Dankie vir die major reaksie op Internasionale Cleavage dag, dankie vir al julle great foto's en e-mails! Ek wens dat ek almal kon plaas, maar ek is bang die site begin lyk soos Playboy se homepage!
Op 'n persoonlike noot, lekker naweek gehad, golf gespeel en trots om te se die Leeulopers het skoonskip gemaak in die Ercil liga en is nou die alleen voorlopers in die liga! Mooi so manne.
Slegte nuus van Japie Mulder, hy is 'n pel van my en ek sal graag sy kant van die storie wil hoor, op hierdie stadium gaan ek liewer nie myself daaroor uitlaat nie.
Die naweek bietjie met mense gekuier en dit is vir my opvallend hoe mense na 'n paar doppe 'n gedaante verwisseling ondergaan, 'n heel gawe en goeie ou ontaard na so vyf doppe sommer in 'n onbeskofte buffel wat skoorsoek met almal.
Dit bring my by die punt wat ek wil maak, jy as mens moet tog weet hoeveel is genoeg vir jou, hoeveel kan jy drink voor jy 'n ongeskikte buffel raak en met almal stry en skoorsoek.
Partymense kan drank hanteer en hulle bly dieselfde, word bietjie loud partykeer, maar bly nog steeds dieselfde mens, ander kan nie en moet glad nie drink nie, NIKS, nie eers 'n Castle Light nie.
Ek het 'n beginselbesluit geneem die naweek om net nie meer saam met sulke mense te kuier nie, einde van die storie.
'n Paar lekker nuwe movies die naweek uitgereik, gaan probeer om van hulle te kyk in die volgende paar dae, sal julle laat weet hoe dit is.
Ek post so bietjie later vandag weer as ek gekyk het wat het die naweek alles in die wereld aangegaan, sal seker teen vanaand se kant wees.
Tot dan, moenie drink vandag as jy nie jou drank kan hanteer nie!!!
Wimpie
Sunday, April 1, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)





1 comment:
Wimpie ag nee man dis mos nie ñ goeie voorbeeld van jou om die "Cleavage" dag so aan te wakker nie? Nou kyk daai siek mense na dit daar buite en iemand word weer aangerand - jy weet mos hoe gaan dit in ons land??
Post a Comment