Thursday, May 10, 2007

Fiela en strippers!


Dis bietjie van 'n verleentheid!
Ek is een van daai ouens wat liefs nie 'n movie of 'n toneelstuk in die openbaar moet gaan kyk nie, daarom kry ek maar altyd 'n sitplekkie iewers in 'n hoek en ver van ander mense af, jy sien ek is 'n skerpioen, 'n regte een, skerpioene is baie emosionele mense en ek is waarvan die mould gemaak is...
Ek tjank in movies en toneelstukke, en snik partykeer soos ek huil en dan kan jy jou voorstel die snaakse kyke wat jy kry as jy in die middel van Spiderman in trane uitbars omdat die Goblin aan sy einde kom....
Gisteraand Fiela se kind gaan kyk, doen jouself 'n guns en gaan kyk dit, behalwe dat dit baie goed was, is dit 'n voorgeskrewe boek op skool maar wees gewaarsku, pak maar 'n snesie of twee in, jy gaan dit nodig kry...en as jy klein kinders vat, dis bietjie lank, daar is darem 'n pouse...
Soos die meeste ander mense onthou ek ook Fiela van skool af, 21 jaar terug nogal!! Hier en daar het ek bietjie vergeet maar dit het gou genoeg teruggekom, well done Frans en die res van jou span met 'n Great produksie, ek het gedink Paul Luckhoff was uitstaande, maar dis onregverdig om mense uit te sonder, gaan kyk maar eerder self...
Dankie vir julle reaksie oor gister se storie, sorry maar ek is nou amptelik die stilswye opgele, maar hou hierdie spasie dop, soos jy weet is dit maar 'n mission om my sover te kry om my bek te hou, sal voldoen vir nou...
Jy hoef nie verder te kyk as jy dalk wonder hoe siek is die lewe mense en dinge as die voorblad van vanoggend se koerant nie.

'n 45 Jarige ou is in die moeilikheid nadat hy drie strippers gehuur het vir sy seun se verjaardagpartytjie, probleem is net sy seun het .... 16 geword, watse siek deurmekaar en pleinweg net waardelose wereld bly ons in dat iemand wat die verantwoordelikheid van ouer wees op sy skouers het kan dink dis 'n aanvaarbare stand van sake...
Dis siek man, maak nie saak hoe liberaal jy is of hoe "in touch" jy is met wat in die wereld aangaan nie, dis glo nie al nie, die girls was glo poedelkaal, al drie van hulle en die meeste van die 16 jarige seuns poepdronk...
Sies man! En ek is die eerste ou wat se maak jy kinders verlig groot sonder oogklappe aan, maar daar is 'n punt waar dit siek raak en hierdie is daai punt, ek hoop die hof maak 'n voorbeeld van die ou.
Uitslag van gister se meningspeiling, 83% van julle meen 'n ou soos Steve het geen reg om die bybel aan te van nie.
Vandag se meningspeiling tjank jy in flieks?
Later
Wimpie

5 comments:

Anonymous said...

Hi Wimpie

Jy is so reg oor Fiela se kind! Maar 'n mens moet ook partykeer net stop en se: Wie is ek?? Ons word gevorm deur mense wat jou seermaak...

Oor die strippers: wel geen wonder ons land is in so "state" nie!! Ons vorm ons kinders van kleins af en as ons hierdie tipe ding doen of nie 'n voorbeeld wees vir hulle nie, sal hulle nooit van die regte pad weet nie. Ek blameer die ouers!! Ek wonder net of ons ouers nie dalk net te veel toelaat
nie...
Dankie vir 'n great show
Groete
A

Anonymous said...

Hi Wimpie

Baie nice website. Jy moet bietjie meer adverteer oor die radio van jou website dat almal in die oosrand daarna kan kyk. Ek luister meeste van die tyd na jou op die breadfast show en weet niemand sal jou plek ooit kan invat nie want jys goed. Jul moet bietjie hier by ons pub kom kuier is regtig lekker hier. Se vir Gerhard ek se hallo. Lekker dag en dankie vir die lekker show in die oggend.
Groete Natashua

Anonymous said...

Wimpie van der Sandt
Weet jy hoe sexy jy is en dat elke girl aan die Oos Rand jou wil date..
Ek hoop nie jy maak nou weer die fout om blindelinks in 'n verhouding in te hardloop nie, ek het nou die aand jou x girl gesien in 'n pub en sy het haarself lekker gedkoop gedra, jy verdien beter as sit, haar ouers is net sulke skynheilige freaks.
Wag nou die keer jou tyd om en kry 'n classy girl wat by jou pas, as jy sukkel laat weet maar ek is altyd beskikbaar!!
;-0
N.V

Unknown said...

dear mr van der sandt!

i see you are still causing trouble with your words! love it and miss it!
there is a deffinate lack of english on your site (especially english chirps, you know, peanut gallery type stuff.) And so I thought I would drop in!

Thanks for the update from the other far east that I once called home. I enjoy reading your thoughts and catching up on die sokkie treffers! Not much of that over here in Korea.

Already emailed the bosses a few times, requesting streaming audio. I thought that taking a stand like moving away would help, seemingly not.

Hope you are behaving, if not, i look forward to the stories.

much love
***claire

ps: some of my (mis)adventures:
http://all-i-wonder.blogspot.com

Unknown said...

oh yes, please tell me...what on earth happened to the cricket and the RUGBY!>!>!

a few insider tips would be good because a couple of kiwis have started working with me...i want to chirp them and need some rugby smarts!

hehe!