verstaan wat hy roggel nie - kan ons hom nie maar afkry of middernag toe skuif nie ? Kallis is nie `n slegte speler nie - net so dom ! Hy dink nog dis `n 5daagse toets ! Hou aan met jou goeie werk ! Tandmuis !

Anonymous said...

Wimpie weereens `n great show dankie dat jy omgee en `n geraas maak - gaan more saam saam optog hou -maar ons het bietjie lag ook nodig in die breakfast show - almal is gatvol vir cime en drugs - yes great ons moet iets doen ! dankie daarvoor maar ons moet lag en kakpraat ook - ek dink opcheer is ook deel daarvan , watvan iets ligsinnigs ook - dalk net `n paar silly sms`e uitsaai ! moet my nie vekeerd verstaan nie dis `n great show maar ek dink die swartgalligheid en negitiwiteid is besig om om die oorhahand te kry ! ons het ook nodig om cheerfull te wees en te lag !sorry ek weet dis kritiek maar hoop jy sien dit positief ! nogsteeds as prosperous bam opkom sit ons af ! hy`s `n pyn in die gat ! o ja pedro reken chocalates is `n beter plaasvervanger as seks ! die arme mens weet nie wat hy mis nie !!!! hou aan met die goeie werk - as jy kan laat ons net lag ook -great show ! tandmuis !