As jy 'n akteur is op 7e Laan beteken dit nie jy kan 'n show aanbied nie, dit het eventually gegrens aan polsafkou!
Nee regtig mense volgende keer, kry 'n script, leer hom uit julle koppe en vergeet van improvise want julle kan nie.
Die kunstenaars was cool, so bietjie opgevang met Dozi, die man is nou so rustig dis eintlik bietjie scary, lekker gechat met Arno Jordaan, hy was 'n groot hit en Kurt was baie goed al het sy backtracks hom gedrop....... weer 'n keer!
Steve Hofmeyr was soos gewoonlik uitstekend net jammer sy klankman was nie so great nie.
Maar nou ja nog 'n jaar nog 'n show en Afrikaanse musiek is nog daar, soortvan, verbeel ek my of was daar minder mense as verlede jaar, ouens soos Dozi sal moet met iets nuuts opkom of miskien het ek net te veel Afrikaanse shows al gesien........
140 Mense is dood op die paaie die naweek en die ticker tel nog af... Suid-Afrikaners bestuurs soos bokse, ek het dit weer gesien oppad huistoe van die skou af, 140km/h in die linkerkant van die pad en jou werklikwaar sal daar nie 'n idioot op my stert sit nie.... Wat gaan aan met ons mense as hulle agter 'n kar se wiel inskuif wil hulle Micheal Schumacher probeer wees, nee man regtig, kry 'n lewe en word groot, as jy bestuur is die tyd vir kinderspeletjies mos verby, maar nee dis een of ander macho Suid-Afrikaanse ding.
Ek plaas 'n paar foto's van die skou.
Links is Gerhard Schaap, ek en Kurt, reg geraai, by die kroeg, toema dit was rooi koeldrank!

Anyway dit is my storie vir die dag ek blog weer bietjie more, dit was lekker vandag, dankie Lardus vir die kaartjies en dankie aan Eugene van Redbull wat ons besig gehou het, dit was great ons maak weer so!
Groetnis
Wimpie
3 comments:
ja wimps ek is seker dit was net 'n appletiser gewees!
Dis mos nou 'n baie meer sexy fot vir jou blog.
Ricky
Ek is bly om te sien jyt jouself geniet,jy lyk baie rustig!Ek moet se jy is baie aantrekliker as Kurt moenie eers praat van sexy nie.!Die ding is net hoekom is jy so droog om appletiser te drink,ek is seker n dop gee jou dam n ....!
Goed om jou weer te sien;~)
ps:wanneer kan ek my g-string terug kry?
Post a Comment