
Hier is 'n interessante variasie op die ou Urban Legend van die ou met die bybel in sy sak wat die patroon stop.
Hierdie links is 'n ipod van 'n soldaat in Irak, die ipod was in sy sak ek het ', Irakse patroon gekeer....
Daar was 'gospel' musiek op die ipod.
CHOKERS, CHOKERS EN CHOKERS!
Suid-Afrika se krieketspan het dit net nie, ons kan nie meeding op 'n gelyke voet met die top spanne in die wereld nie, die feit dat ons vir 'n wyle die nr. 1 span in die wereld was is bo my vuurmaak plek.
Op enige gegewe dag kan ons met die bestes in die wereld saampraat en hulle selfs klop, soos die 438 wedstryd teen die Aussies getuig, op 'n konstante basis en op 'n gereelde basis, kan ons nie!
Die tipiese Suid-Afrikaanse ding is nou weer besig om kop uit te steek en gerugte van tweespalt en ontevrede spelers is weer in oorvloed in die Suid-Afrikaanse kamp.
Ek wil net weet, hoe kry hulle dit reg om teen Bangladesh, met 'n gemiddelde ouderdom van net 23 te verloor?
Dit gaan my verstand te bowe, hoe lank nog voor Mickey Arthur en sy manne besef daar is 'n probleem met ons boulers, hoe lank nog voor hulle besef Kemp is useless, so ook Prince in hierdie formaat van die spel, Langeveldt het omtrent soveel deurdringingsvermoe as my dogter en my seuntjie van ses en Pollock kan nie meer met die nuwe bal boul nie, ek dink nie eers meer hy kan met die ou bal boul nie.
Ek kan nie sien hoe ons Nieu Seeland, Engeland en die Windies almal kan wen nie, miskien gebeur dit, maar ek kan dit nie sien nie.
As hulle by die huis kom, vat hulle paspoorte en los die krieketspelery vir die ouens wat kan, soos Sri Lanka en Australie!
Die Stormers is tiperend van Suid-Afrikaanse sport, swak as hulle af is net om die volgende week weer briljant te wees, hier is 'n lessie vir die Leeus en al hulle ondersteuners wat gedink het hulle hoef net op te daag om die game te wen.
Die Leeus was laasjaar swak, hulle is hierdie jaar net so swak en het 'n paar gelukkige wenne opgetel teen ewe swak en beseringsgeteisterde spanne en skielik was die Leeus in lyn vir 'n plek in die halfeind en al sulke snert!
Gaan word nog eers bietjie groot, doen ervaring op en dan probeer julle met spanne soos die stormers saampraat en daarmee wil ek glad nie se die Stormers is goed nie, inteenteel hulle is maar net so swak en dit behoort perspektief te plaas op die nog swakker Leeus.
Nou ja dit is my sport ommblikkie vir die dag, wou dit al gisteraand skryf maar het maar uitgehou tot nou toe.
Ek is besig met 'n ding, wil net eets my feite agtermekaar kry dan gaan ek aan julle bewys hoe ondoeltreffend en skokkend swak is die SA Polisie, ek kan nie glo wat ek lees nie, maar hou die spasie dop dan gaan ek jou wys waarvan ek praat, weet net dis skokkend!
Ek sien Mugabe jol lekker by die Grand Prix rond terwyl sy land besig is om te vergaan, ek wonder watter sakeman onthaal hom in sy losie?
As julle weet laat weet my sodat ons daai ou se besigheid kan boikot, net soos ek Suid-Afrikaanse sport boikot!
Terwyl Arrive Alive op almal se lippe is met die paasnaweek sien ek hulle het Siyabonga Nqakula, Charles se seun, jy weet mos die minister van (on)veiligheid en (on)sekuriteit, gevang vir dronkbestuur.
Nou verstaan ek hoekom die minister van veiligheid wil he ons moet almal die land verlaat dis vir ons eie veiligheid, met sy dronk seun op die paaie! Dankie Charles!

Dit was my vinnige storie vir vandag, wil net gou noem ek het my aartsvyand Tobie Truter toe gou Saterdag 'n golflessie gegee, met geleende golfstokke nogal! Sorry Tobie my 83 van my nuwe handicap af was beter as jou 92 op die dag........... Ongelooflik watse verskil 'n week aan 'n ou se golf maak!
Links is die gesig van 'n verloorder, met 9 houe in die geval.
Laas naweek het hy my geld gevat..... die naweek was dit my beurt, Sorry Ou!
Groetnis
Wimpie





No comments:
Post a Comment